kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met Martin Bester

Martin Bester, radio-aanbieder, TV-persoonlikheid, sanger én akteur het ’n tydjie afgeknip om met ons te gesels oor sy nuwe radioprogram, sy planne vir die jaar en eerste kere.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy het pas ’n groot skuif gemaak by JacarandaFM – van die Martin Bester Drive Show in die middag na die Breakfast Show saam met Tumi Morake soggens. Wat is tot dusver jou indrukke van hierdie verandering?

Dit is ’n splinternuwe uitdaging. Die ontbytprogram is die stasie se vlagskipprogram, so dit is ’n voorreg en ’n groot verantwoordelikheid waarna ek baie uitsien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is daar ’n groot verskil om ’n oggendprogram aan te bied teenoor ’n laatmiddagprogram en hoe probeer jy dit benader?

Daar is ’n verskil. Dit is ’n splinternuwe program met ’n nuwe span. Ons probeer vir mense iets nuuts en anders gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tumi is ’n komediant en bekroonde aktrise en jy is pas aangewys as die land se gunsteling- radio-aanbieder vir die derde keer in ’n ry. Vertel ons van die dinamiek tussen jou en Tumi en wat ons van julle twee kan verwag?

Ek het baie tyd vir haar as mens en as komediant. Ons het het mekaar in ’n kort tydjie goed leer ken. Ek hou van dit wat sy na die show bring; sy is opreg en is nie bang om kwessies aan te vat nie. Ons hou dit “real” en vul mekaar aan. Ons verskil oor baie goed en dis oukei. Ons stem ook oor baie goed ooreen.

Dis Tumi se eerste keer op radio en jy het haar sommer dadelik reggehelp op die lug. Wat dink jy kan jy vir Tumi leer?

Sy is baie gretig om te leer, wat lekker is. Oor my kultuur, oor radio, oor JacarandaFM … Daar is ook natuurlik ’n paar Afrikaanse woorde wat sy moet afleer. 😉

Julle het reeds binne die eerste paar dae van jul program goeie reaksies gekry van die luisteraars. Hoe voel jy oor hierdie positiewe terugvoer?

Ek dink mense is lus vir iets nuuts en anders, wat lekker is. Ons wil hulle graag verras en met ons eie pas en energie aan die gang kry. Ek dink die program weerspieël Suid-Afrika nogal goed.

Ten spyte van ander vorms van media bly radio gewild. Waarom dink jy is dit so en waarom bly radio ’n belangrike medium vir kommunikasie?

Dis natuurlik baie toeganklik, interaktief en onmiddellik. Bowenal is daar die “theatre of the mind”-aspek: die feit dat jy luister en die res met jou verbeelding moet invul.

Julle kry gereeld gaste in die ateljee. As jy met enigiemand kon gesels, wie sou dit wees?

Daar is so baie akteurs, sangers, politici wat ek graag in die ateljee sal wil hê, maar op hierdie stadium sal dit dalk interessant wees om ’n bietjie in Donald Trump se gedagtes te gaan ronddwaal.

Jy het in Maart vanjaar jou solo-album, Vir die Eerste Keer, vrygestel. Waarom het jy hierdie besluit geneem en hoe het jy dit benader?

Dit is iets wat ek lankal wou doen, maar die tyd het nou reg gevoel. Ek voel nou meer tuis in die Afrikaanse musieklandskap as ooit tevore. Wanneer dit by musiek kom, doen ek soos ek voel en nie soos ek dink dit moet wees nie. Ek is mal oor musiek en wil dit altyd so eerlik en opreg as moontlik hou. Ek deel baie van myself deur my musiek.

“Wanneer dit by musiek kom, doen ek soos ek voel en nie soos ek dink dit moet wees nie”

Vanwaar die naam “Vir die Eerste Keer?”

Daar is ’n eerste keer vir alles as dit by enigiemand kom. Dit maak nie saak wie jy is, waar jy is, of hoe jy is nie – vind daai eerste keer. Dis bevrydend!

Wat beteken hierdie album vir jou persoonlik?

Vreeslik baie! Ek is trots op elke liedjie, want elke liedjie vertel sy eie storie en leef in sy eie spasie. Ek en Marius Brouwer (die vervaardiger) het baie tyd en liefde toegewy om hierdie album te kry presies soos ons dit wou hê. Ons het ons tyd gevat en is baie gelukkig met die uitkoms.

Jy is ook deel van die rockgroep Kinky Robot. Julle liedjies is gewoonlik in Engels en nou het jy ’n soloprojek begin waar jy in Afrikaans sing. Vertel ons meer.

Ek is heeltemal tweetalig so dit is maklik vir my. Maar, ek moet sê, om in Afrikaans te sing is baie spesiaal. As dit by skryf kom, kom dit soms nog makliker in Engels, want ek doen dit baie langer en jy word groot met soveel Engelse musiek om jou van oral oor die wêreld. Ek hou baie van waar Afrikaanse musiek nou is, dit voel of daar baie meer verskeidenheid is.

Jy het verlede jaar in die film Sonskyn Beperk verskyn, en voor dit in rolprente soos Vrou Soek Boer en Pretville. Is daar enige nuwe verskynings op die horison vir jou?

In die toekoms, beslis ja. Dit is my eerste liefde saam met musiek. Vir nou gaan dit goed in radio en TV, maar daar sal ’n tyd kom wanneer ek myself meer daaraan sal wil toewy.

Jy het ook al toneelwerk gedoen. Hoe verskil die verskillende mediums?

Dit is alles baie verskillend, maar terselfdertyd kom dit alles neer op vermaak. Ek hou van optree en mense vermaak, dis maar net verskillende platforms: elkeen op sy eie manier, met sy eie uitdagings, voordele en beperkings. Dit hou die lewe interessant en my uit die kwaad! Ek glo, as jy kan en terwyl jy kan, doen dit.

Daar is heelwat liefdesliedere op jou album. Is daar iemand spesiaal in jou lewe op die oomblik?

Dalk …

Gepraat van liefde – jy deel gereeld foto’s op Instagram oor vuurmaakplekke. Vertel ons meer van jou voorliefde vir kaggels.

Ek is mal oor ’n kaggel en ’n vuur. Dit vul my met vrede en dit maak my rustig. Dieselfde met die see. Dit verander gedurig, dis nooit dieselfde nie, dit laat my ook diep nadink oor als. Baie dieper, natuurlik, saam met goeie rooiwyn.

Die jaar is nou maar eers halfpad en jy het reeds so baie goed reggekry! Watter planne het jy vir die res van die jaar?

Ek sien uit daarna om met my album te toer saam met my groep en om op te tree by soveel moontlik plekke in ons mooi land. Die Vir die Eerste Keer-toer behoort so September of Oktober af te skop tot diep in die nuwe jaar in …

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.