Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders se Melinda Viljoen

Melinda Viljoen het dalk nog meer fasette aan haar persoonlikheid as Tracy en dis duidelik dat sy die lewe voluit aanpak. Sy is ’n gebore Pretorianer, het op skool al in drama belanggestel en in skoolvertonings begin optree. Ná skool het sy besluit om by die dramaskool, die Performing Arts Lifestyle Institute (PALI), in te skryf. Hier het haar studentetoneelstukke in professionele teatervertonings ontwikkel en dit het uiteindelik tot ’n oudisie vir Binnelanders gelei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kykers is gaande oor Tracy “juis omdat sy nie op haar bek geval is nie,” sê Melinda.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Karlien Meiring het meer oor Melinda se passies en liefde vir haar karakter gaan uitvind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Brandon Barnard Photography

Het jy enige voornemens vir 2023?

Ek glo nie regtig in Nuwejaarsvoornemens nie. Ek het natuurlik goed wat ek anders wil doen, of meer of minder van wil doen, maar ek leer elke jaar om my drome, planne en hartsbegeertes na Jesus toe te vat. Ek voel ek is in ’n seisoen van voorbereiding: Ek leer baie van myself deur sy oë, ek laat gaan, en ek gryp dit aan wat Hy op my hart lê. Ek is by ’n plek in my lewe waar ek werklik nie iets soek wat nie vir my bedoel is nie, al dink ek ek wil dit hê.

My droom is om vreesloos geleenthede te verwelkom, maak nie saak wat dit is nie. Ek is vol vertroue dat wat vir my bedoel is, myne sal wees en my enigste werk is om fisiek en geestelik mooi na myself te kyk. Ek is gereed vir wat die Here in sy goedheid vir my wil gee.

Wat is die grootste les wat jou karakter, Tracy jou al geleer het?

Tracy, Tracy, Tracy … Wel, daar was beslis ’n paar lesse oor wat om nié te doen nie … Een van die beste lesse is in selfvertroue ten spyte van haar tekortkominge. Ek bewonder haar konstante dapperheid al voel sy nie so opgelei, geleerd en begaafd soos ander om haar nie. Sy’t my geleer om met deursettingsvermoë stroomop te swem.

Wat is jou gunsteling-sêding van Tracy?

My gunsteling-sêgoed van Tracy is gewoonlik wanneer sy so bietjie feisty raak. Sy sê “Come again?”, “Really?” of “Whatever” lekker maklik en dis dan wat sy nié sê nie, met lyftaal en gesigsuitdrukkings, wat vir my so lekker is van haar!

As jy enige ander karakter op Binnelanders kon vertolk, wie sou dit wees en hoekom?

Oe! Ek het deur die jare al ’n paar interessante karakters beleef, maar as ek moet kies, sal dit seker Annetjie wees! Ek love Annetjie, maar ek sal beslis nie Lorraine se skoene kan volstaan nie. She’s just too good!

Wat sal mense van jou verbaas?

Ek is mal oor kosmaak en wil eendag my eie restaurant oopmaak. Een van my grootste passies is om met smake te eksperimenteer. Ek probeer ook so kreatief as moontlik te wees met verf, bou, breek … Ek vind nog my eie taal in my kuns. Ek is behep daarmee om te oefen en geniet dit ongelooflik baie, veral boks. Miskien doen ek eendag Boxop!

Ek is regs, maar ek doen meeste aktiwiteite links, soos eet en pool speel. En my gunstelingdrankie sal altyd ’n bier wees!

Volg Melinda op Instagram!

Skakel weeksaande om 19:30 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders uitspeel.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met avonturier en inhoudskepper Iana Strydom

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

19 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

4 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.