kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met Die Campbells

Hoe voel dit om weer ’n album uit te bring?

Soos altyd is daar ’n opgewondenheid. Ons is totaal in beheer van die produksie- en liedjieskryfproses en het dus ’n groot verwagting van die album.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe verskil die album van julle vorige werke?

Die album is ons oorspronklikste album tot op hede. Ons het ’n punt daarvan gemaak om meer tyd aan liedjieskryf te bestee sodat die kwaliteit van die snitte van die hoogste gehalte is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom juis die titel, “Bloed is dikker as water”?

Nie net is ons broers nie, maar ons het die afgelope jaar besef hoe belangrik familie is. Ná 17 jaar saam in die musiekbedryf het ons ook al bewys dat bloed regtig dikker is as water.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is jul gunstelingsnit op die album?

Tony: My keuses is “Love at first sight” en “Beloftes”. Dis ’n nuwe, vars klank vir ons. Die snitte geniet ook geweldig baie aandag op radio en word daagliks gespeel. Die boodskap is ook sterk, maar maklik om te verstaan.

Harry: My keuses is “Die vuil kyk” en “Boertjie Jam”. Albei is vrolik en klink soos tipiese Campbells-treffers Ek glo almal gaan saam sing en dans.

Julle het twee van die snitte saam met Gerhard Steyn geskryf. Het julle lekker saam gewerk?

Gerhard is ’n natuurlike liedjieskrywer. Hy verstaan ons mark en ons vul mekaar aan. Ons het binne ’n paar uur, 5 liedjies geskryf waarvan 2 ook op sy album vrygestel is.

Die snitte, “Huisgenoot” en “Hofmeyr” maak dit reeds in die naam duidelik dat dit eie aan Suid-Afrika en jul aanhangers is. Vertel ons meer van dié snitte? Hoe sal musiekliefhebbers daarby aanklank vind?

“Huisgenoot” is lighartig en met humor geskryf oor ons ondervinding met die media en die musiekbedryf.

“Hofmeyr” gaan eintlik nie direk oor Steve nie, maar ons verwys na dinge wat hy al gedoen het en liedjies wat hy geskryf het. Ons sing van ’n meisie met die van, Hofmeyr, omdat sy dieselfde van as Steve het, het Steve haar held geword en sy is dus mal oor sy musiek.

Daar is ook heropnames van “Hillbilly Rock” en “Stoutgat”. Hoekom het julle daarop besluit om dié twee snitte weer op te neem?

Die heropnames klink baie verskillend as die oorspronklike snitte. Die twee liedjies is steeds ontsettend gewild en ons speel hulle gereeld by vertonings. Daarom het hulle nou nuwe baadjies gekry.

Kan ons enige musiekvideo’s verwag?

Daar is reeds ’n musiekvideo van die titelsnit “Bloed Is Dikker As Water”, asook ’n musiekvideo vir Spur se nuwe temalied, “Cock-a-doodle doo”. Ons beplan egter nog 3 musiekvideo’s.

Gaan julle met die album toer?

Verseker! Ons toer gewoonlik met ’n “greatest hits”-vertoning, maar speels reeds van die nuwe snitte by die optredes. Ons begin Novembermaand om spesifiek met dié nuwe album van dorp tot dorp te toer.

Wat kan jul aanhangers van die album verwag?

Hulle kan goeie stories met ’n fantastiese produksie en kitaarspel verwag. Hulle gaan saam sing en dans en hier en daar ook lag. Hoewel van die snitte meer ernstig is, het die album steeds die kenmerkende ritme en klank van die Campbells.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

23 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.