kategorieë: InspirasieJou lewe

Nadia Beukes-de Villiers se nuwe boek

“As ek moet terugkyk op my lewe onthou ek eerder die oorwinnings as die uitdagings,” sê Nadia Beukes-de Villiers, bekende TV-aanbieder, aktrise, sangeres en stemkunstenaar. “Die oorwinnings laat my trots en dankbaar voel. Maar die uitdagings sou ek beslis nie op my eie kon oorkom het nie. Ek het ’n diep-ingeweefde geloof dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet. Die wete dat God niks op my pad sal laat kom wat ek nie kan hanteer nie, gee my hoop op die lig aan die einde van enige tonnel … al moet die ‘trein’ soms eers om ’n draai ry voor jy daardie lig kan sien. Die lig is daar, God is daar, en hierdie wete, saam met die onuitputlike ondersteuning van my ouers, die liefdevolle ontferming van my vriende, my absolute passie vir my werk, asook die steunpilaar wat my man, David, vir my is, dra my deur moeilike tye.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat het Nadia in die proses geleer?

“Ek het onder andere tot die besef gekom dat:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Dinge nie altyd uitwerk soos wat ons dit beplan nie
  • Almal maak foute, en daar is waarde in die lesse wat ons uit ons foute leer
  • Jy is sterker as waarvoor jy jouself krediet gee, en brawer as wat jy dink
  • Almal verdien om gelukkig te wees
  • Dit wat die moeite werd is, is nie noodwendig maklik nie
  • Geluk is meestal ’n keuse
  • Dis die moeite werd om groot te droom.”

Oor seerkry

“Wanneer jy seerkry, raak jy versigtig, in ’n mate skepties, en as jy nie versigtig is nie, selfs sinies. Daardie negatiewe emosies is soms die enigste manier om jou hart teen verdere seerkry te beskerm. Die verband tussen liefde en vrees is egter nie noodwendig ’n gesonde een nie. Tydens my tyd as aanbieder van “Boer soek ’n vrou” het ek besef as jy liefde najaag, hetsy liefde vir ’n persoon, loopbaan of avontuur, moet jy braaf genoeg wees om jou vrese opsy te skuif en die lewe (of die liefde) ’n kans te gee.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk ook ons video: In Nadia Beukes se handsak

Oor verandering en die onbekende

“Verandering was nog nooit my sterk punt nie. Ek hou daarvan om planne te maak en dit dienooreenkomstig uit te voer. Ek sou nie sê ek is nie aanpasbaar nie, ek kort net ’n bietjie tyd om gemaklik te raak met die idee van verandering en om myself emosioneel daarop voor te berei. Ongelukkig bied die lewe ons nie altyd ’n oorgangstydperk nie. Ek werk dus daaraan om te ontspan as dit by aanpassings en veranderings kom, maar ek het nog baie werk om in dié verband te doen.

Almal verdien om gelukkig te wees

“Ironies genoeg – soveel as wat ek van beplanning hou – is dit juis die onbekende wat my opgewonde maak oor die toekoms. Die avonture wat op my en David wag, die vooruitsig om eendag ouers te wees, die produksies, films en werksgeleenthede wat die toekoms mag inhou, en bloot om voluit te lééf maak my opgewonde!”

Oor die boek

“Nadia – paaie van hoop: ’n inspirasieverhaal soos vertel aan Jana van der Merwe, is ’n kykie na die verskillende soorte paaie wat ek in my lewe gestap het. Ek hoop lesers sal met die tema kan identifiseer. Soms gaan alles goed en is ons op ’n tipe snelweg, maar ander kere is die pad vol kronkels, of ons beland by ’n T-aansluiting of selfs in ’n doodloopstraat. As jy egter weet waar jou ware Noord is, en hoe om jou rigting te bepaal, sal jy altyd weer die roete na jou eindbestemming kan inslaan en vorentoe beweeg. Uit ervaring kan ek sê dat die pad berg-op meestal uitdagend is, maar die uitsig van bo is asemrowend!”

Nadia – paaie van hoop: ’n inspirasieverhaal deur Jana van der Merwe (Lux Verbi, 2017) – voorlopige uitgewersprys R170.

Bekendstelling – 30 Maart 2017

Daar is ’n amptelike musikale boekbekendstelling op 30 Maart by die Atterbury-teater in Pretoria. Kaartjies is by Computicket beskikbaar teen R100 per persoon.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.