kategorieë: VelsorgSkoonheid

Nuwe Symphonique – die wêreld se jongste gepatenteerde dermatologiese deurbraak in teenverouderingsvelwetenskap

Die reeks bestaan uit vier dermatologies-aktiewe produkte en meer as 70 aktiewe bestanddele wat vir ouderdomme van 45+ geskik is. Symphonique kombineer die jongste kennis in dermatologiese navorsing met effektiewe bestanddele wat in ‘n pragtige simfonie bymekaarkom. Ná vier jaar van mediese ontwikkeling, word Symphonique as die kersie op die koek van aktiewe teenverouderingvelsorg beskou – ‘n ware meesterstuk!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Serum Symphonique – ‘n serum wat ‘n voghupstoot kombineer met gevorderde teenverouderingspeptiedtegnologie. Die serum bevat twee vorms van hialuronsuur, wat die perfekte hoeveelheid vog deur die dag verseker. Hierdie verhoogde vlak van hialuronsuur word verder deur twee peptiede verhoog wat die vel se eie produksie van hialuronsuur verbeter en die vel glad en sag laat. ’n Derde peptied versterk die vel se verdediging teen skade deur sigbare en onsigbare lig. Hierdie olievrye serum bevat Beauté Pacifique se eie papaïen-gegronde afskilferingskonsep wat optimale penetrasie van die aktiewe bestanddele verseker. Serum Symphonique is parfuumvry en het ‘n ligte tekstuur wat onmiddellik in die vel absorbeer. Dit bevog die vel en laat ’n gloeiende voorkoms, en is perfek om voor die aanwending van dagroom en grimering te gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Crème Symphonique Day-Time – Hierdie superbevogtiger verjong jou vel en blaas nuwe lewe daarin soos geen ander nie. Die 40 bevogtigende en voedende bestanddele, insluitend ’n hoë dosis van vitamien A en antioksidante, word heeldag lank geaktiveer en stadig binne die vel vrygestel. Symphonique Day-Time is parfuumvry en het ‘n ligte tekstuur wat maklik oor die vel versprei en dadelik deurdring. Die reeks skep die optimale teenverouderingsorgstelsel vir volwasse vel.

Crème Symphonique Night-Time – Hierdie gevorderde mediese-graad-nagroom bevat ses tipes vitamien A – wat nog nooit voorheen in velsorg gesien is nie. Hierdie produk is die vlagskipproduk in die reeks. Dit gee ‘n onmiddellike teenverouderingseffek omdat dit kollageen herbou, terwyl dit vitamien A binne-in die vel plaas. Hierdie vitamien word stadig in die nag vrygestel, wat die vel voortdurend van net die regte dosis vitamien A voorsien terwyl jy slaap. As gevolg van Beauté Pacifique se goed-gedokumenteerde Squalane-gegronde nanotegnologie, dring vitamien A in die dermis se elastiese veselnetwerk in, en herbou en versterk dus jou vel – wat ware verjonging tot gevolg het. Saam met meer as 60 versorgende en voedende aktiewe bestanddele, skep hulle ‘n “simfonie” wat optimale sorg vir volwasse vel bied. Die sagte en aangename parfuum en die ligte tekstuur beteken dat jou nag pure luuksheid sal wees.

Crème Symphonique Eye Zone Gel – Anti-age Eye Zone Therapy – vernuwe jou ooggedeelte in net 15 minute deur jou plooie en fyn lyntjies met suiwer mariene-eksopolisakkariede  te vul. Die hele Symphonique-gepatenteerde konsep bied ‘n sespak- hoogs-aktiewe vitamien A-tipes vir maksimum teenveroudering, en word bykomend ondersteun deur Botulinum-toksien-nabootsende én anti-oksidatiewe bestanddele.

Vir mediese- en velkundiges wat meer van hul velsorg verwag. Vir meer inligting, besoek www.beaute-pacifique.com.

Foto’s: Beauté Pacifique International

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.