kategorieë: Bekendes

Refentse se wegholsukses

Dit is vir Refentse steeds moeilik om te glo dat hy in so ’n kort rukkie soveel sukses bereik het. Terwyl hy in 2015 met sy kitaar langs die straat gesit en “Lisa se klavier” gespeel en gesing het, het Cecilia (Kleintjie) Marchionna hom met ’n selfoon afgeneem. Sy het die video op facebook gedeel en dit is uiteindelik meer as 120 000 keer gekyk. Hy bly nou by Kleintjie, sy tweede “ma”, en sy help hom om al sy verpligtinge na te kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Buiten Afrikaanse musiek hou Refentse ook van kwaito en Zoeloe-gospel. En hy wil deur musiek die verskillende Suid-Afrikaanse kulture nader aan mekaar bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Is jou huistaal Afrikaans?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nee, Afrikaans is nie my huistaal nie, maar ek was in ’n Afrikaanse skool.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou CD My hart bly in ’n taal bring hulde aan Afrikaanse musiek en die musiek van sterre soos Koos Kombuis en Laurika Rauch. Hoe lank klop jou hart al warm vir Afrikaanse musiek?

As kind het my ouers vir my Afrikaanse musiek gespeel om my te leer Afrikaans praat, en ek het ’n liefde vir die taal en musiek ontwikkel.

Sonvanger” en “Sally Williams Nougat” pas veral baie lekker by jou stem. Is daar nog ander van die liedjies wat vir jou spesiaal is en waarom?

Ek hou van al die liedjies op die CD omdat ek met dié liedjies grootgeword het, al is hulle nie regtig in my era gespeel nie. Dit is musiek wat my gehelp het om my Afrikaans te verbeter. Al die liedjies het vir my ’n besondere betekenis.

Jy het twee van die liedjies geskryf, “Baby wat eet ons vanaand?” en die satiriese “Oom Faan se plaas” …

Baby wat eet ons vanaand?” was die eerste liedjie wat ek geskryf het, en toe kort daarna “Oom Faan se plaas”. Ek hou van die skryfproses en leer baie namate ek vorder.

Wanneer het jy vir die eerste keer geweet jy wil in Afrikaans sing?

Toe ek verlede jaar by die KKNK vir die eerste keer op die verhoog klim en die gehoor se reaksie sien. (Refentse het die verhoog met Karen Zoid gedeel.)

Jy het nou reeds platinumstatus bereik, maar wat doen jy nog, behalwe sing?

Alles wat my moontlik besig kan hou. Ek is mal oor die buitelewe en die natuur. (Hy is net beskeie. Hy is op die oomblik besig met ’n regsgraad aan die Noordwes-Universiteit.)

Waar is jy gebore, waar het jy grootgeword en waar bly jy nou?

Ek is in Vereeniging gebore, het daar grootgeword en bly steeds in Vereeniging. Ek is nie van plan om te trek nie. Ek is te geheg aan my mense – my ouers, tannie Kleintjie en al my vriende.

Wat onthou jy as die lekkerste gebeure van jou kinderdae?

Die skoolrevue waarin ek gedans en gesing het. Ek het ’n spook in my groentjiekonsert gespeel en in die laerskool was ek Shaka in ons toneelstuk Shaka Zoeloe.

En die slegste?

Toe ek my ouma in 2013 aan kanker verloor het.

Wat doen jy vir ontspanning?

Lees gedigte, of speel sokker of rugby saam met my pelle. Ek geniet die natuurskoon, veral as ek op my motorfiets is omdat ek dan so naby aan alles voel.

Kyk hier na die musiekvideo van Refentse se liedjie “Vuil Vanderbijl”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.