kategorieë: Ons menseBekendes

Reine Swart oor branderplankry, Portland en haar droomrol

Vertel vir ons meer van jou karakter, Miemie, in Kampterrein. Uit die lokprent kom ons agter dat sy ’n bietjie meer glamorous is as die ander en definitief ook elke kampeerder se droommeisie is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Miemie is nie die tipiese kampeerder nie – sy spandeer die meeste van haar tyd aan haar hare en grimering. Dus is sy in vergelyking met die ander kampeerders nie so behulpsaam nie (sy kan basies nie ’n tent opslaan nie). Sy is sosiaal en hou vreeslik baie van aandag. Miemie is baie intelligent, maar sy hou meer daarvan om aandag te trek met haar voorkoms. Sy is besig om te studeer en toon min respek vir haar ouers. Ek dink nie Miemie is ’n kampeerder se droommeisie nie, want sy maak nie kos nie, was nie skottelgoed nie en sal beslis nie help uitpak nie. Miemie is wel ’n goeie vriendin vir haar mede-kampeerders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe was dit vir jou op stel?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Luhann Jansen is ’n baie talentvolle regisseur wat presies weet wat hy wil hê. Dit maak dit lekker en makliker vir die akteurs, want die boodskap wat hy oordra is duidelik. Dit was heerlik op stel en ons het baie gelag. Ek het meestal saam met Edrien Erasmus, Jurgen Helberg en Ruan Wessels gewerk. Al drie van hulle het lekker karakters gehad en ek kon soveel leer by elkeen. Ek kan wel bysê dat die hele span wat betrokke is by Kampterrein, ’n ongelooflike vriendelike en kunstige groep mense is om mee saam te werk.

Jy moes vir Die Pro leer branderplank ry, reg? Was daar iets aan jou karakter in Kampterrein wat jy moeilik gevind het om toe te pas?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ja, ons moes destyds leer branderplankry vir Die Pro en ek beveel dit beslis vir ander mense aan. Ek moes nie nuwe vaardighede leer vir Kampterrein nie. Miemie dra baie minder klere as wat ek doen, maar dis darem nou nie só erg nie.

Soos ons verstaan, is jy tans in Los Angeles. Waarmee is jy besig?

Ek en my man, Xander, bly op die oomblik in die idilliese Portland, Oregon. Ons het pas getrek en probeer nog ons voete vind. Portland is ’n vriendelike “groen” stad met sneeuberge aan die een kant en die strand aan die ander kant. Ons probeer nuwe dinge soos ski en stap deur die woude. Ek is op die oomblik besig met film-kursusse om die industrie en mense in Portland te leer ken. Ek het in ’n reeks films hoofrolle of bykarakters vertolk wat vanjaar of volgende jaar in teaters sal verskyn: Nul is Nie Niks Nie (kykNET), Van der Merwe (Boomtown Boys), Siembamba (Phoenix Films) en The Empty Man (20th Century Fox). Baie Suid Afrikaanse akteurs en aktrises het rolle vertolk in National Geographic se TV-reeks Origins wat tans wys, waarin ek die rol van ’n Nebraska-boeremeisie vertolk het.

Jy het ’n graad in Industriële Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Hoe het jy toe op die ou einde in die filmbedryf beland?

Ek wou oorspronklik in filmproduksie werk en wou die industrie met iets buitengewoon betree. Dus het ek ’n graad gaan doen wat oor universele prosesse gaan. Die idee het gekom toe my tannie (Sonja) my vertel het van ’n Vrystaatse seun met ’n graad in Elektriese Ingenieurswese wat vir Steven Spielberg werk. Ek het op universiteit in ’n advertensie gespeel en agtergekom dis wat ek graag wil doen. Ek geniet die filmbedryf ongelooflik baie en sal graag in die toekoms ook meer ervaring wil opdoen agter die skerms.

Jy was al in ’n groot verskeidenheid TV-programme, films en advertensies (waarin onder meer Bloedbroers, Villa Rosa en ook jou eerste hoofrol in 2015 in Die Pro). Hoe voel dit vir jou om jouself in films en op TV te sien?

Dis nie regtig vir my lekker om na my eie werk te kyk nie, ek geniet die werk self, maar is krities oor my eie werk. Dis vir my baie lekkerder om ander mense se films en TV-reekse te kyk. As ek in my hart voel dat die toneel goed was, dan is ek tevrede. Dit is tog nodig om soms te kyk sodat mens kan verbeter en om sekere dinge volgende keer anders te doen.

Hoe voel dit om in ’n nuwe karakter se skoene te klim?

Dit voel vir my soos ’n voorreg en ek is altyd gek oor my eie karakter, hetsy sy die antagonis of protagonis is. Die navorsing en respek wat mens vir verskillende mense kry, is vir my ’n besonderse deel daarvan, want elke mens/karakter is uniek.

Wat is die een les (motto) wat jy regdeur jou lewe saam met jou sal dra?

Elke liewe mens is net so spesiaal soos jy, van die boemelaar op die hoek tot die miljoenêr in sy vliegtuig.

Ek wil nie mense “aanbid” nie en ek wil ook nie neerkyk op enige iemand nie. Deur God se oë is ons almal gelyk.

As vierjarige dogtertjie het jy altyd gesing: “Ek is Cinderella. Ek is ’n moviestar!” Vandag is jy werklik ’n ster en daarom sal ons graag wil weet wat jou droomrol is.

Gits, ja daai deuntjie. My droomrol is eerder droomrolle, want ek wil ’n verskeidenheid doen, van die malletjie tot ’n seerower. Solank elke rol ’n uiterste is.

Laastens wil ons by jou weet teenoor wie jy nog sal wil speel?

Sjoe, daar is so baie om van te kies, maar as ek nou een moet noem is dit Neels van Jaarsveld. In my opinie is hy een van ons land se beste akteurs en mens kan baie by hom leer. Internasionaal sal ek graag teenoor Lupita Nyong’o wil speel, want sy gee altyd ’n intense optrede en weereens wil ek leer.

Kampterrein word Vrydag, 24 Maart 2017 landswyd vrygestel.

Kyk hier na die amptelike lokprent

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.