Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
Dertien jaar gelede het die Indiese biljoenêr, Analjit Singh, sy hart in die Kaapse wynlande verloor. Vandag is die Leeu Collection in Franschhoek met kunsgallerye, restaurante, luukse akkommodasie en die Leeu Passant-wyne een van die Wes-Kaap se beste trekpleisters en mooiste vertoonstukke van wat die wynlande aan besoekers kan bied.
Analijt het die geroesemoes van die korporatiewe lewe in Indië saam met turban agtergelaat en noem homself vandag half sakeman-half plaasboer en het die afgelope tien jaar ook sy wynhorisonne drasties verbreed. Hy stel homself ook nou eerder as Bas, die afkorting van Bhai Analjit Singh, voor. Geen “meneer” nie, dankie. Sy voete is stewig in Suid-Afrikaanse grond geanker.
Danksy sy vennootskap met die bekroonde wynmaak-paartjie, Andrea en Chris Mullineux van Mullineux Family Wines, wat onder die Leeu Passant-etiket wyn vir die Leeu Collection maak, het hy ook Suid-Afrikaanse wyne op die wêreldpodium help vestig en boonop teen baie hoër pryse as hul eweknieë.
- Nicolette Waterford, Bas Singh, Chris en Andrea Mullineux klink ‘n glasie op die tiende oes wat pas agter die rug is en die vrystelling van die nuwe oesjare.
- Die Leeu Passant Cinsault 2023, wat uit Suid-Afrika se oudste wingerdblok van 125 jaar kom, is deel van die Old Vine Project (OVP), wat wingerde ouer as 35 jaar klassifiseer en bewaar.
Oor ‘n glas Leeu Passant Cinsault 2023, wat uit Suid-Afrika se oudste wingerdblok van 125 jaar kom, vertel hy meer oor sy gevoel oor Suid-Afrikaanse wyne.
“Dis nie drank nie. Dit is skoonheid in ‘n glas. Dit is wetenskap; landbou; die pragtige mense soos julle. Dit gaan oor kos; tegnologie; die omgewing. Dit gaan oor die weer; die terroir; en klimaat. Dit gaan oor soveel pragtige dinge van die lewe, wat in ‘n paar kosbare millimeters in jou glas opgesluit lê.
“My respek en liefde vir wyn het die afgelope 10 jaar eksponensieel toegeneem. Ek is bekendgestel aan ‘n splinternuwe wêreld van die genot van ‘n drankie wat toevallig alkohol daarin het, nie andersom nie.
“Daarom sê ek vir Chris en Andrea, verhoog die prys dubbel of verdriedubbel dit, want soms, as jy wyn teen ‘n laer prys verkoop, dink hulle dis nie goeie wyn nie. Ek probeer nie ‘n kommersiële punt hier maak nie, maar ek praat van die respek wat ek dink – Suid-Afrika oor die algemeen en die wyn- en ander sektore behoort te ontvang. Ek dink die wêreld kritiseer ons – en mag ek sê ‘ons’ want dis my aangenome land – hopeloos te veel en ons moet dit maar net altyd aanvaar.”
- Die nuwe oesjare van die reeks se vyf wyne, die Leeu Passant Stellenbosch Chardonnay 2023; Leeu Passant Wellington Cinsault 2023 ; Leeu Passant Stellenbosch Cabernet Sauvignon 2023 ; Leeu Passant The Leeu Passant 2022 en die Leeu Passant Radicales Libres 2022, is nou beskikbaar.
- Die vyf oesjare van die wyne wat te proe was.
Dit bring my by die rede vir die gesels en proe: die nuwe oesjare van die reeks se vyf wyne, die Leeu Passant Stellenbosch Chardonnay 2023; Leeu Passant Wellington Cinsault 2023 ; Leeu Passant Stellenbosch Cabernet Sauvignon 2023 ; Leeu Passant The Leeu Passant 2022 en die Leeu Passant Radicales Libres 2022, is nou beskikbaar.
Die wynmaakspan het ook pas hul tiende oes onder dié handelsmerk agter die rug.
Leeu Passant was vir vyf jaar uit die afgelope nege jaar, SA se beste wynkelder in die Platter-wyngids.

‘n Heerike maaltyd deur die 23-sterk sjefspan van Protégé, in die hartjie van Franschhoek – een van die Leeu Collection se restaurante – is met die nuwe oesjare gepasmaat.
‘n Baie klein groepie bevoorregtes kon die nuutste vrystellings proe en toe met verskillende disse by een van die Leeu Collection se restaurante, Protégé, in die hartjie van Franschhoek gaan geniet.
Andrea het vertel dat die Leeu Passant Stellenbosch Chardonnay 2023 wat saam met vis, blomkool en ‘n mossel en mieliesop geniet is, die ideale witwyn is vir ‘n rooiwyndrinker. Die wingerd is in 2000 geplant en die Chardonnay is volrond en geurig. Dis ‘n heerlike pasmaat vir kos, maar ook lekker op sy eie.
- Die Leeu Passant Wellington Cinsault 2023 is met geroosterde suurdeegbrood, olywe, botter en biltong bedien.
- Die rooiui en bees-tertjie was een van die ideale pasmaats vir die Leeu Passant Wellington Cinsault 2023.
- Die hoofgereg van Karoo Wagyu, gebotterde aartappelpuree en Porcini is met die Leeu Passant The Leeu Passant 2022 voorgesit.
- Nagereg van Boerenkaas, okkerneut en peer met die Leeu Passant Radicales Libres 2022 geniet.
Die Leeu Passant Wellington Cinsault 2023 is met geroosterde suurdeegbrood, olywe, botter, biltong en ‘n rooiui en bees-tertjie bedien.
Die Leeu Passant Stellenbosch Cabernet Sauvignon 2023 is met ‘n gebraaide lam met tamatie en eiervrug Caponata geniet. Die hoofgereg van Karoo Wagyu, gebotterde aartappelpuree en Porcini is met die Leeu Passant The Leeu Passant 2022 voorgesit en nagereg van Boerenkaas, okkerneut en peer met die Leeu Passant Radicales Libres 2022 geniet.
Lees ook: Laataand by Rian: Appel vertel hoe ‘n Theuns Jordaan-treffer die bal aan die rol gesit het