kategorieë: Bekendes

Ons gesels met Liza Brönner

Jy was drie jaar terug die publiek se gunsteling vir die kykNET-realiteitsprogram met Liefling se teaterproduksie, en fantasties as Lika Berning se troonopvolger vir die rol van Liefling. Hoe lyk jou lewe sedertdien?

Sjoe, Liefling was so groot hoogtepunt in my loopbaan, maar ’n mens moet vorentoe en aan beweeg. Ek het weer begin skryf en werk aan ’n nuwe CD, en tussendeur doen ek nog steeds vertonings. Ek dink nie mense weet altyd hoeveel werk in die skryf en vervaardiging van ’n CD gaan nie. Ek het die proses baie geniet en was bevoorreg om saam met Vaughan Gardiner te skryf, en ek het baie by hom geleer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is die boodskap wat jy wil uitstuur met jou nuwe album?

Liefde het soveel verskillende emosies en aspekte, en ek dink hierdie CD vat mens op daardie reis. Daar is regtig iets waarmee elke persoon kan vereenselwig en ek hoop dat dit vir elkeen wat luister iets kan beteken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Waarvan hou jy die meeste van liedjies op die album soos Emosioneel en Wonder of jy weet?

Emosioneel en Wonder of jy weet is vir my baie spesiaal omdat dit twee van my babas uit my eie pen is. Dit is my hart op papier en ek is mal oor die manier wat Jake Odendaal dit vervaardig het, dit voel of hy hierdie “skeppings” van my lewe gegee het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou mees onlangse liedjie en musiekvideo, Verlief op die idee van my, het baie goed gedoen. Wat is die storie daaragter?

Baie dankie, ja ek’s baie dankbaar dat hy so goed doen! Die liedjie gaan daaroor dat mense baie keer verlief raak op ’n idee van hoe hulle wil hê ’n persoon moet wees, en dan wil hulle jou verander of in ’n blikkie druk om in daardie raamwerk te pas, in plaas daarvan dat hulle die hart van ’n persoon sien en liefkry.

Jy het self baie van die liedjies op die album geskryf. Hoe oorkom jy skrywersblok?

Ek skryf gewoonlik as ek baie kwaad, baie opgewonde, baie hartseer of baie gelukkig is en die feit dat ek ’n emosionele tipe persoon is, help in daardie opsig. As ek vashaak, moet ek net sorg dat iemand my kwaad maak (lag). Ek sit nie te veel druk op myself om binne ’n sekere tyd iets klaar te kry nie en dit help nogal baie. Ek sal partykeer vir maande lank met ’n konsep of wysie rondloop en dit dan so stuk vir stuk aan mekaar sit.

Jy was uitstekend op die verhoog. Sal jy graag weer so produksie wil doen?

Baie dankie! Ja ek sal definitief weer so iets wil doen as dit die Here se wil is. Ek dink die “toneel gogga” het my gebyt (lag).

Sou jy jouself as ’n bekende binne die Suid-Afrikaanse konteks beskou?

“Bekendheid” is ’n relatiewe begrip en kan vir my nogal negatief oorkom want mense het ’n verwronge persepsie van hoe ’n “bekende” moet wees. Vir my gaan dit glad nie daaroor nie. Ek dink die Here het vir my ’n talent gegee, en ek probeer om dit tot die beste van my vermoë te gebruik. Solank ek in die Here se wil is en doen wat Hy van my verwag, of dit nou sing, charity, of net is om ’n goeie vrou vir my man te wees, is ek tevrede.

Wat is op die oomblik jou grootste uitdaging?

Om uit te vind of ek in God se wil vir my lewe wandel.

Hoe lyk ’n gewone dag vir jou?

Ek moet elke dag begin met ten minste een koppie koffie …  Om ’n kunstenaar te wees, vat baie self-dissipline. Ek werk die meeste van die tyd aan nuwe musiek en/of konsepte. Dinsdae help ek uit by die Hanna Charity met die tienermeisies. Ek ondersteun my man in sy beroep en sorg dat almal se magies vol bly, en dan is daar natuurlik maar die huiswerkies wat ons dames ook maar doen, en op naweke doen ons meestal vertonings.

Mooi, mooier, Liza! Wat is jou top-drie skoonheidsreëls?

Ek kan nie gaan slaap sonder om ’n lekker warm bad te vat en my gesig te was nie, al is dit 12uur ná ’n vertoning. Ek probeer ook so gesond as moontlik eet, maar kry dit nie altyd so lekker reg nie (lag). Hulle sê ’n gelukkige vrou is ’n mooi vrou. Ek weet nie wie die “hulle” is nie, maar ek dink ook so. Skoonheid kom van binne, so ek probeer so veel al moontlik lag, sommer oor als.

Wat is die belangrikste ding wat jy van die vermaakbedryf geleer het?

Dat jy hard moet werk vir dit wat jy wil hê. Niks gaan sommer net in jou skoot val nie. En sonder die Here is dit nie moontlik nie.

Volg vir Liza op sosiale media:

Facebook: Liza Bronner
Twitter: @LizaBron
Instagram: lizabron

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.