kategorieë: VelsorgSkoonheid

rooi rose gesels met Monique Spaltman, die formuleringspesialis by Lulu & Marula

Plastiekvrye Julie: rooi rose gesels met Monique Spaltman, die formuleringspesialis by Lulu & Marula

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lulu & Marula glo dat die versorging van ons vel ’n broodnodige daaglikse ritueel is, vir ons verstand sowel as ons liggame. Ons is op daardie eenvoud gegrond. Onderskryf deur die Beauty Without Cruelty-vereniging, Lulu & Marula-produkte word nie op diere getoets nie en bestanddele is almal van natuurlike oorsprong.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Volhoubare velsorg: Wat beteken dit eintlik?

Vir ons by Lulu & Marula begin dit by die formulering en verpakking. Ons is bewus van die omgewingsimpak van die vervaardigingsprosesse van die grondstowwe en klaarprodukte. Uiteindelik wil ons ons eindverbruikers bemagtig met die wete dat wanneer hulle Lulu & Marula-produkte kies, hulle in staat is om hul afval te verminder en positief tot die omgewing by te dra.

Wat maak jul handelsmerk werklik eties en volhoubaar?

Ons koop ons rou bestanddele vanaf betroubare plaaslike en internasionale verskaffers aan waar volle naspeurbaarheid van die grondstofverskaffingsketting beskikbaar is. Ons handhaaf hoë etiese standaarde – Lulu & Marula word onderskryf deur Beauty Without Cruelty South Africa; geen van ons bestanddele of voltooide produkte is op diere getoets nie. Ons verpakking is meestal glas-, aluminium- en Kraft-bord, wat herbruikbaar en herwinbaar is. Die plastiekbottels is herbruikbaar sodra dit gewas is en ook herwinbaar. Ons sluit nie enigiets in die produkte of verpakking in wat ’n negatiewe impak op die omgewing het nie. Vir ons is volhoubaarheid en die verlaging van nie-bioafbreekbare afvalskepping uiters belangrik!

Wat was die inspirasie vir die stigting van jul volhoubare velsorghandelsmerk?

Daar was tien jaar gelede ’n beter aanbod van plaaslike handelsmerke wat volhoubare/omgewingsbewuste verpakking sowel as natuurlike/plantgegronde bestanddele nodig in die Suid-Afrikaanse mark. Daar was baie min opsies, inspirasie het van oorsee gekom waar natuurlike en volhoubare velsorghandelsmerke aan die toeneem was.

Het jy enige wenke vir lesers wat hul gebruik van enkelgebruikplastiek wil verminder?

  • Koop sover moontlik skoonheidsmiddels in glas.
  • Sommige kosmetiese produkte is net beter in plastiek verpak; gaan die herwinbaarheidstatus van die buis of bottel na voor aankoop en neem ’n ingeligte besluit of jy die produk regtig nodig het.
  • Plastiekbuise wat herwinbaar is, word gewoonlik van LDPE gemaak en bottels van HDPE; poog om HDPE-bottels soveel keer as moontlik te hergebruik deur dit te hervul. Byvoorbeeld, handseep of handeroom.
  • Suikerriet-gebaseerde plastiekbuise word geredelik oorsee beskikbaar en verskyn stadig in die Suid-Afrikaanse kosmetiese ruimte; hopelik kan ons die meeste nie-herwinbare plastiekbuise oor die volgende paar jaar na bio-afbreekbare materiale skuif.

Lees nog: Plastiekvrye Julie: rooi rose gesels met dr Stephen Helary, die stigter van Terres d’ Afrique

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

11 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

14 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

16 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

18 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

1 day Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.