kategorieë: Bekendes

Nuwe TV-reeks: Hond se Gedagtes

Mense se verbintenis met honde het aanvanklik uit ’n “behoefte” vir ’n sekere “diens” ontstaan, maar mettertyd het hierdie band versterk. Liefde en vriendskap het tussen dié twee spesies ontwikkel en in kykNET se nuwe reeks, Hond se Gedagtes, word dit elke Dinsdag om 17:30 ondersoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hond se Gedagtes gaan ’n verskeidenheid onderwerpe dek wat veral kykers met honde vars insig gaan gee oor die mens se beste vriend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die reeks gee ook praktiese wenke en vertel inspirerende, snaakse en ook soms hartseer stories. Maar, omdat honde nie akteurs is nie, straal hul opregtheid uit in elke insetsel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die aanbieder van Hond se Gedagtes is Lizma van Zyl, wat natuurlik ’n groot hondeliefhebber is, maar ook ʼn bekende in die mediawêreld. Lizma is ’n nuushond en was ’n radiojoernalis, nuusleser, redakteur en stigterslid van Smile 90.4FM.

In Hond se Gedagtes spandeer Lizma onder meer tyd met terapiehonde, honde wat daagliks lewens red en honde wat blote maters is. Boonop soek die reeks elke week vir een “weeshond” ’n liefdevolle huis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hond se Gedagtes word van 4 Julie 2017 om 17:30 op kyKNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.