kategorieë: BekendesKos

Ons gesels met Jan Braai

Wat is jou geheim vir die beste braaibroodjie?
In my opinie is die bestanddele vir ’n braaibroodjie per definisie wit toaster-brood, kaas, tamatie, uie, sout, peper, blatjang en botter aan die buitekant. In dié geval is die geheim dat jy verouderde cheddarkaas gebruik wat meer smaak het, en dat jy die broodjies baie rustig oor lae hitte braai en gereeld draai, sodat al die kaas gesmelt is teen die tyd dat die braaibroodjies goudbruin is. Uit die aard van die saak braai mens dit in ’n toeklaprooster.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoe gaan jy vanjaar Nasionale Braai Dag vier?
Die idee is dat mense saam met vriende en familie rondom ’n vuur bymekaarkom en daar ons erfenis vier, en dit is presies wat ek gaan doen. Daar is twee goed waarop ek hoop ons hierdie jaar landwyd kan fokus. Die een is om straatbraais te hou, met ander woorde ek hoop mense sal saam op straat braai in hul woonbuurte, en die ander een is om ons landsvlag te inkorporeer. Ek sal graag wil hê dit moet ’n instelling word dat ons almal jaarliks, op 24 September die landsvlag langs die braaivleisvuur laat wapper.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is ’n ongewone braaidis wat jy al geëet het? Was dit lekker of walglik?
Ek eksperimenteer nogal met braaibroodjies en het onlangs twee baie lekker kombinasies aanmekaargeslaan. Die ‘gourmet’ broodjie het snye suurdeegbrood gehad, 12 maande verouderde kaas, fyngekapde sprietuie, songedroogde tamaties, mosterd, black forrest-ham, en olyfolie aan die buitekant. Die ander een was langs die Weskus: verouderde cheddarkaas, gekarameliseerde uie, ontpitte olywe, en stukkies fyngekapte bokkom-vleis met olyfolie aan die buitekant. Heerlik!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is daar ’n spesifieke soort wyn wat lekker werk saam met braaivleis?
Met die koue winterweer vind ek dat ’n kraakvars Saugvinon Blanc tans te aggressief vir my is, so ek is huidiglik meer op Chardonnay. Met rooiwyn is ek tradisioneel ’n Shiraz-drinker maar het die afgelope paar maande heelwat Malbec gehad en gevind jy kan dit lekker bedien aan ’n groep mense, want dit pas baie by ’n wye verskeidenhied palette.

Wat is jou idee van die perfekte braaibord?
Vir my gaan dit oor kwaliteit, eerder as kwantiteit. Of jy nou steak, lam, vark, hoender, vis, boerewors of enige ander ding braai. Fokus eerder daarop om ’n kleiner verskeidenheid (of selfs net een ding), op ’n slag te braai, en doen dit met aandag en moeite. Geen mens het ’n bord kos nodig met elke liewe kommersiële dier daarop nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jan Braai deel sy resepte vir heerlike mieliepaptert en hoenderpastei.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.