kategorieë: LeesOntspanning

Die Profeet: Hoofstuk 12

Deur Martie Swanepoel. Foto: reisegraf/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Chrissie was oortuig daarvan dat Christiaan na die besem-episode bang was vir Tant Esther. Hy het hom toe maar op sy sjarme en Mariaantjie se kinderlikheid begin toespits. Chrissie het die twee soos ’n valk dopgehou en gesorg dat sy altyd in die agtergrond wegkruip as hy besig is om Mariaantjie te bearbei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hy wou haar een aand weer plaasdam toe neem, maar Chrissie het hulle gevolg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Kom my bruid, vanaand wil ek jou seën as my bruid.”

Mariaantjie was van kleins af skrikkerig vir die dam. Tant Esther het so ’n groot vrees gehad dat haar kind sou verdrink dat sy haar vertel het daar is ’n groot gedierte in die dam wat haar sal insluk as sy te naby kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy het dus teegestribbel toe Christiaan haar weer die dam wou inneem.

“Ek gaan nie weer saam met jou in die dam klim nie. Die water is koud en vuil. Ek is bang vir die dam. Daar is ’n vreeslike ding wat onder die swart water bly. Hy gaan jou nog insluk!”

Christiaan het haar probeer oortuig dat sy meester haar sou beskerm teen enige onheil.

“Trek uit jou nagrok dat ek my meester se helende olie oor jou lyf smeer. Laat ek die ronding van ons baba kan voel.”

Mariaantjie het halsstarrig geweier.

“Dis koud. Ek wil nie koud kry nie.”

Maar Christiaan het haar geloof as wapen teen haar gebruik.

“Onthou, die meester het my as jou man uitgesoek. Jy wil mos nog in jou mooi rok trou? My meester sê die man is die hoof van die huis en as ek en jy trou, sal jy my as die hoof van die huis moet eer. Jy moet my gehoorsaam. Onthou, soos jou ma jou geleer het om jou pa te gehoorsaam? Soos jou ma jou pa as hoof van die huis gehoorsaam het?”

Net daar het Christiaan ’n fout gemaak.

“My Pappa sê my ma dra die broek in ons huis. Hy sê my mamma is ’n sterk vrou en hy is bly hy het so ’n sterk vrou.  My pa hou van ’n vrou wat net so hard soos hy kan werk, het hy altyd gesê.”

Christiaan het geweet hy sal Tant Esther se posisie as gesaghebbende in die huis moet diskrediteer.

“My bruid, ek het jou reeds gesê jou ma het ’n rebelse gees en my meester duld nie sulke vroue nie. Dis jou ma se gees wat veroorsaak dat jou pa so ly.”

“Issie, Mamma sê dis die kanker. My mamma is nie boos nie. Sy maak vir my ’n Aspoestertjierok.”

Christiaan het geweet die rok is een van die wapens wat hy nog oor het. Maar hy het ook goed geweet die rok is ook Tant Esther se wapen.

“As jy die rok wil dra, moet jy my bruid wees. Dan moet jy my vrou wees en vir altyd aan my gehoorsaam wees. Trek jou nagrok uit. Ek wil die ronding van die baba salf.”

Mariaantjie wou haar mooi rok bittergraag dra. Sy was selfs bereid om in die koue nag haar nagrok uit te trek.

“Dis koud. Dis vreeslik koud.”

Chrissie het haar met moeite weerhou toe sy moes toekyk hoe Christiaan se hande oor Mariaantjie se kaal lyf gly.

“Jou maag. Hoekom is jou maag so plat? Die baba moet mos groei?”

Chrissie het besef dat Christiaan nie dom is nie. Mariaantjie was na die aborsie siekerig en het selfs gewig verloor.

“Beloofde bruid? Pas jy ons baba op?”

“Mamma het my dokter toe gevat en hy sê ek is nou gesond.”

“Wat het die dokter van die baba gesê?”

Mariaantjie se eerlikheid het Chrissie en Tant Esther se planne in groot gevaar gestel.

“Ek kan nie onthou nie. Ek het mos in die hospitaal geslaap. En toe ek wakker word, was my maag baie seer. Maar die dokter het gesê ek sal gou beter voel. En toe bring hulle vir my jellie en custard. Rooi jellie!”

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.