kategorieë: InspirasieJou lewe

Vier Mandela Dag by die werk

Bak kolwyntjies vir jou kollegas

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bederf jou medewerkers met ’n dosyn varsgebakte kolwyntjies. Nie net sal dit die week op ’n goeie noot afskop nie, dit sal ook almal om jou herinner van die inspirerende figuur wat Madiba vir ons was. Wenk: Maak die kolwyntjies ekstra spesiaal deur Madiba-aanhalings uit te druk en saam met elke kolwyntjie uit te deel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Deel sop uit aan minderbevoorregtes by robotte en stopstrate

’n Lekker, dik groentesop is maklik en goedkoop om te maak. Maak ’n groot pot sop ’n paar dae vóór Mandela Dag en verpak dit in wegneem-bakkies. Deel dan dié bakkies sop uit aan minderbevoorregtes wat jy op pad werk to teëkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kry ’n paar Bybels wat in ’n Afrika-taal vertaal is by jou plaaslike kerkkantoor en deel dit uit aan die skoonmakers by jou werk

Die meeste kerkkantore het gratis Bybels in verskeie Afrika-tale beskikbaar. Kry ’n paar van dié Bybels by jou naaste kerkkantoor en deel dit uit aan jou kantoorblok se skoonmakers, of selfs aan van jou kollegas! Wenk: maak vooraf seker in watter taal die ontvangers hul Bybels graag sal wil hê vóór jy dit gaan afhaal.

Druk inspirerende aanhalings uit op papier en sit in die in die ruit vlieërs van die karre in jou werksplek se parkeerterrein

Gee jou medewerkers moed vir die week met ’n inspirerende aanhaling wat hulle ná werk kan geniet. Jy hoef net duisende rande hierop te spandeer nie. Blote witpapier-uitknipsels sal meer as genoeg wees. Wenk: om die Mandela Dag-tema deur te trek kan jy inspirerende aanhalings van Madiba homself uitdeel.

Maak jou klerekas skoon en skenk tydens jou etensuur, klere aan jou plaaslike kinderhuis of nie-winsgewende organisasie

Ons almal besit ’n paar kledingstukke wat ons lank nie meer dra nie, tog kan iemand anders dit benut! Maak dié Mandela Dag meer persoonlik en gebruik jou etensuur om van jou ou klere aan behoeftiges te skenk. Wenk: besoek die forgood-webtuiste om ’n behoefte in jou omgewing te identifiseer.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

10 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

13 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

17 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.