kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met Themba Ntuli

Deur Catherine Schenck. Foto’s: Jay Loots en Wihan Ellmann

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In Meerkat Maantuig vertolk jy die rol van ’n jong seuntjie genaamd Bhubesi.

Hierdie karakter is ’n jong swart seuntjie wat saam met sy ma, oupa en ouma op ’n plaas woon. Hy is vol lewe en het baie energie ten spyte van die wolk wat oor sy kop hang: die wete dat hy binnekort sal sterf. Hy laat egter nie toe dat hierdie wete sy persoonlikheid of sy hoop beïnvloed nie. Ook nie sy droom om eendag ruimte toe te gaan nie – wat ook die rede is waarom oupa (gespeel deur Pierre van Pletzen) ’n maantuig bou. Bhubesi is doof en effe stom, maar hy laat nie toe dat dit hom onderkry nie. Hy is die een kind wat vol vertroue en vreugde is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ons twee onderhoude met Pierre van Pletzen: klik hier en hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe was dit om so jong karakter te speel, en dan nog een wat nie juis praat nie?

Om eerlik te wees, was dit nie regtig ’n maklike rol om aan te pak nie, aangesien ek wel kan hoor. Een van die maniere waarop ek die rol kon aanpak was om oorpluisies in my ore te druk om die hoeveelheid klank wat ek om my hoor te verminder. Toe moes ek ook leer hoe om klank uit my kop te hou deur van die spanlede te ignoreer as hulle met my praat – ek het bloot gemaak asof ek hulle nie hoor nie. Laastens moes ek ’n manier vind om met Gideonette (Anchen du Plessis) te kommunikeer en ’n ander manier vind om alles oor te dra wat ek wou hê sy vir my moes doen. Ek moes hier en daar gedempte klanke en steungeluide insit en ek moes fisies artikuleer wat ek wou hê, wat nogal uitdagend was.

Wat dink jy is die grootste boodskap in die film?

Om nooit op te gee nie. Om nooit toe te laat dat vrees jou vreugde steel nie. Dit gaan daaroor om werklik jou vrese te oorkom – van die onbekende tot die dood. Die boodskap is verder dat jy jou lewe ten volle moet leef. Doen alles wat jou gelukkig maak en vind vreugde in die klein dingetjies. Want, in alle eerlikheid, ons gaan almal op een of ander punt sterf, maar dis wat ons met die tyd doen wat aan ons toegelaat is wat alles die moeite werd maak. Dit gaan daaroor om verhoudings te bou en om dinge te vind wat jy en die mense om jou in gemee het.

Het jy lekker saam met die ander akteurs gewerk?

Hulle is wyse akteurs: hulle is op dieselfde tyd professionele akteurs en mense wat lief is vir dit wat hulle doen. Dit is soveel makliker om met sulke mense te werk – mense wat met liefde gevul is en wat weet hoe om hul Godgegewe talente te gebruik. Dit was so ’n ongelooflike stel propvol liefde en geluk, ten spyte van al die uitdagings wat ons gehad het – soos om in die modder en reën te verfilm.

Die film is baie gewild oorsee – julle het al verskeie toekennings en benoemings gekry. Hoe voel dit om te weet jy is deel van ’n fliek wat internasionaal bekend is?

Dit beteken so baie vir ons omdat elke lid van die span soveel moeite en tyd in hierdie film geploeg het. Almal het hul alles gegee en ek glo dit het ons almal baie trots gemaak omdat ons as ’n span saamgewerk het om dit te kan bereik. Ons is almal baie opgewonde oor die film en oor die projek as ’n geheel.

Lees hier oor Meerkat Maantuig se gewildheid oorsee

Wat is die snaaksste ding wat op stel gebeur het?

Omdat ons tydens die reënseisoen in Magoebaskloof geskiet het, het baie van die bemanning aanhou gly en val – wat elke keer baie snaaks was. Ek het een keer amper geval … maar gelukkig op die ou einde darem toe nie.

Foto: Jay Loots en Wihan Ellmann

Jy het jou loopbaan by Rhythm City begin toe jy nog op hoërskool was en het mense vinnig beïndruk met jou spel. Wat het jy by die sepie geleer en hoe het dit die res van jou loopbaan beïnvloed?

Ja, my grootste deurbraak was by Rhythm City waar Rolie Nikiwe, regisseur, die persoon was wat my die geleentheid gegun het. My toneelspel was nog altyd ’n Godgegewe talent. Dis wat God in my geplaas het. So, toe ek my loopbaan begin het, het ek geglo in my talent en ek het daarin geglo om te doen wat ek moet doen. Om in ’n sepie te kon speel, het my geleer hoe om in ’n span te werk saam met mede-akteurs. Dit het my verder geleer om my werk te respekteer en om meer en meer professioneel te word.

Jy het film studeer en gefokus op draaiboekskryf en regie en jy werk ook as draaiboekskrywer. Waarmee is jy tans besig?

Ja, ek het by die AFDA-filmskool studeer waar ek ’n BA-graad ontvang het met hoofvakke in draaiboekskryf en regie. Dit het na my studies nogal ’n tydjie geneem om my skryfvaardighede te ontwikkel oor ander goed wat in my lewe gebeur het waarheen God my geroep het op daardie punt. Maar ek het darem al ’n paar skryfgeleenthede gehad, soos om vir Snake Park, Ntunjambili en OM Films te skryf. Ek het onlangs ook aan my eie oorspronklike werk begin skryf, soos ’n sitkom en ’n geselsprogram wat ek steeds probeer ontwikkel. Ek glo daar is nog opwindende goed wat voorlê.

Wat het jou geïnspireer om ’n akteur te word?

As kind het ek baie flieks gekyk. Dit was gedurende die era van Sjinese Kung Fu-flieks en verskeie ander films. Ek het veral van Denzel Washington se werk gehou, asook Will Smith, Robert De Niro, Danny DeVito, Leonardo DiCaprio en baie ander.

Wat wil jy nog vermag?

Ek werk op die oomblik aan projekte vir my stigting, die ThembaTalksMIND™️ my handelsmerk as akteur, spreker, jeug-lewensafrigter en toneelspelonderwyser vir jong kinders. Ek wil regkry wat Tyler Perry met sy films, werk, en loopbaan vermag het. Alhoewel baie mense hom stereotipeer, glo ek hy het iets ongelooflik met swart Amerikaanse films gedoen en hy het al saam met ’n klomp wonderlike mense in sy leeftyd gewerk. Ek sal ook eendag graag VSA toe wil gaan en daar as filmmaker groei.

Is daar ’n rol wat jy nog baie graag wil speel? Of ’n spesifieke storie wat jy wil skryf?

Ek wil nog baie rolle vertolk en veral karakters speel wat ek vir myself geskep en geskryf het. Ek sal ook graag betrokke wil raak by animasies. Verder sal ek graag die regie wil behartig van ’n storie oor Jesus in vandag se tyd en hoe anders dinge sou gewees het met die stand van ons wêreld soos dit nou is.

Wat is die lekkerste ding wat jy al ooit vir ’n produksie moes doen?

Om Joss Weadon te kon ontmoet. Hy is een van die regisseurs vir die Marvel-flieks en ek kon ’n derde assistent-regisseur wees in die Avengers-fliek wat in Suid-Afrika geskiet is. Ek het ook die geleentheid gehad om te speel en derde assistent-regisseur te wees in Sean Penn en Charlize Theron se fliek The Last Face, asook in Resident Evil: The Last Chapter.

Wat is jou stokperdjies en belangstellings?

Om flieks te kyk, teater toe te gaan, te lees en die woord van God asook ander tekste te bestudeer. Dan is korfbal ’n nuutgevonde belangstelling en daarmee saam geniet ek bordspeletjies en PlayStation.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie.

Ek glo dit wat mense tans van my weet, is dat wat hulle nou nodig het om te weet. Die res sal onthul word wanneer die tyd reg is.

Wat is jou gunstelingkos?

Hamburgers en ribbetjies.

Wat is jou lewensleuse?

Ek leef volgens ’n Bybelversie wat my nog altyd aangemoedig het wanneer ek iets wil doen of ’n sekere keuse moet maak. Dit kom uit Spreuke 3:5-6: “Vertrou volkome op die Here en moet nie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Hierdie is my lewensleuse en dit is wat my dryf. Dis my vertroue in Jesus Christus en om volgens sy woord te lewe.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

9 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.