kategorieë: Ontspanning

Nuutste oesjaar van Durbanville Sauvignon blanc pas vrygestel

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die wyn het verlede jaar met sy eerste oesjaar, 10 000 bottels in minder as ses maande verkoop en is ’n reuse oorwinning waarin elkeen van die streek se 13 produsente deel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die wyn is onlangs by Bloemendal se bekende restaurant, 360, hoog op die koppie bekend gestel. Gaste kon met ’n uitsig oor Tafelberg eers ’n voorsmakie kry van waartoe die streek se produsente in staat is, met ’n safari wynproe en -peuselhappies, voor die middagete met die nuwe oesjaar geniet is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die geleentheid is by Bloemendal se restaurant, 360, hoog op die koppie, gehou.
Wingerde floreer sedert 1698 hier in Durbanville met uitsigte oor Tafelberg en Bloemendal se hooggeleë restaurant, 360, was net die regte plek om die nuwe Durbanvile Sauvignon blanc 2023 bekend te stel.more

Janine Fourie het die lewendige musiek vir die middag verskaf, terwyl Tafelberg in die verte wink.

Morgan Steyn, wynmaker van De Grendel, het vanjaar die versnyding gedoen en aan gaste vertel: “Sauvignon Blanc is so veelsydig. Elkeen van die 13 produsente, moes een blok op hul plaas kies, wat Durbanville die beste vertoon. Hierdie wyn is ’n ware uitdrukking van die Durbanville terroir en getuig nie net van die terroir nie, maar ook van spanwerk.”

Morgan Steyn, wynmaker van De Grendel wat die finale versnyding van die Durbanvile Sauvignon blanc 2023 behartig het, saam met Helgard van Schalkwyk van Altydgedacht.
Maryna Calow (Wines of South Africa – WoSA) en Martin Moore (keldermeester by Durbanville Hills wynkelder).

Die streek het nou al naam gemaak as voorste Sauvignon blanc-produsent – grotendeels te danke aan die koel klimaat. Morgan het hierop juis gesê dis makliker om ’n Bordeaux-versnit daar te maak, as in Bordeaux. Hulle is 2,3 grade koeler as hul Franse broers en Durbanville is klaar ’n koelklimaat-streek. Die koeler klimaat weens die nabyheid aan die see, verseker stadige rypwording en optimale geur-ontwikkeling in die druiwe.

’n Bestendige stroom toekennings het Durbanville-produsente onlangs in die hart van vanjaar se geskiedkundige Concours Mondial du Sauvignon geplaas. Die kompetisie is in Maart in Suid-Afrika aangebied – die eerste keer in die geskiedenis dat die Sauvignon Blanc-gefokusde kampioenskap buite Europa gehou is. Durbanville was nie net een van die min wynstreke wat beoordelaars tydens die beoordeling besoek het nie, maar sy produsente was ook van die meeste bekroonde by die skou.

“Dit was baie dekades se deurlopende erkenning, wat die wynprojek geïnspireer het. Ons wou ons storie vertel en die bekendstelling van Durbanville Sauvignon Blanc was die beste manier om dit te doen,” verduidelik Natasha de Villiers, Durbanville Wynvallei-bestuurder. “Die idee was om ’n Super Sauvignon te skep, wat Durbanville Wynvallei se wêreldklasgehalte én die gedeelde visie van ons produsente verteenwoordig.”

Etienne Louw, Nitida se wynmaker, het met die proe van die Wild Child Sauvignon blanc verklaar die naam het “niks te make met rumoerige gaste nie. Dis hoe ons wildegis gebruik en dis die lieflike eindresultaat.”more
Die Nitida Wild Child Sauvignon blanc is met ’n interessante peuselhappie met vye en neute en skuim bedien.

Al 13 produsente, Altydgedacht, Bloemendal, Canto, D’Aria, De Grendel, Diemersdal, Durbanville Hills, Groot Phesantekraal, Klein Roosboom, Maastricht, Meerendal, Nitida en Signal Gun, het wyn gelewer, voor Morgan die finale versnyding behartig het.

Gebraaide lynvis met grenadella, Saldanhabaaimossel en preie.
Nagereg van koejawel semifreddo met Kataïfi, kardomyn, boegoe en heuning, is met die Bloemendal Noble Late Harvest bedien.

Die 2023 versnit is ’n sterk aromatiese wyn, met prominente suurstruktuur en balans. Deur die kenmerke van die seisoen se vroeë en later-geoesde vrugte in te span, is dit ’n goeie balans van  tropiese vrugte en sweempies vars gesnyde gras, wat op die tong talm.

Dis nie net die wyn wat pure Durbanville is nie, maar ook die etiket en verpakking. Die etiket lig die verskillende aspekte waarvoor die streek bekend is, uit, waaronder die wyndruiwe en wingerde, die protea, Suid-Afrika se nasionale blom, maar ook simbool van volhoubare wingerdboupraktyke.

Die streek se noue verbintenis aan sy Nederlandse erfenis word duidelik uitgebeeld met die Delftblou agtergrond, waarop Tafelberg trots pryk. Wingerde floreer hier sedert sedert 1698.

Die Durbanvile Sauvignon blanc 2023 met die middagete-spyskaart.
Bloemendal se wyne is ook saam met interessante peuselhappies gepasmaat om die ryk geure van die wyn na vore te bring.

Gaste het saam met elke wynmaker uit die vallei wyne geproe wat met happies deur Martin de Kok, sjef en eienaar van The Farm Eatery by Diemersdal, gepasmaat is.

Martin de Kok, sjef en eienaar van The Farm Eatery by Diemersdal, Natasha De Villiers, Durbanville Wynvallei-bestuurder en Rudi Faurie, restaurantbestuurder by The Farm Eatery by Diemersdal.
Die toekoms van Sauvignon blanc is in goeie en lekker jong hande. Van links is Andri Hanekom (wynmaker by Bloemendal), Johan de Villiers (Klein Roosboom) en Thys Louw (wynmaker en eienaar van Maastricht).more

Die Durbanville Sauvignon Blanc 2023 is aanlyn beskikbaar by www.durbanvillewine.co.za teen R120 per bottel.

Lees ook: Nuwe era en nuwe voorkoms vir Morgenster

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

13 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

16 hours Gelede

My ma se appeltert

17 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

5 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.