Kan jy oefen terwyl jy vas? deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie is artikel 4 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Kom vas saam met rooi rose

Watter een van die soorte vas pas die beste by jou?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dinsdag, Dag 2 van my 16/8 vas

Kan jy oefen terwyl jy vas?

Dinsdagoggend word ek ligweg honger wakker. Ek is verras. Op die koolhidraatdiëte was ek baie hongerder as dit!

Is dit nog “early days”? Dalk raak dit erger vorentoe? Maar  … eintlik het ek nog glad nie gevas nie. Ek het maar net van gister af begin dink daaraan. Die gedagte is nog nie die daad nie! Hoe ook al, vandag is ek aan die dóén. Vanoggend is my eerste vastende opstaan.

Hoe om die tyd om te kry tot 10h30, wanneer ek die vas kan breek? Hmmm … Wat van ’n koppie goeie koffie? Terwyl ek koffie drink, dink ek aan ’n deel van my opleeswerk wat gegaan het oor oefening terwyl jy vas. Dit is skynbaar een van die beste maniere om gou gewig te verloor. Maar dan moet jy gevas wees.

Wat is die verskil tussen “vas” en “gevas” wees?

Daar is n verskil tussen vas en gevas wees – fasting en fasted op Engels. Die eerste een beteken dat jy kos vermy. Jou liggaam kan egter nog baie glikogeen in die lewer en spiere hê. Jy is eers gevas (fasted) as dit opgebruik is en jy oorskakel na vet as jou energiebron. Oefening in die gevaste toestand brand dus suiwer vetjies.

Noudat ek weet dat ek maar kan oefen terwyl ek gevas is klink ’n lekker entjie fietsry na ’n goeie plan om die laaste ure te laat verbyvlieg. En dalk eindig ek die dag ’n paar gram ligter?

Ek spring net voor nege-uur weg. Die eerste bult is taamlik styf en hy kou my. Die tweede een is nie. Hy kou my ook. Vat ’n vas jou krag? Ek besluit om ’n meer gelyke roete te trap. Dalk net so vyf kilo’s, in geval my bloedsuiker dan tog val? Dit werk goed. Dit werk báie goed. Ek ry twaalf kilo’s met die grootste gemak. Ek dink ek sou maklik twintig kilo’s kon doen. Maar my tyd is op en die werksdag wag.

Tuis gekom is daar nog ’n halfuur oor. En ek is nie eers regtig honger nie. Ek begin gou my epos deurgaan. As ek sukkel om te konsentreer sal ek epos wat ’n weldeurdagte reaksie verg eenkant hou. As dit net ’n ja, nee of oukei vra hoef ek seker nie te diep te konsentreer nie.

Dinge vorder so fluks dat dit elfuur is voor ek wonder hoe laat dit is!

Mensig, dit was maklik! Ek eet my gebruiklike gekookte eier, bietjie jogurt en ’n paar neute. As ek so kan aangaan is vas die regte ding vir my.

Oor na jou

Hoe is dit vir jou? Hoe het jou eerste vasdag afgeloop? Sien jy kans vir ’n entjie se draf of om uitasem-vinnig te gaan stap? Werk oefening terwyl jy vas vir jou?

Groete!  Salomé

Lees ook

Nota

As jy ’n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly, of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.