kategorieë: ReisOntspanning

Ons eet by La Belle Bistro & Bakery

La Belle Bistro & Bakery in Alphen, Constantia vorm deel van ’n kompleks met historiese plaashuise wat eens deel was van die Groot Constantia-plaas. Deesdae huisves Alphen besighede soos die Welz & Co-veilinghuis, die vyfster Alphen Boetiekhotel en die hotel se restaurante – waarvan La Belle een is. Die feit dat hierdie groot en ou geboue omring word deur hedendaagse plase, maak dit die ideale ligging vir ’n Bistro soos La Belle: ’n landelike eetplek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dekor en gevoel

La Belle Bistro bied sitplek binne en buite. Die terras buite was leeg, maar dis omdat ons besoek aan La Belle op ’n snerpend koue Kaapse wintersaand plaasgevind het! Dit lyk egter vir my asof dit die ideale plek is om apéritifs (waarvan daar heelwat op die spyskaart is) op ’n soel somersaand te drink. Hierdie aktiwiteit is juis op my lysie van goed om te doen sodra die kwik in die hoër twintigs lees. Die bistro is binne knus en vriendelik – net soos ’n bistro moet lyk. Die mure in aardse kleure, die kaggel teen die muur en die hoë dak skep ’n gemaklike landelike gevoel. Die algemene gevoel van die restaurant is gemaklik dog stylvol. Dis rustig, nie raserig nie, dis privaat en ’n mens voel asof jy heelaand daar kan kuier (en dis presies wat ek en my metgesel gedoen het). Jy hoef nie ’n aandrok of ’n strikdas te dra nie – iets netjies is voldoende.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die diens

Die diens is puik. Vinnig, vriendelik en bedagsaam. Ons kelner, Ashton, was ook ’n spyskaart-toergids, wat goeie insig gelewer het op die disse (en glo my, jy wil na sy raad luister). Die bestuurder en kelners is gaaf en akkomoderend en ’n mens kan sien dat dienslewering ’n fokuspunt is vir dié restaurant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die spyskaart

Die spyskaart is onlangs aangepas en bied ’n verskeidenheid disse. Sjef Amber Deetlefs noem dat dié nuwe spyskaart steeds die bekende gemakskosse bied, maar met ’n moderne kinkel en die varsste bestanddele. Die nuwe ontbyt-opsies sluit byvoorbeeld sampioen-tartines en ricotta-en-aspersie-omelette in. Middag- en aandete sluit happies in soos broccolislaai, gebakte halloumi en boerenkool (kale), en spinasie, feta en hummus. Hoofgeregte sluit in vis met ’n quinoa-korsie en tjips en salm en forel in ’n granaatglasuur. My hoofmaaltyd was die filet met porcini-botter (wat ek sal aanbeveel) en selfs die aartappelpuree was interessant. Die sjef het my vertel wat sy spesiale bestanddeel is, maar omdat ek iemand is wat nie sommer geheime verklap nie, moet jy maar self gaan proe … Daar is ook ’n indrukwekkende wynlys met wyne van die omgewing en ’n verskeidenheid ander drankies as wyn nie na jou smaak is nie.

La Belle Bistro & Bakery is ideaal vir geleenthede waar jy gesellig wil verkeer saam met vriende, besigheid moet bespreek, of ’n spesiale geleentheid wil vier (al is die geleentheid net ’n lekker bord kos). Die Bistro in Constantia is ’n goeie plek om jou Constantia-wynlandtoer mee af te skop of te beeïndig en by die een in Kampsbaai het jy ’n lieflike uitsig oor die see.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.