kategorieë: Reis

Gly deur die Tsitsikamma-bos

Dalk het jy al van ’n brug af gespring, per fiets deur die bos gery of in die water gespeel in die klowe van die Tsitsikamma. Maar het jy al ooit op ’n Segway geklim en deur die inheemse woude van die area gegly?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Segway-toere is ’n nuwe manier om die Tuinroete Nasionale Park se skoonheid en bosse op twee wiele te verken. Die beste van alles is dat enigiemand dit kan doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Segway is ’n persoonlike karweier met twee wiele wat self-balansering verg en deur ’n battery aangedryf word. Om dit te bestuur, verskuif jy bloot jou liggaamsgewig vorentoe of agtertoe op ’n platform tussen twee wiele. Dit is onmoontlik om net om te val aangesien die tegnologie die balans van ’n gebruiker sowat 100 keer per sekonde bereken. ’n Stuurstang word gebruik om dit in die gewenste rigting te stuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie aktiwiteit bied iets anders as fietsry en kan in die Stormsrivier-area geniet word. Besoekers kan ook ’n langer reis bespreek wat ’n besoek aan die Tsitsikamma-woudreus sal insluit. Dit is ’n ervaring wat jou die kans sal gee om een van die beroemde bosreuse van nader te bekyk.

“As besoekers terugkeer vir ’n tweede of derde toer, kan reëlings getref word om ander roetes te volg,” verduidelik André Kruger, eienaar van Tsitsikamma Segway Tours.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Iets vir die hele gesin

Die beste deel van die ervaring is dat dit deur die hele gesin geniet kan word. Volgens Kruger,kan enigiemand wat kan staan ’n Segway bestuur. “Dit neem jou ’n minuut om te leer en die masjien te verstaan.” Geen ouderdomsbeperkings geld nie, maar iemand wat wil deelneem, moet ten minste 1.1m lank wees.

Die opleidingsessie sal jou leer hoe om struikelblokke te vermy. Daar is reëls om te verseker deelnemers is veilig en geniet die ervaring. Dit sal gedurende die opleiding en tydens die toer verduidelik word.

Dit is heeltemal veilig om ’n Segway te bestuur. Almal wat deelneem, dra valhelms en ’n hoë sigbaarheidsfrokkie om te verseker dat veiligheidsmaatreëls nagekom word. Volgende keer as jy wil die bos uit ’n ander perspektief te sien, huur ’n Segway en ervaar dit op twee wiele.

Inligting: R285 per persoon (R300 per persoon vanaf 1 Desember 2014) vir ’n uur toer
R400 per persoon vir twee ure (R450 per persoon vanaf 1 Desember 2014).
Kontak + 27-81-320-2977 of e-pos andre@tsitsikammasegwaytours.com.
Aanlyn besprekings: www.tsitsikammasegwaytours.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.