kategorieë: Ons menseBekendes

Nadia Valvekens groet Binnelanders met ’n nuwe haarstyl

Nadia Valvekens, wat die geliefde karakter Pippa Venter vertolk het in die kykNET-sepie Binnelanders, het op Maandag 4 Junie 2018 haar laaste opnames vir dié sepie voltooi – vir nou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nadia tree uit hierdie sepie se permanente rolverdeling om ander professionele belangstellings te volg. Dit sal beslis nie die laaste keer wees wat ons vir Pippa in die gange van die Binneland-kliniek sal sien nie, maar vir die volgende ruk, noem Nadia, sal Pippa nie daar kuier nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om hierdie groot verandering te vier – sy het vir bykans 13 jaar ’n permanente karakter in Binnelanders vertolk – het Nadia haar hare gesny en gekleur by Michelene Minnie van die Cylva Combhaarsalon in Centurion, Tshwane.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Hierdie is ’n nuwe begin vir my,” vertel Nadia oor dié verandering. “Ek was vir 13 jaar by Binnelanders en om dit te verlaat is ’n groot verandering – om my hare te verander is om die begin daarvan te toon.”

Alhoewel Maandag haar laaste dag op stel was, sal sy tot einde Augustus as Pippa op die kassie verskyn. Hoe was haar laaste dag in die ateljee? “Dit was amazing, ek het so spesiaal gevoel,” sê Nadia. Almal het haar kom groet; die hele rolverdeling en produksiespan, regisseurs, vervaardigers …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waarheen nou?

Nadia sien uit na dit wat vir haar voorlê: baie vryskutwerk. Sy is betrokke by Dynamic Voice, waar sy korporatiewe stemwerk sal doen, sy verskyn binnekort in ’n teaterstuk (Hartklop) deur die dramaturg Jan Groenewald en sy gaan werkswinkels aanbied vir toneelspel en die vaardighede wat daarmee saamloop. “Ek wil jongmense help en lei wat dieselfde droom as ek het. Ek wil bietjie teruggee,” verduidelik Nadia oor haar planne vir die werkwinkels. Sy het die tyd by dié sepie baie geniet en sy het haarself veelsydig gehou tydens hierdie jare, maar vir nou wil sy eers doen wat sy wil doen – met al die vaardighede waaroor sy besit.

Maar, sê Nadia, sy sal nooit ophou stories vertel nie – dis immers haar liefde. “Ek hoef nie net meer Pippa te wees nie,” verduidelik sy, sy kan en wil nou ander karakters vertolk.

Oor die groot verandering

Oor haar verandering vaan haarstyl is Nadia baie opgewonde. “Wat mense dalk nie weet nie is dat jou voorkoms streng behou moet word op sepies vir kontinuïteit,” sê Nadia. Omdat mens soms oor ’n lang tydperk aan een ding skiet kan jy nie net sommer jou voorkoms verander nie – dit moet by die storielyn ingewerk word. “Mens moet toestemming kry. Toe ek ’n paar jaar gelede my hare wou kortknip was dit ’n drie-maandelange proses. Jy kan nie sommer net jou hare knip, uitgroei of kleur nie,” vertel Nadia. En hoe wil sy nou haar hare dra? ’n Ander kleur en in ’n styl wat “nie so kort is soos Pippa s’n nie, eerder ’n choppy bob.

Nadia se hare

Haarstilis Michelene Minnie van Cylva Comb het verduidelik dat sy Nadia se hare in ’n paar stappe sou behandel. Eerstens berei sy Nadia se blonde hare voor om gekleur te word, dan kleur sy die hare en behandel sy dit om die kleur en glans te behou – als met Davines-produkte. En daarna sny sy die hare.

Michelene gee raad vir natuurlike blonde hare wat gekleur word: Die belangrikste ding wat ’n persoon met blonde hare in gedagte moet hou is dat jou hare baie goed bevogtig moet word en bevogtig moet bly om jou hare goed te kan beskerm. Tweedens sal sy in sekere gevalle aanraai dat blondines hul hare met keratien versterk, maar, waarsku sy, “hierdie moet slegs in ’n haarsalon gebeur,” en nie tuis nie. Hare bestaan uit keratien uit en as te veel keratien aangewend word, of as dit verkeerd aangewend word, kan jou hare bros raak en breek.

Kyk hier na Nadia se groot verandering

Voor

Nadia Valvekens en Michelene Minnie van Cylva Comb-haarsalon

Na

Besoek gerus Cylva Comb se facebook-blad om met Michelene in kontak te tree.

Lees ook: Nadia Valvekens se reis na geluk

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: local celebs

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

6 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.