kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met Kurt Darren

Kurt Darren het pas ’n nuwe enkelsnit uitgereik en as ons so daarna luister, gaan dit verseker weer plesier verskaf aan sy aanhangers. Kurt het met ons oor gesels oor die nuwe liedjie, Jy’s ’n Legend, sy musiek en sy gesin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vertel ons van die nuwe enkelsnit, Jy’s ’n Legend.

Jy’s ’n Legend is ’n lekker positiewe liedjie. Dit handel oor ons alledaagse helde – ons almal het ons eie legends. Dis dalk die ou by die braai wat die perfekte steak kan braai – so lekker sag in die middel. En dan sê jy vir hom: “respek!” Dis die vrou in die winkelsentrum met ’n kind op elke heup, foon teen die oor, trollie in die hand, en ’n glimlag op haar gesig. Dan sê jy vir haar: “respek!” Dis dalk Toks, of jou buurman. Hierdie liedjie wys vir hulle respek. Ten spyte van die slegte goed wat gebeur, ten spyte van mense se moeilike omstandighede, is daar altyd iemand wat ’n legend is en dis belangrik om dit te onthou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wie is vir jou ’n legend?

Ek kyk op na baie van my vriende, maar my grootste held is my pa.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sal dit deel vorm van ’n nuwe album en wanneer kan ons die album verwag?

Ja, dit sal. Ek werk juis aan die nuwe album. Ek sal so drie liedjies vrystel in die volgende paar maande – Jy’s ’n Legend was die eerste van hierdie. Die nuwe album sal so Oktober of November vrygestel word. Ek het ’n jaar en ’n half gelede laas ’n album vrygestel – dis lank terug, maar ek was so besig die afgelope ruk.

Wat het jy onlangs bereik waarop jy trots is?

Net die feit dat mense na my luister is iets waarop ek trots is. Ek voel so geëer dat soveel mense na my luister en my musiek so geniet. Die feit dat ek al 26 CD’s uitgebring het en dat mense steeds daarby aanklank vind is ook lekker. Dan die Ghoema’s en SAMA’s wat ek gekry het vir Beste Pop Album. Ek geniet ook die Super Sokkie-reeks, wat nou al in sy derde jaar is. Ons het ’n Party Cruise daarby en vir die eerste keer sal dit hierdie jaar in Sun City ook plaasvind. Dit gaan ’n hele naweek vol pret wees en ek voel so bevoorreg om saam met my vriende, ander kunstenaars, te kan optree voor so ’n waarderende gehoor.

Hoe voel dit om te weet dat baie mense lekker dans op jou musiek?

Dis ’n voorreeg om te weet dat mense dit geniet. Ek weet daar is ook mense wat dit nie geniet nie – ek is nie elitist oor my musiek nie, almal het hul eie smaak. Dis wel ’n uitdaging om iets te maak waarvan soveel mense hou en ek is bly as ek dit kan regkry.

Wat inspireer jou musiek?

Kyk, ek kan op enige plek skryf – in ’n restaurant, in ’n vliegtuig … oral! Ek kan nie ophou skryf nie. Ek mors ook nie sommer tyd nie, ek is heeltyd besig, selfs wanneer ek met vakansie is. Ek kry my inspirasie uit die mense om my: daar is altyd soveel stories. Ek skryf wat ek by ander leer. Ek skryf nie sommer oor negatiewe goed nie  – ek is maar ’n positiewe ou en ek hou daarvan om die positief in dinge raak te sien. Ek toer deesdae nogal baie oorsee, en ek het besef dat al gaan dit moeilik met ons, dit gaan oral moeilik. Almal het iets waarmee hulle sukkel en die gras is nie noodwendig groener aan die ander kant nie. Ek sien gereeld expats wanneer ek optree en gee nie om hoe goed dit gaan nie, hulle mis die huis en die mense hier. So, ons is eintlik gelukkig op die ou einde om tussen sulke spesiale mense te kan wees. En ek wil dit vier in my musiek.

Jy was juis onlangs op toer in die VSA?

Ja, nee, ek het gister (20 Julie) teruggekom, so ek is maar nog moeg hoor! Ek het 16:30 geland en ek moes vanoggend weer 03:00 opstaan vir ’n radio-onderhoud. Maar dis lekker, ek geniet dit. Ek sal nog slaap opvang! Ek was in Dallas en in Chattanooga waar ek shows gespeel het. Dit was awesome. In Chattanooga het ek voor 700 mense gespeel – en mense het lekker gedans en lekker gekuier. Ek maak voorbranding vir ’n reeks konserte daar saam met Snotkop, Jay en Nadine. Ons gaan reis deur Australië, Nieuw-Zeeland, Kanada en natuurlik ook die VSA. Maar ek moet erken, dit raak moeilik met die kinders. Kyrah wil nie meer met my net oor die foon gesels nie – sy wil my fisies sien. So dis moeilik om vir ’n week, twee weke lank weg te wees. Ek wil nie hê sy moet musiek as iets negatief ervaar nie; dit sal vir my baie jammer wees.

Terwyl ek die onderhoud met Kurt gevoer het, het hy buite saam met sy eersteling Kyrah (nou 2 en ’n half jaar oud) gestap. Sy wou na die honde kyk, na die visse in die dammetjie, en het gereeld goed vir hom uitgewys …

Hoe raak vaderskap jou?

My twee kinders het my ’n tweede asem gegee in my loopbaan. Hulle inspireer my om harder te werk en om elke oomblik te waardeer. Hulle het my ook meer geduld geleer. Mense wat my ken weet ek duld nie eintlik luiheid of slordigheid, of mense wat laat is nie. Maar vaderskap het my kalmeer. Hulle maak ook dat ek probeer om die beste persoon te wees wat ek kan vir hulle en dis baie spesiaal. Mense sê ook vir my dat dit lyk asof ek op ’n goeie plek is en dat ek gelukkig lyk – en ek is!

Jy en jou gesin bly deesdae in die Wes-Kaap. Wanneer het julle hierheen getrek?

Ons bly al so twee-en-’n-half jaar hier.

Hoe ervaar julle dit hier onder?

Dis baie lekker en mooi, maar die meeste van my konserte is baie ver van die huis af weg en ek moet baie reis. Ek voel ek sien my gesin nie genoeg nie. Dalk het ons te vroeg getrek … ons sal maar ’n bietjie moet dink oor wat ons gaan doen hieroor.

Jy is baie erg oor jou gesin.

My gesin, nes ek, is what you see is what you get. Ons is baie gelukkig. Ek het nou die dag met Dunay gesels oor hoe bevoorreg en gelukkig ons is met ons twee kinders en die tyd wat ons saam kan spandeer. Kyrah sing al – sy ken al my liedjies. Maar ek gaan haar nie druk om te sing nie, sy moet haar eie paadjie loop. Ek wil haar eie keuses aanmoedig. Verder is my gesin baie belangrik vir my en ek wil elke oomblik wat ek kan saam hulle spandeer. Ja, wanneer ek werk, dan fokus ek en doen ek dit voluit. Maar daarna is daar nie goed wat my aandag meer aftrek nie. Dis dalk selfsugtig, maar ek wil net soveel tyd met my gesin spandeer. Ek weet mense sê die tyd gaan altyd so gou verby as jou kinders klein is, maar nie vir my nie. Ek geniet elke oomblik met my kinders en leef myself in elke ervaring in. Ek kan nie glo ek het sulke mooi kinders nie – maar ek weet dis waar wanneer ek na Dunay kyk. Hulle is net so mooi soos hulle ma. Ek waardeer hulle verskriklik en ek voel so geseënd om my gesin te hê en om tyd met hulle te kan spandeer.

Jy kan hier na Kurt se nuwe enkelsnit, Jy’s ’n Legend, luister: https://sonymusicafrica.lnk.to/XMkPm

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.