kategorieë: Ontspanning

’n Trouervaring soos min

Die perfekte huwelik begin by ’n onvergeetlike verlowing met ’n pragtige ring, ’n spesiale troudag en natuurlik ’n asemrowende wittebrood. Wie sou kon dink dat die pragtige Montecasino met sy Toskaanse styl al die bogenoemde bied?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vra die groot vraag in ’n lugballon en kyk oor die magiese stadslewe van Johannesburg uit, besoek die twee juwelierswinkels met onweerstaanbare diamante en ringe, ’n verskeidenheid restaurante wat perfek is vir verlowings-, henne- en haanpartytjies, intieme onthaalplekke vir daardie spesiale dag asook drie elegante hotelle ideaal vir die eerste huweliksnag voordat die gelukkige paartjie op wittebrood vertrek. Hierdie casino bied alles en meer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons was bevoorreg om op ’n wedding journey deur die strate van Toskane te gaan waar ons elke deeltjie van hierdie bekoorlike kompleks kon sien. ’n Hele paar “stasies” het beïndruk, soos Lady Marmalaide-trouboetiek se skeppings wat elke bruid in ’n prinses sal verander, die bekende ontwerper Diaan Daniels se moderne boetiek waarin asemrowende pakke vir bruidegomme uitgestal word, Lanna Lifestyle Spa met aromas en dekor reg uit Thailand, asook Cantare Dinner & Dance Vintage Varga Bar waar Burlesque-danseresse vir vermaak sorg. La Toscana met sy eg Italiaanse styl is ’n intieme onthaalplek wat tussen 60 en 200 gaste kan huisves, perfek vir ’n feesmaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om uit te vind wat dié allesomvattende kompleks nog bied, besoek die webtuiste by www.montecasino.co.za of gaan maak ’n draai vir ’n wonderlike ervaring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.