kategorieë: Bekendes

Ons gesels met Tracey Lange van Bravo!

Vertel ons meer van Relate Bracelets. Hoe het die inisiatief ontstaan?
Die doel was om ’n volhoubare oplossing te vind wat mense in nood kan help met ’n geleentheid om hul omstandighede te verbeter en om van ons land se probleme aan te spreek. Dit skep werksgeleenthede en hierdie individue verdien nie net vir ’n rukkie geld nie, maar hulle kan ook werk na onafhanklikheid toe. Relate gaan nie oor wins nie, elke sent word teruggeploeg in diegene wat die bandjies maak en dan ook in die verskillende liefdadigheidsorganisasies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waarvoor staan Relate?
Relate” is ’n woord met dieper betekenisse wat direk verband hou met dit waarvoor die armbandjies staan. Betekenisse soos “verband hou” en “aansluiting vind” en “verhoudings” en “verwantskap”. Relate bind mense saam en die armbandjies is ’n tasbare ding – iets wat wys dat mense weet hoe om hul liefdadigheidsbydraes op ’n verantwoordelike manier te maak om te weet dat elke sent gebruik word om goeie dinge te probeer doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Word die armbandjies vir ander vorme van liefdadigheid as Movember gebruik?
Baie organisasies wat geld insamel vir liefdadigheid maak gebruik van Relate Bracelets om die armbandjies te maak, en dit word dan in verskillende winkels verkoop, maar is ook beskikbaar op Relate se webwerf. Tussen April 2010, toe Relate begin het, en September 2014, kon Relate R21.5 miljoen belê en skenk. Hulle het 60 liefdadigheidsorganisasies ondersteun en meer as 1.4 miljoen armbandjies wêreldwyd verkoop. Daagliks word 300 mense bemagtig om ’n inkomste te verdien met die maak van die armbandjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is jou grootste droom vir liefdadigheid?
Liefdadigheid kan so maklik iets wees wat jy vandag vir mense gee en môre van vergeet. Maar Relate maak seker dat die mense nie van ‘handouts’ lewe nie, hulle ‘vang self hulle vis’ en verseker sodoende dat hulle elke dag kan eet. Relate doen dit so goed en dis hoe ek voel elke liefdadigheidsorganisasie behoort te wees.

Waarom is liefdadigheidsveldtogte vir jou so belangrik?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sodat ons kan onthou dat ons nie alleen hier is nie, dat daar so baie mense is wat nie in staat is om net die basiese in die lewe te kan bekostig nie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.