kategorieë: Ontspanning

Nuwe e.tv-telenovella: Daar was nog nooit ’n boerefamilie soos dié nie!

Drie families op een wynplaas – dis hier waar die poppe gaan dans en die tonge gaan klap in die splinternuwe telenovella Kelders van geheime, wat eersdaags op e.tv, kanaal 104 en DStv se kanaal 194, begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met 7de Laan wat verlede jaar hul deuntjie vir die laaste keer op SABC 2 gefluit het, vul dié oorspronklike Afrikaanse reeks, wat in die Kaapse wynlande geskiet word, ’n leemte vir goeie, ligte vermaak elke weeksaand aan ’n eg Suid-Afrikaanse gehoor.

Dis ’n eerste vir e.tv, Suid-Afrika se grootste onafhanklike en gratis TV-kanaal, wat meestal Engelse kykers bedien het en slegs Afrikaanse oorgeklankte Turkse programme vertoon het. Maar soos Karen Meiring, wie se KFilms die vervaardiger van die reeks is, sê: “Afrikaans is vir almal. Al 54 variante daarvan.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die stemme en gesigte, wat die lede van die Abraham-, Syster- en Marais-families vertolk, sal nie vir kykers volksvreemd wees nie. Vashti Prins en Cedwyn Joel is bekend vir hul rolle in Suidooster. Riana Alfreds, Veronique Jephtas en Dean Balie was in Arendsvlei te sien. David Chevers kom van The Vault af.

En dan is daar natuurlik die ou hande. Met akteurs soos Duane Williams, Vinette Ebrahim, Nic de Jager, Sandra Prinsloo, Illse Roos, Marcel van Heerden en Brümilda van Rensburg kan jy indrukwekkende vertonings wat jare se ervaring weerspieël, verwag.

“Inhoud met ’n doel,” sê Karen Meiring (kykNET se voormalige besturende direkteur ) wat saam met die hoofskrywer Theltom Masimila (Suidooster, Arendsvlei en 7de Laan) gewerk het om die inhoud te vervaardig, “wat nie net gewild is nie, maar ook goed is.”

Daar was nog nooit ’n boerefamilie soos dié nie! Skuif Maandag 6 Mei om 18:00 voor jou kassie in, want jy gaan nie een van die 260 episodes wil misloop nie.

Hooffoto: BeeSteady Productions

Lees ook: Gé Sing: Hoor My Lied! terug by Atterbury-teater

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

23 hours Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

24 hours Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

24 hours Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

2 days Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

2 days Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.