kategorieë: WenkeSkoonheid

Sonnige somerwenke

‘Tech’-nek

Jou kop en nek buig al hoe verder vorentoe wanneer jy heeldag op jou foon loop en kyk. Dit kan lei tot nek- en rugpyn en ’n nek vol plooie. “Die ‘tech’-nek of ‘verder vorentoe’-nekpostuur is ’n groot probleem – daar word bereken dat jou nek 4,5 kg swaarder moet dra vir elke 2,54 cm wat ons nekke vorentoe beweeg,” verduidelik die Kaapse chiropraktisyn dr. Tessa Gukelberger. Dit is baie belangrik om oefeninge te doen wat jou nek en rug versterk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy beveel dié maklike oefening aan – doen dit sommer by jou lessenaar: Kyk vorentoe en druk die palm van jou dominante hand met sowat 70% van jou krag vir 10 sekondes teen jou voorkop. Jou kop sal stabiel bly, want jou hand voorkom beweging. Doen dieselfde oefening aan die agterkant van jou kop: vleg jou vingers ineen, plaas dit agter jou kop en druk jou kop agtertoe. Doen dit drie maal per dag. Let wel: jy moet geen skerp pyne voel nie, anders doen jy iets verkeerd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die nek se vermoë om verder vorentoe te buig veroorsaak daardie ekstra plooie waarmee ons op die nek en bors sukkel. “Die nekvel is dunner en delikater en meer geneig om te kreukel, veral omdat dit ’n herhalende beweging is wat oor ’n lang tydperk net tot meer plooie sal lei. In die stadium is ek nie bewus van enige kliniese navorsing wat op die gebied gedoen is nie,” sê ’n Kaapstadse dermatoloog, dr. Ian Webster.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Die meeste mense het ’n goeie velsorgroetine vir die gesig, maar ignoreer hul nekke,” sê Leila Marx, opleidingsbestuurder vir Estée Lauder en Tom Ford. As dit by velversorging kom, moet jy jou verbeel dat jou gesiggedeelte tot net bokant jou borste strek. Leila beveel aan dat jy twee keer per dag Estée Lauder se New Dimension Tighten + Tone Neck/Chest Treatment met die spesiale aanwender in sirkelbewegings op dié gedeelte gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Kristina Stojiljkovic

Sellulietstryd

Ons glo nie dat enige potjie room of behandeling op sy eie selluliet heeltemal sal kan wegneem nie. Gesonde eetgewoontes (vars vrugte en groente, water en minder kafeïen en alkohol), oefening en die gebruik van rome of ander produkte en/of behandelings is jou opsie.

Dis ’n goeie idee om ’n lyfskrop te gebruik, of ’n wasproduk waarmee jy jou lekker in die stort kan masseer (dis sommer goeie oefening vir die arms ook). Vryf daarna die room met ’n masseer-beweging aan jou lyf. Hoe meer jy die vel knyp en beweeg hoe beter, want dit verseker dat die gifstowwe kan ontsnap wat tussen die vetsakkies vasgevang is.

Sonbruin

’n Skoolvriendin het altyd gesê sonbruinselluliet is mooier as wit selluliet! Nou weet ons almal dat kitsbruin beter as sonbruin is. Gelukkig het die meeste selfverbruiningsprodukte nie meer daardie aaklige geel kleur of slegte reuk van my hoërskooldae nie!

Foto: Pexels

Selfverbruining

Indien jy die tegniek al goed bemeester het en sommer dadelik (of binne ’n paar uur!) wil lyk of jy ’n seevakansie agter die rug het, is dié metode ideaal:

• Begin al sowat ’n week voor die tyd om jou lyf te skrop en bevogtig omdat ’n droë vel ’n streperige resultaat sal gee.
• Hoe meer jy die produk meng en vryf, hoe beter is die kanse dat jy dit egalig aanwend.
• ’n Gekleurde produk wend makliker aan, want dan kan jy sien waar jy te veel of te min gebruik het.
• Was dadelik jou hande met warm seepwater.
• Wend dit saans ná ’n bad of stort aan. Trek donkerkleurige nagklere aan en wag so ’n uur voor jy in die bed klim.
• Indien die kleur op sommige plekke onegalig lyk, verwyder dit met ’n skroproom en smeer nog ’n ligte lagie aan.
• ’n Getinte lyfroom sal ook help om streperigheid weg te steek.

Geleidelike selfverbruining

Hierdie produkte bevat ’n kleiner hoeveelheid van die bestand-deel wat kleur gee en die donkerder lyfkleur ontwikkel geleidelik. Foute is minder sigbaar en jy het meer beheer oor hoe donker of lig die resultaat moet wees. Wend dit aan soos jy selfverbruinings-produkte aanwend (nie soos lyfroom nie!)

Getinte lyfroom

Dis ’n goeie keuse wanneer jy ’n bietjie kleur op die lyf wil hê, maar skrikkerig vir die selfverbruiningsproses is. Die produk is soos grimering vir jou lyf en baie van die formules was ook nie af wanneer jy swem nie. Ons hou van The Body Shop Honey Bronze Drops of Sun Holiday Glow. Jy gooi net ’n druppel (of meer as jy dit donkerder wil hê) hiervan by jou gewone room (gesig of lyf) vir ’n mooi, mat sonbruinvoorkoms sonder skitterende deeltjies of ’n oranje kleur.

Foto: Pexels

Sonslim

• Vermy die son tussen 11:00 – 16:00
• Wend sonroom altyd 30 minute voor sonblootstelling aan
• 80% van sonskade word voor 18 jaar opgedoen
• Dra ’n diggeweefde hoed en ’n sonbril met UV-beskerming
• 7 teelepels: dis hoeveel sonskerm jy moet aansmeer
• Moenie sonskerm vergeet op jou lippe, slape, bokant van kop, bokant van voete, ore en agterkant van nek nie

SBF: Sonbeskermingsfaktor

Hoe lank kan jy in die son wees voor jy brand? Mense met ligte velle kan dalk so 15 minute in die son wees (ander minder of meer). Vermenigvuldig dit met die SBF-getal om te weet vir hoe lank jy beskerm is.

SBF 15 x 15 minute = 225 minute.
SBF 30 x 15 minute = 450 minute.
SBF 50 X 15 minute = 750 minute.

Gebrand?

• Koel af. ’n Vinnige koue stort met geen seep nie.
• Bevogtig met ’n room wat geen alkohol of parfuum bevat nie en ook nie ’n oliebasis het nie.
• Verminder inflammasie deur ’n anti-inflammatoriese pil soos ibuprofen of aspirien te drink.
• Drink ekstra water sodat jy nie dehidreer nie.
• Gaan dokter toe as jy erge waterblase het wat ontsteek, of as jy naar of duiselig voel.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.