kategorieë: FiksheidGesondheid

Oefen lekker en voel goed hierdie winter!

Oefen lekker en voel goed hierdie winter! deur Anet Schoeman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy nog altyd geglo het jy is nie een vir oefen nie, is dit tyd dat jy jou horisonne verbreed …

Begin die dag op ’n hoë noot

Almal hou van pret en dis presies wat oefening moet wees. Die geheim is net om die regte soort pret vir jou te kry. Jy is dalk nie ’n danige drawwer nie, maar hou van dans. Sit soggens vrolike musiek op en dans vir 10 minute. Huppel, swaai jou arms, spring in die lug. Verbeel jou jy is terug in die kleuterskool en jy het pret.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 10 maniere om motivering vir oefening te kry in die winter

Jy het net 10 minute: Wat doen dit vir jou?

  • Jy begin die dag op ’n vrolike noot wat jou van jou sorge laat vergeet en ’n glimlag op jou gesig sit.
  • Jou bloedsomloop verbeter, wat wonderlik is vir algemene gesondheid en jy voel lekker warm.
  • Jy verbrand energie en jou metabolisme word aan die brand geskop wat jou help om heeldag meer energie te verbrand.
  • Jou fiksheid verbeter en jou spiere word sterker.

Doen dit elke oggend vir ’n week. Daarna kan jy dit verdubbel deur elke middag dieselfde te doen. Nou is jy ook sommer lekker warm en kry jy die frustrasies van die verkeer uit jou gestel.

#rrWenke: Jy kan ook handgewigte (of 500 ml-bottels vol water) byvoeg vir ekstra armoefeninge.

Lees ook: “Plank”: Die een oefening wat jy elke dag moet doen

Klein begin

  • Wees realisties. ’n Dieet wat jou koolsop laat eet en aan selderystokkies laat peusel, gaan jou vir seker gewig laat verloor. Ook jou sin vir humor, energie en kans op langtermyn-sukses.
    Net so gaan ’n oefenprogram waar jy elke oggend 10 km hardloop, wonderlike vrugte afwerp. Maar die kans dat die meeste van ons dit sal volhou, is skraal.
  • Onderhandel met jou onfikse self. Besluit watter gesonde gewoontes jy graag wil vestig. As jy gesonder wil eet, probeer een ding (soos gaskoeldrank) uitsny of verminder. Daarna kan jy jou dieet nog ’n stappie gesonder maak deur bv. minder suiker in jou koffie te drink.
  • As jy die gewoonte wil vestig om elke dag te oefen, draf of stap elke oggend vir vyf minute in die straat. As jy dit ’n week lank kan volhou, het jy ’n groot stap vorentoe gegee en kan jy daarop verbeter. Die idee is om ’n gewoonte te vestig, maar gewoontes verg tyd en toewyding.

Lees ook: 10 dinge wat jou kan help om slegte gewoontes hok te slaan

Begin só hardloop

Jy sal dalk nooit die Comrades voltooi nie, maar troos jouself met die wete dat alle mense ontwerp is om te hardloop.

Hoe begin jy?

  1. As jy baie onfiks is, kan jy begin deur vyf minute per dag te stap en dit elke week op te stoot tot jy ’n halfuur aaneen kan stap.
  2. Breek nou die 30 minute in sessies van vyf minute op: stap vier minute en hardloop een minuut. Jy hardloop dus net ses minute in die hele 30 minute. Hou dit vol tot jy dit gemaklik kan doen.
  3. Hardloop dan twee minute en stap net drie minute. Doen dit tot jy gemaklik voel en hardloop geleidelik meer minute en stap minder tot jy 30 minute aaneen kan hardloop.
    Loer hier vir ’n program oor hoe om jou eerste vyfkilometer-wedren te hardloop en kry jou vriende om saam met jou die parkrun te doen.

Hooffoto: Ivan Samkov vir Pexels

Lees ook: Jy is nooit te oud om (weer) te begin fietsry nie!

Hoekom jou hond jou beste oefenmaat is

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.