kategorieë: OuerskapJou lewe

‘n Veiligheidsgids vir jou kind se eerste slimfoon

Om ‘n eerste slimfoon te kry het die groot mylpaal van moderne kinderjare geword, en baie gesinne begin die jaar met ‘n nuwe internet gebruiker in hul midde. Kinders kry selfone op ‘n jonger ouderdom as ooit, en ouers moet goed voorbereid wees. Soortgelyk aan ‘n tiener wat hul eerste motor kry, bring die eerste slimfoon groter vryheid, maar ook meer gevaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Net soos jy nie die sleutels van ‘n eerste motor sal oorhandig sonder om seker te maak dat jou kind veilig en wettig kan bestuur nie, moet ouers die grondslag lê vir hul kind se veilige en verantwoordelike gebruik van ‘n slimfoon. Die toestel stel hulle immers bloot aan ‘n oneindige digitale, met ‘n oorvloed van dowwe stegies en donker hoeke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Aanlyn veiligheid word gevestig deur oop ouer-kind kommunikasie

As jy nog nie moeilike gesprekke met jou kind begin voer het nie, verwag dan dat hul eerste slimfoon ’n katalisator sal wees vir hierdie verandering in julle verhouding. Hul veiligheid, terwyl hulle die internet en ‘n verskeidenheid digitale platforms hanteer, moet van nou af ‘n oop en deurlopende gesprek wees. Tussen baie, en eindeloos opkomende onderwerpe, gaan jy besprekings moet voer oor aanlyn-pornografie, uitbeeldings van geweld, seks-klets, vreemdeling gevaar, ‘catfishing’, kuber-teistering en kuber-afknouery, selfmoordverwante inhoud, openbaarmaking van persoonlike inligting en die Wet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Rachelle Best, die Hoof Uitvoerende Beampte en stigter van FYI play it safe, ‘n kunsmatige-intelligensie-aangedrewe moniterings toepassing sê: “Sommige ouers dink dat as hulle ‘n ouerbeheer-toepassing gebruik, hulle ongemaklike gesprekke met hul kind kan ontwyk. Dit is belangrik om te besef dat ‘n ouerbeheer-toepassing net een maatstaf in ‘n gesin se ekosisteem vir aanlyn veiligheid is, en nie ‘n volledige oplossing nie. Gesprekke oor risiko’s, veiligheidsmaatreëls en digitale gedrag moet begin selfs voor die eerste foon oorhandig word, en dan voortgaan as ‘n norm van gesins gesprekvoering. Die vestiging van ‘n roetine om oor risiko’s en gevare te praat en veilig te bly, beteken dat wanneer jou kind ‘n uitdaging in die gesig staar, hulle na jou toe sal kom vir advies oor hoe om die situasie te hanteer.”

Best se raad hier onderstreep ‘n belangrike punt – jou doel om jou kind se veiligheid op die internet te verseker, moet nie wees om elke webwerf wat hulle besoek, te polisieer of elke geselsie wat hulle met hul vriende het, te lees en ondersoek nie. Wat belangrik is, is om jou kind te help om digitale geletterdheid te ontwikkel en die vaardighede te leer wat hulle nodig het om verantwoordelike digitale burgers te word wat in staat is om probleme op hul eie te hanteer en op te los.

So, wat moet ouers weet en doen as dit kom by aanlyn veiligheid?

Wees bewus – Jy kan nie jou kind help om risiko’s en gevare te navigeer waarvan jy niks weet nie. Stel voortdurend belang in internet veiligheids kwessies en bly op hoogte van die nuutste en opkomende risiko’s. Wees die ingeligte bron van belangrike aanlyn veiligheids inligting vir jou kind.

Maak ‘n verantwoordelike digitale burger groot – Jou ouerskap strek regoor die werklike wêreld tot in die digitale ruimte. Raak vertroud met Suid-Afrika se onlangs afgekondigde Wet op Kuber-misdade en bly op hoogte van digitale etiket en vereiste gedrags standaarde.

Bevorder jou gesin se digitale geletterdheid – Moedig kritiese denke en die streng verifikasie van inligtingsbronne aan. Help jou kinders om propaganda, disinformasie en verkeerde inligting te verstaan. Dis ook belangrik vir hulle om te verstaan dat kommersiële aansporings wat sosiale media-beïnvloeders en tegnologieë aandryf, wat vervalsings soos diep-vals video’s moontlik maak.

Verstaan die impak van skadelike inhoud – In ‘n beduidende ontwikkeling verlede jaar het ‘n Britse lykskouer se geregtelike doods ondersoekverslag geïdentifiseer dat ‘n 14-jarige Britse meisie se blootstelling aan aanlyn inhoud via sosiale media ‘n faktor was in haar dood deur selfmoord. Gedurende die verhoor is berig dat sy konstant na selfmoord- en depressie-inhoud gekyk het, en Pinterest en Instagram is uitgelig as die platforms waardeur sy hierdie blootstelling gekry het. Van die inhoud waarmee sy besig was, was nie waarna sy gesoek het nie, maar inhoud wat die algoritmes vir haar gevoer het. Ouers moet weet dat ouderdombeperkings op sosiale media nie werk nie, en dat daar skadelike inhoud oor alle sosiale media platforms is, wat ongereguleerd bly.

Vestig en onderhou ‘n gesins-aanlyn-veiligheid-ekosisteem – ‘n Ouerbeheer-toepassing behoort deel te wees van hierdie aanlyn-veiligheid-ekosisteem, nie die alleen-oplossing om jou kinders veiliger te hou in die aanlyn-wêreld nie. Sommige ouers stel ‘toestel kontroles’ in om gereeld hul kinders se aanlyn aktiwiteit na te gaan en deur boodskappe te lees, maar hierdie tipe inspeksies is tydrowend en het dikwels ‘n negatiewe impak op die ouer-kind-verhouding, veral vir tieners met hul toenemende behoeftes aan privaatheid en ouers se vertroue. Daarbenewens het baie kits-boodskap platforms nou ‘n ‘verdwyn boodskap’-funksie wat geaktiveer kan word om privaatheid te beskerm. Dit beteken dat ouers wat hul kinders se toestelle nagaan in elk geval nie altyd alles sal sien nie. Gevorderde oplossings soos die FYI play it safe-toepassing maak gebruik van KI en ML om die inhoud van kinders se aanlyn aktiwiteite op mobiele toestelle te monitor, en op ‘n nie-indringende manier ouers te waarsku sou daar enige potensiële gevare voorkom.

Best verduidelik, “FYI play it safe monitor alle toepassings en aanlyn interaksies, insluitend klets-kamers in aanlyn speletjies. Nuwe rekeninge en toepassings word by verstek ingesluit sonder dat u kind se gebruikers-IDs en wagwoorde nodig is. Tog is die toepassing nie ‘spyware’ nie, en dit is nie geheimsinnig nie. In plaas daarvan bied dit ouers en kinders die geleentheid om onderling ooreen te kom oor die beste manier om veilig te bly in die digitale wêreld, soortgelyk aan om jou kind van ‘n valhelm te voorsien wanneer hulle begin fietsry. Ouer waarskuwings maak die deur oop vir belangrike gesprekke oor die inhoud waarmee jou kind te doen kry of oor die geselsies wat hulle aanlyn met vreemdelinge voer. Dit is ’n oplossing wat die doel ondersteun om oop, vertrouens gesprekke oor risiko’s en gevare te voer, en om jou kind te bemagtig om verantwoordelike en slim besluite oor hul aanlyn aktiwiteite te neem.”

Om ‘n eerste slimfoon te kry is ‘n opwindende en prettige mylpaal vir jou kind. Daar is soveel voordele vir die jong aanlyn-gebruiker, wat insluit die hupstoot van veiligheid in die werklike wêreld tot die ontdekking van nuwe inligting, belangstellings en konneksies wat hul lewens kan verryk. Die basiese beginsels om vir jou kind al die voordele van die aanlyn wêreld aan te bied en as ‘n verantwoordelike digitale burger hom te bemagtig om dit te kan bestuur is om kommunikasie oop te maak, redelike grondreëls op te stel en ‘n gesins aanlyn-veiligheid-ekosisteem te vestig.

Vir meer inligting besoek www.fyiplayitsafe.com FYI play it safe is ook op Facebook en Instagram by @FYIplayitsafe en deel gereeld artikels.

Lees ook: Jy kan jou kinders aan die lees kry

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

19 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.