kategorieë: Skoonheid

Kussinggrimmering

Wat is kussinggrimering?

Kussinggrimering is ’n sponserige kussingaanwender wat ’n mooi dekking verseker en ideaal is om ’n natuurlike grimeervoorkoms te skep. Die sponsie absorbeer net genoeg van die vloeistof sodat jy dit spaarsamig en effektief kan gebruik. Baie van die produkte bevat ook ’n klein sponsie wat jy voor aanwending op die “kussing” klad. Dit is ’n maklike manier om veral onderlaag aan te wend en dit lyk ook baie egalig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Onderlaag-kussinggrimering

Onderlaag-kussinggrimering het soortgelyke eienskappe as ’n BB-room, dit is net met ’n kussingaanwender gekombineer. Dit omskep die vloeibare onderlaag in ’n ligter emulsie wat dan maklik aanwend en intrek in jou vel. Jou vel sal dus ’n beter tekstuur en gevoel hê en ook mooi gesond lyk. Die meeste kussinggrimering-produkte bevat ook sonbeskerming en is lekker kompak. Dit is ook ideaal om saam te neem wanneer jy reis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons gunstelinge

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lancôme Teint Idole Ultra Cushion (R499)

Dior Diorskin Forever Perfect Cushion (R815)

The Body Shop Cushion Foundation (R350)

Lancôme Juicy Shaker 166 in Walk the Lime (R270)

#rrwenke

  • Vir ’n swaarder dekking, gebruik meer van die produk
  • Maak gereeld die aanwending-sponsie skoon
  • Moet nie jou sponsie met ander mense deel nie.

Verbruikersgids

Lancôme is beskikbaar by uitgesoekte Foshini en Woolworths-winkels of skakel 0860 102 491

Dior is beskikbaar by uitgesoekte Red Sqaure-winkels. Klik hier om jou naaste winkel te vind of skakel 021 442 7700

The Body Shop is beskikbaar aanlyn of by The Body Shop-winkels.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.