Om seer te kry – Margaret maak ’n draai in Venesië

Om seer te kry – Margaret maak ’n draai in Venesië deur Margaret Gardiner. Foto’s: Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Almal wil Venesië toe gaan, of hoe?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So, natuurlik het ek gespring toe ek genooi word.

Maar na die eerste uitnodiging het my seun op universiteit my gevra om hom te help trek na ‘n ander woonstel. Die universiteit begin einde Augustus, begin September – presies wanneer die Venesiese rolprentfees plaasvind. Dus het ek maar die trippie gekanselleer, en van die lekkerste herinneringe saam met my seun gemaak. ‘n Deur is toegemaak, en ‘n nuwe een – na volwassenheid – het vir hom oopgegaan. Venesië sou die volgende jaar nog daar wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toe kom die tweede uitnodiging, maar ek was beseer en kon nie vlieg nie. Laat Augustus verlede jaar is ek geopereer vir kanker aan my neus, en natuurlik was Venesië weer eens van die baan.

Lees ook: Ons het almal soms “bad hair days

Om seer te kry

Hierdie jaar het ek asem opgehou om te sien wat gaan keer dat ek die Venesiese rolprentfees kan bywoon, maar tot my vreugde het die dag van my vertrek sonder voorval aangebreek.

Niks kan mens voorberei op die waterstrate van hierdie Noord-Italiaanse bestemming nie. Ek is buite die lughawe ingewag waar my bagasie in ‘n privaat watertaxi gelaai is. Voordat ek kon sê “swymel” was ons op pad na Lido, die eiland langs die kus van Venesië wat ‘n pragtige uitsig bied op die beroemde bakens van die stad.

Ek reis altyd sonder grimering sodat ek gereeld tydens die vlug bevogtiger kan aanwend. Ek kies ook gemaklike klere – leggings en ‘n los toppie – sodat ek lekker kan opkrul en slaap. Die klere beperk ook nie bloedsirkulasie nie – noodsaaklik op ‘n lang vlug – en as dit te koud is op die vliegtuig, hoef ek net ‘n laag of twee by te voeg om warm genoeg te kry. My uitrusting was perfek vir die vlug, maar beslis nie die beste keuse om mee in Venesië aan te land nie. Die swart klere het die hitte behoorlik absorbeer.

Dit was meer as 29°C terwyl ons oor die water gejaag het, my hare wapperend in die wind soos op daardie glansfoto’s wat mens altyd sien van beroemde filmsterre. Selfs die skipper van ons boot het gelyk of hy op die silwerdoek hoort. Maar natuurlik was die boot net ‘n watertaxi – maar sjuut, laat ons nou nie die glansryke illusie nek omdraai nie.

Die skipper van die boot

Lees ook: Om vorentoe of agtertoe te kyk …

My aankoms in Lido was nogal disoriënterend. Die 9 ure tydsverskil en meer as 14 uur reistyd het my laat voel asof my brein iewers agtergebly het. My kamer was nie gereed nie, wat natuurlik nie gehelp het nie. Ek kon ook nie stort of skoon klere aantrek nie.

My vriendin se man, ‘n gereelde feesganger in Venesië, het aangebied om saam met my te stap om my akkreditasie te gaan afhandel terwyl my kamer gereed gemaak word.

Terwyl ons so deur die strate stap, het dit gevoel asof ek in ‘n fliek beland het. Waar ek ook al gekyk het, het die skoonheid my oorweldig. Alles was prentjiemooi. Almal wat my op Instagram volg, sal weet ek post duisende foto’s, en die stappie het baie langer geneem as normaalweg omdat ek elke paar treë gestop het om nog ‘n foto te neem.

Terug by die hotel het ek uitgepak en toe twee flieks gaan kyk. Een was Ad Astra, met Brad Pitt in die hoofrol. Dis ‘n karakterstudie met baie interne dialoog en ‘n klomp vreeslike nabyskote van Brad. Daar is ook ‘n toneel waar hy sonder ‘n hemp staan en sy spiere bult. (Ek noem dit net ter wille van sy aanhangers, nie omdat ek seksisties is nie. ? ) Verder is daar hope aksie, en ek het die fliek geniet.

Volgende aan die beurt was regisseur Noah Baumbach se Married Story. Ek moeg bieg dat dit my aangegryp het juis oor die suiwer gif wat twee mense (gespeel deur Scarlett Johansson en Adam Driver) gespoeg het toe hulle besef hulle is nie meer lief vir mekaar nie en besluit om te skei.

Ek glo egter nie dat mense mekaar aaklighede moet toesnou nie. Daar behoort reëls te wees wanneer jy argumenteer.

Eerstens, moet nooit, ooit mekaar se familie betrek nie. En tweedens, moet nooit iets onvergeeflik sê nie, want wanneer julle opmaak, gaan daardie onvergeeflike ding in die ander een se kop spook en dinge vergiftig. Ek glo dit laat die glans verdof en maak dit in die toekoms makliker om aaklig en kleingeestig te wees. Dus, moet nooit dit sê wat jy nie behoort te sê nie.

Lees ook: Oor magspel en gesinsrolle

Maar hierdie twee mense doen. Die fliek het my na my asem laat snak en in ongeloof  – en ook oor ander mense se pynlike waarheid – laat lag. Twee mense wat die waarheid praat sonder dat hulle mekaar se standpunte erken. Mens moet tog weet dat jy nie perfek is nie. Vir elke ding wat jou maat doen wat jou mal maak, is daar iets wat jý doen wat hom teen die mure uitdryf. Julle kan mekaar óf mal maak en so bly, óf bewus wees van mekaar se dinge en julle reaksie en optrede verander.  Ons almal het al ons oomblikke van waansin gehad.

Ek bieg dat daar okkasies was waar ek al so opgetree het dat ek myself nie herken het nie. Daar is altyd redes om dit te regverdig, of provokasie. Maar uiteindelik, selfs op jou ergste, móét jy probeer om niemand seer te maak nie. Want as jy iemand anders seermaak, gaan jy self seer hê.

Om dus te kyk hoe mense voluit daarvoor gaan om mekaar seer te maak, was ‘n ervaring wat ek nie regtig verstaan het nie, al weet ek dit bestaan wel. Dit was terselfdertyd verskriklik erg én baie vermaaklik.

Lees ook: Die dinge wat mense kwytraak

Om seer te kry

Ek het daarna ook met die regisseur Noah Baumbach gesels oor Marriage Story – gaan kyk gerus na ons onderhoud op my YouTube-kanaal. Hy vertel dat hy as kind sy ouers se egskeiding beleef het, en as volwassene ook self geskei is, en dat groot dele van die fliek baie persoonlik is. Ons onderhoud is nogal ernstig, en hy praat ook met gesag oor sensitiewe dinge.

Daar is ook onderhoude met Adam Driver en Laura Dern, maar meer daaroor in my volgende Venesië-blogplasing …

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.