kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met: Koekedoor-wenner, Corli Botha

Waar kom jou liefde vir bak vandaan?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit het ontstaan as ’n klein dogtertjie en kom van my ouma Corrie af. Sy is nie meer met ons nie, maar sy het 88 jaar oud geword. Toe ek grootgeword het, het ek altyd met vakansietye by haar gekuier. Sy het altyd troukoeke gebak, asook ander tipes gebak. Later, toe sy nie meer troukoeke kon bak nie, het al die foto’s, inspirasie en die motivering van hoe sy altyd daaroor gepraat het, ’n groot liefde in my gekweek. Ek dink egter dat my passie vir bak in die laaste vyf jaar behoorlik vlam gevat het, veral met dié dat ek my eie besigheid begin het. Dit het gemaak dat my passie sommer ook my werk geword het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe het jou tyd in Frankryk jou liefde vir bak beïnvloed?

Ons was in Frankryk omdat my man Gary daar rugby gespeel het, dus kon ek glad nie daar werk nie. So terwyl hy gaan werk het, het ek maar in die dorpie se strate rondgeloop en al die fyngebak-winkels en patisseries ontdek. In dié spesifieke dorp waarin ons gewoon het, is daar ’n baie ryk invloed tussen die Spanjaarde en die Franse se gebak. Dit het my verskriklik baie gefassineer en dit het my ook baie geïnspireer. Ek onthou dat ek altyd huis toe gegaan het en nuwe dinge probeer het met die produkte wat ek in dié klein winkeltjies en markte gekoop het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is maar hoe ek myself aan daardie kant besig gehou het en toe ons na Suid-Afrika terugkeer, het ek besluit dat die korporatiewe wêreld nie meer vir my is nie. Ek het toe die kans gevat em my eie bak-besigheid begin. Ek was nog nie een dag spyt gewees nie.

Vertel ons meer van Gary. Hoe het hy jou deur die loop van die reeks ondersteun? Wat was sy reaksie toe jy gewen het?

Gary is my nommer-een ondersteuner. Hy noem homself die “bak-proefkonyn” en ek is soms verbaas met sy pallet en die voorstelle van smaakkombinasies wat hy maak. Hy het ook die vermoë om iets wat jy eet op so ’n wyse te beskryf dat jou mond al klaar water nog voordat jy dit gesien of geproe het!

Toe ek gewen het, het hy vir so ’n groot, robuuste rugbyman, trane in sy oë gehad. Ek dink dat sy hart van trots gebars het. Hy was só trots en bly vir my. Dit is werklik vir my ’n voorreg om in ’n verhouding te wees waar jy as man en vrou só in mekaar se drome kan glo.

Vertel ons meer oor jou bakboek, Corli se kombuis?

Dit is ’n versameling van resepte wat ek oor die jare heen bymekaargemaak het en is in nege hoofstukke opgedeel. Dit was vir my belangrik om ’n boek te hê wat mense in hul kombuise kan hou en werklik kan gebruik. Daarom behels dié boek ’n versameling van resepte vir kos én gebak, want ek voel dat kos maak en bak nog altyd vir my ’n emosionele uitlating was. So in dié boek deel ek resepte wat vir my lekker is om te maak.

Alles van standerd ses pampoenkoekies tot sommige van my Ouma se resepte is daarin saamgevat. Dit is eenvoudige, maklike resepte waaraan ek vir twee maande lank self geskryf het. Ek dink daar is resepte in wat almal sal kan maak en uiteindelik is dit ’n resepteboek wat maklik is om te gebruik.

Wat was vir jou die mees uitdagende bak-uitdaging in die seisoen?

Daar was ’n paar, maar toe ek die roomyskoek gemaak het, het ek myself met die uitvoer daarvan misgis! Ek het ’n fantastiese idee gehad en het gedink dat as ek dit kon uitvoer,sal ek alle verwagtinge oortref, maar ek het die hitte van die kombuis onderskat, asook die tyd van hoe lank ’n roomyskoek in die buitelug kan staan. Tog het die smake fantasties bymekaar gepas. Dit was maar net ’n kwessie van die tyd wat nie saamgewerk het nie.

Wat was die inspirasie agter jou Delft-troukoek?

Ek wil glo dat my bakstyl baie stylvol en klassiek is, met eenvoud daarby. Ek sal sê dat ek dit by my Ouma Corrie geërf het. Haar troukoeke en foto’s was altyd baie mooi in wit met baie fondant-blomme. So toe ons die opdrag kry om ’n troukoek te bak, het ek onmiddellik teruggegaan na dié tradisionele troukoeke toe. En omdat ons koek ’n Delft-tema moes hê, het ek gedink dat ek dit die beste met wit fondant sal kon uitbeeld. Ek het daardie inspirasie gebruik en toe op royal icing besluit om die blou Delft-patrone mee te maak.

Kokkedoortjie is ’n nuwe reeks wat deur die vervaardigers van Koekedoor en Kokkedoor aangekondig is. Het jy enige raad vir die kinders wat daarvoor wil inskryf?

Enige kind wat ’n passie vir kos en kook het, sal dit geniet. En as die Koekedoor-ervaring ’n volwassene kon verryk, is ek seker dat dit ’n kind ook kan verryk, nie net in terme van sy bakvermoë nie, maar ook in sy menswees.

Wat hou die pad vorentoe vir jou in?

Ek is tans in die proses om ’n nuwe winkel in Pretoria oop te maak. Dit sal hopelik binne die volgende paar maande die lig sien. Ek sal verseker ook daarvan hou om my eie kookprogram aan te bied. Omdat dit nogal altyd my droom was om my eie resepteboek uit te bring en dit nou verwesenlik is, is ’n kookprogram die nuwe droom wat ek vir myself stel …

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

2 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

2 days Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

3 days Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.