kategorieë: GrimeringSkoonheid

Natuurlike grimering vir winter 2016

Wenkbroue is baie belangrik – die vorm moet meer reguit en meer ongetem wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons is so bly die dae van perfekte, “airbrushed”, almal-lyk-dieselfde tipe skoonheid is vir eers verby. Dit is deesdae gewilder om te wys hoe uniek jy is, en dit is wat jou mooi maak. Dit is die rede waarom natuurlike grimering die nuwe ‘moderne’ grimering genoem word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

M.A.C verklap meer oor Internasionale modeweek herfs/winter 2015 waar hulle die girmering gebruik het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Natuurlike grimering beteken geensins geen grimering nie. M.A.C. sê bekende grimeerkunstenaar Val Garland sê: “Die eerste indruk moet die van ’n vars vel wees en niks moet soos opsigtelike kleur of tekstuur lyk nie.”

Grimeerkunstenaar Lyn Desnoyers voel die nuwe manier van grimering is om jou gesig te definiëer eerder as om te verander. Op ’n manier lyk die natuurlike grimering meer vroulik, maar ook tawwer. Wenkbroue is baie belangrik vir hierdie voorkoms en die vorm moet meer reguit effens ongetem wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

By Alberta Ferreti se vertoning is die grimering deur grimeerkunstenaar Diane Kendalas as “Renaissance skoonheid” beskryf.

Hierdie M.A.C grimering is gebruik

Vel: M.A.C Studio Finish SPF35 Concealer (R275) waar nodig en gemeng.
: Wimpers is gekrul en Haughty & Naughty Mascara (R250) is aangewend
Lippe: Lip Conditioner  (R230)

By die Chloé-vertoning beskryf grimeerkusntenaar Lucia Pieroni die grimering as “70’s Stevie Nicks.”

Hierdie M.A.C-grimering is gebruik

Vel: M.A.C Studio Waterweight SPF30 onderlaag (R400). M.A.C Studio Finish SPF35 Concealer (R275) – gebruik waar nodig. M.A.C Cream Colour Base Pro Balette in Vintage Rose (R240) op die wange. Vir die geen-grimering-voorkoms is M.A.C Cream Colour Base in Hush en in Pearl (R240 elk) gemeng en oor die wangebene, neusbrug, kupido-boog op die lip en op die ken gebruik.

: M.A.C Pro Longwear Paint pot in Groundwork (R250) is oor die ooglid en net onder die oë gebruik. Dit is ook met ’n fyn borseltjie om die oë aangewend om die oë te laat uistaan sonder dat enige grimering sigbaar is.

Lippe: M.A.C Lip Conditioner (R230).

By die Mugler-vertoning het Clarins die grimering gedoen.

Die basis vir al die voorkomste was ’n natuurlike gelaat en glansende vel. Voor die tyd is klem gelê dat die velle se toestand in ’n goeie toestand moet wees. Clarins se velsrorgprodukte is op die spesiale Clarins-metode aangewend. Klik hier vir meer: http://int.clarins.com/en/application-methods-face/draining-pressure-points-face.html

Vel: Clarins Truth Radiance Foundation SPF 15 (R315); Clarins Bronzing Duo SPF 15 Mineral Powder Compact (R395)
: Clarins Eye Quartet Mineral Palette in Rosewood (R495); Clarins Be Long Mascara (R295)

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.