kategorieë: HareSkoonheid

Nuwe haarprodukte en nuttige wenke

Droë sjampoe

Droë sjampoe is ideaal om tussen wasse te gebruik wat jou hare sal verfris, of om tekstuur en volheid te gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gebruik dit so:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Skud die houertjie en spuit aan jou hare se wortels (hou die botteltjie sowat 30 cm van jou hare af.)

2. Vryf met jou vingerpunte deur jou hare en veral die wortels. Dit absorbeer enige oortollige olie op jou haarwortels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Borsel deur jou hare en siedaar, varser, skoner hare in ’n japtrap! Maak seker jy vryf of kam enige wit vlokkies uit.

Die jongste in droë sjampoe

Ander interessante gebruike vir droë sjampoe

• Haarknippies: as jou haarknippies gedurig uit jou hare gly, spuit ’n bietjie droë sjampoe op ’n haarknippie vir ekstra houvas.

• Verbloem donker wortels: vir ’n blondine is donker haarwortels wat uitgroei altyd ’n stryd. Verbloem jou donker wortels deur droë sjampoe daarop te spuit. Die wit poeier van die droë sjampoe sal die donker wortels effens sagter laat lyk en dit minder sigbaar maak.

• Vergeet van staties: as jou klere aan jou lyf of sykouse vasklou, spuit ’n bietjie droë sjampoe aan jou kouse. Dit verminder statiese bewegings. Wees wel versigtig dat die wit poeier nie jou klere bemors nie.

Krulle

Daar is verskeie nuwe krul-produkte op die mark – spesiaal ontwikkel om seker te maak dat krullerige hare nie so vinnig uitdroog nie en om die vorm van jou krulle meer te definieer.

5 wenke vir krulhare

  • Laat jou hare eerder natuurlik droog word. Haardroërs kan jou hare verder uitdroog en laat kroes.
  • As jou hare deur die loop van die dag sleg begin lyk, maak jou hande nat en trek dit deur jou hare. Die water aktiveer weer die produk.
  • As jy jou hare heeltyd reguit blaas, verloor jy definisie in jou krulle.
  • ’n Ligte haarkleur kan jou krulle droër laat lyk.
  • Moenie jou hare met ’n handdoek droogvryf nie, dit sal breek en koek. Klad dit eerder droog, só verloor jy ook nie jou krulle se definisie nie.

Kopvel

Wanneer jou kopvel gesond is, sal jou hare baie beter groei. Pas die beginsels vir die versorging van jou gesig ook op jou kopvel toe. Vestig ’n kopvel-roetine: reinig, skilfer en bevog.

Die nuwe Paul Mitchell Tea Tree Scalp Care-reeks is ’n haarsisteem wat ontwerp is om die proses wat hare uitdun, te vertraag. Ontwerp vir beide mans en vroue beloof die botaniese Regenplex-formule optimale gesondheid wat sterker en voller hare aanmoedig.

Stap 1 Paul Mitchell Scalp Care Anti-Thinning Shampoo stimuleer die hare.
Stap 2 Paul Mitchell Scalp Care Anti-Thinning Conditioner vesterk die hare.
Stap 3 Paul Mitchell Scalp Care Anti-thinning Tonic stimuleer verder die kopvel wat help met die ontwikkeling van nuwe hare plus die beskerm die hare teen breekbaarheid.

Die Nioxin Hair System Kit vir fyn hare is ook ’n 3-stap program spesifiek ontwerp vir normale tot fyner hare. Dit versterk die hare se tesktuur terwyl dit jou kopvel vervris.

Stap 1 Die Nioxin Cleanser verwyder enige oortollige olie en sebum op jou kopvel en hare.
Stap 2 Die Scalp Revitaliser is ’n ligte opknapper wat die vog-balans op jou kopvel en hare herstel.
Stap 3 Nioxin Scalp Treatment bevat vele anti-oksidante en botaniese bestanddele wat jou kopvel skoner en meer vervris laat.

Die Joico Cliniscalp Botanical Thinning Hair Solutions 3-stap sisteem beloof om ’n optimale omgewiging op jou kopvel aan te moedig sodat jou hare sy naturlike groei-pontensiaal kan bereik. Die eerste stap verwyder enige ongewenste olies, stap twee gee vog terug aan die kopvel en hare en stap drie voed die hare met die nodige voedingstowwe.

Hittebeskerming

Hittebeskerming is nie net noodsaaklik wanneer jy ’n haaryster gebruik nie, maar ook wanneer jy jou hare droogblaas. Sluit dit by jou haarsorg-roetine in en wend die produk aan op hare wat met ’n handdoek droog gevryf is en ook weer voordat jy jou haaryster of krultang gebruik.

Nuwe hittebeskerming produkte:

Hoekom moet ek ’n hitteberskemer gebruik?

Wanneer jy enige hitte op jou hare gebruik, maak dit jou haarvliesies oop en dit is een van die maniere hoe jou hare vog verloor. ’n Hittebeskermer sal verhoed dat jou hare te veel vog verloor en die meeste produkte sal jou hare gladder laat en ook meer laat blink.

Haar-droogblaas produkte

Een van die nuwe giere – droogblaas-produkte is deesdae so slim ontwerp met alles-in-een produkte wat jou hare teen hittestilering beskerm, droogblaas tyd verminder en jou hare boonop sagter en gladder laat:

6 droogblaas-wenke

  • Druk ná ’n was altyd die oortollige water uit jou hare voor jy dit droogblaas. Dit sal baie vinniger gaan en jou hare minder beskadig as wanneer jy nat hare met ’n borsel probeer droogblaas.
  • Hou die punt van jou haardroër in ’n afwaartse rigting – dit sal jou haarvliesies seël en gladder laat lyk.
  • Moet nooit die punt (nozzle) van jou haardroër direk teen jou hare en borsel sit nie – hou dit minstens 10 cm weg.
  • Gebruik jou stileerprodukte reg wanneer jy blaas – as jy meer volume wil hê, wend jou produkte op jou wortels aan.
  • Maak seker jy gebruik die regte borsel – hoe groter die borsel hoe gladder sal jou hare wees.
  • Gebruik die punt (nozzle) en moet dit nie in die boks los nie. Die gebruik van jou haardroër met jou “nozzle” sal hitte op die haarvliesie konsentreer en so jou hare gladder maak.

Nuwe haarsproei

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

21 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.