Nuwe fynbos spyskaart ontgin antieke smaak-sensasie

Deur: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die spyskaart is ’n viering van Suid-Afrikaanse fynbos. Nie net is daar takkies fynbos op elke bord of die potjies fynbos kulinêre sout om jou olyfolie vir jou brood mee te geur nie, maar ook kry elke gas ’n fynbos-geinspireerde drankie met boegoe en ander kruie met hul aankoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gaste is verwelkom met interessante drankies soos Boegoe Mojito’s en Rose Pelargonium Martini’s.
Die Umami was beet-en-bokmelkkaas slaai met fynbos slaaisous.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die gasheer vir die bekendstellings middagete is die hotel se nuwe bestuurder, Leon Meyer en Giselle Courtney van South African Fynbos was die spesiale gas van die dag.

Leon Meyer, die Cape Grace Hotel se nuwe bestuurder en Giselle Courtney van South African Fynbos, die spesiale gas van die dag.
Simply Strings het die musiek gemaak, terwyl gaste aan die heerlike kos gesmul het.

Leon vertel die Cape Grace Hotel is nou deel van Franse Accor Group, wat van die wêreld se gesogste hotelle insluit en die sesde grootste gasvryheidsmaatskappy in die wêreld, is.

“Ek gaan nie sê dis die maaltyd wat julle vandag gaan geniet, is die beste kos in Kaapstad nie, maar wel die beste mense het dit berei. Maar ons gaan die beste restaurante in Kaapstad opdraende gee in die komende maande,” het hy trots verklaar.

Selfs die brood en fynbos-gegeurde botter voor die maal, was ’n anderster smaak-sensasie. Die witwyne wat saam met die maal bedien is, was die Creation Chardonnay 2022 en Iona Monopole Sauvignon Blanc 2022. Die rooiwyne was die Zevenwacht Cabernet Sauvignon en die Thelma Merlot.

Chesray Assur, die uitvoerende sous sjef van die hotel, het vertel: “Hierdie spyskaart is saamgestel om ons weer terug te neem na dit waarmee ons grootgeword het; om sorgeloos in die veld te hardloop. Almal het al in ’n doringbos geval en ’n ouma of oupa het een of ander plant se sap aangesmeer vir die brand. Ons stories lê in die klein goedjies wat dikwels oorgesien word deur ander.”

Hy sê die spyskaart wentel om klein bordjies waar disse gedeel kan word en samesyn om ’n tafel aangemoedig word.

Die Suur-afdeling op die spyskaart was Kaapse garnaal laksa met heuningbos en safraan aioli.
Sout was tunalende met koljander, sojasous, groenmostert mayonaise en bok choy.

Giselle het vertel: “Skepe reis al vir eeue hier by die Kaap verby en hierdie fynbos lê onaangeraak. Ons ontgin nou die rykdom van geure en reuke wat al miljoene jare lank hier vir ons wag. Die antieke fynbos en kruie groei steeds op Tafelberg. Sy het uitgelig dat die San geglo het boegoe is die deurgang na die ander wêreld; renosterbos is anti-inflammatories en aan die Kaap gebruik vir die  Spaanse Griep.

“Die bekende skrywer en diger, C Louis Leipoldt, wat ook ’n fynproewer was, het 84 jaar gelede verklaar: ‘Ons het so baie sade, plante en bas maar ons kos is so laf!’ en dit terwyl al hierdie wonderlike geure op ons drumpel het.”

Leon het bygevoeg dat die nuwe spyskaart die hotel nou aan die voorpunt van ’n evolusie geplaas het en aan gaste die geleentheid bied om in hierdie wonderlike fynbos-erfenis te deel.

“Dis die begin van ’n reis. Cape Grace gaan die skitterende ster wees in die toekoms.”

Sout was tunalende met koljander, sojasous, groenmostert mayonaise en bok choy.
Die speserydis vir die ete was biltong-gegeurde springboklende met boontjies, mango atchar en ’n tapioca beskuitjie.
Die Soet was donkersjokoladetert met Amarula roomys en Kalahari gesoute karamel.

Die spyskaart bestaan uit Umami, Suur, Sout, Speseryagtig en Soet. Die Umami was beet-en-bokmelkkaas slaai met fynbos slaaisous; Suur was Kaapse garnaal laksa met heuningbos en safraan aioli; Sout was tunalende met koljander, sojasous, groenmostert mayonaise en bok choy. Die speserydis vir die ete was biltong-gegeurde springboklende met boontjies, mango atchar en ’n tapioca beskuitjie en die Soet was donkersjokoladetert met Amarula roomys en Kalahari gesoute karamel.

Chesray Assur, die uitvoerende sous sjef van die hotel en Tatiana Marcetteau, die spys-en- drankbestuurder by die Cape Grace Hotel.
Die vier fynbossoute wat op die tafel was, waarmee gaste hul olyfolie om saam met hul brood te geniet, kon geur. Dis by www.southafricanfynbos.com te kry.

Meer inligting oor die spesiale Taste of the veld-spyskaart is by https://www.capegrace.com/category/restaurants-dining te kry en meer oor Giselle se fynbos-ervaring van South African Fynbos, by https://www.southafricanfynbos.com/.

Lees ook: Geroosterde salmslaai

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.