kategorieë: Ons menseBekendes

‘Net mens’ se nuwe seisoen verken moederskap, verlies en hoop

Van die bruisende strate van Johannesburg tot die wilde skoonheid van Limpopo se bosveld, en die prentjiemooi bekoring van Stellenbosch, neem Net mens 3 kykers op ’n intieme reis dwarsoor die land en tot diep in die harte van drie vroue wie se stories net so uiteenlopend as wat dit aangrypend is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deur dié seisoen loop ’n goue draad – moederskap. Van die vreugde om ’n moeder te word, tot die ondenkbare pyn van ’n miskraam en die verlies van ’n kind, maak hierdie vroue hul harte oop oor ervarings wat dikwels in die skaduwees gehou word. Hul kwesbaarheid, krag en eerlikheid werp lig op onderwerpe waarmee baie mense worstel, maar min openlik oor praat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Net Mens 3 kyk nie net terug op elke vrou se merkwaardige loopbaanprestasies, toekennings en eerbewyse nie, maar wys ook die ware, weerlose mense agter die openbare persoonlikhede. Deur roerende onderhoude, beeldryke tonele en teer oomblikke gee die reeks kykers ’n ongefilterde blik op wat dit beteken om roem te hanteer terwyl jy met diep persoonlike uitdagings worstel.

  • In  die eerste episode gesels die gewilde sangeres Karlien van Jaarsveld oor moederskap en die miskraam wat sy deurgemaak het. “Ons elkeen het ’n getuienis op die aarde omdat ons soos ’n woord uit die mond van God is – ’n klein woord gebore uit die Groot Woord, ’n stukkie brood gebreek en uitgedeel ter herinnering van jou ware identiteit. Ek hoop dat deur my stukkie brood te deel ’n honger volk, wat gewoond geraak het aan krummels, meer versadig sal voel aan ware woorde van God en ook aangemoedig sal word, soos wat ons veronderstel is om mekaar aan te moedig, om hul roeping op aarde saam met God uit te leef,” sê Karlien.
  • In die tweede episode deel die legendariese sanger Amanda Strydom haar storie oor haar miskraam. “Ek het in my ryk en vol lewe en loopbaan baie hoogtepunte gehad en ook baie laagtepunte. Ek moes baie keer leer om op te staan ná ek geval het. Ek hoop my storie sal mense hoop gee en hulle inspireer en wys dat daar altyd lig is aan die einde van ’n tonnel,” sê Amanda.
  • In die derde episode vertel die aktrise Hanna Grobler haar storie oor haar babaseuntjie wat stilgebore is. “Ek wil mense hoop gee vir dit waarvoor hulle nou bid en nog nie kan sien nie. Ek hoop mense besef die berg waarteen jy vaskyk, word ’n klein molshoop as jy jou oë wakker maak vir die nood rondom jou. Daar is mense met regte probleme,” sê Hanna.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die gewilde akteur Reynardt Hugo is weer die uitvoerende vervaardiger en regisseur van dié dokumentêre reeks: “Hierdie seisoen het my verander. Om teenoor Amanda, Karlien en Hanna te sit en hul rou eerlikheid, hul pyn en hul krag te aanskou, was een van die mees inspirerende ervarings van my loopbaan. As ’n pa, as ’n seun en as ’n filmmaker het ek daar weggestap met ’n hernude begrip van die mag van stories en die menslike gees. Hierdie vroue is nie net ikone nie – hulle is vegters. Net mens 3 is ons manier om hulde te bring aan hulle en hul veggees. Dis oor hoe ons opstaan, hoe ons onthou en hoe ons aangaan – nie ten spyte van ons pyn nie, maar juis daardeur.”

Die reeks beloof om een vir die boeke te wees – ’n diep roerende portret van drie vroue wie se krag gesmee is in die vuur van sowel oorwinning as tragedie. Kykers kan trane, moed, inspirasie en, bowenal, waarheid verwag.

Net mens begin op 6 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Arno Greeff oor Die nuusmakers en sy nuwe musiek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Die Kwiksilwers’ breek plaaslike loketrekord & en speel langer landswyd!

Die Kwiksilwers, vervaardig deur Sanktuary Films en geregisseer deur Jordy Sank, vertel die verhaal van vier bejaarde…

23 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Arno Greeff oor ‘Die nuusmakers’ en sy nuwe musiek

Met meer as tien jaar se ondervinding in die vermaaklikheidsbedryf is Arno Greeff lankal nie…

1 day Gelede

Roscoe groet ‘Die brug’ in riller-episode: ‘Ek het ’n voorgevoel gehad’

Chaos het weer geheers op kykNET se Die brug, toe episode vyf die seisoen se grootste…

1 day Gelede

Groot sjokolade-en-bosbessie-kraakkoekie

Genoeg vir 6-8   Bestanddele   280 ml (1 k + 2 e) sagte botter…

2 days Gelede

Hoenderaftreksel

Maak jou eie hoenderaftreksel. Hierdie resep lewer sowat 2,5 liter. Deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hoenderaftreksel met hoenderkluitjies

Hoendersop word nie verniet Joodse penisillien genoem nie. Daar is bevind dat hoendersop jou werklik…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.