kategorieë: Reis

Stof jou stapstewels af

Jy het skaars jou asem teruggekry na die vorige opdraande of die pad kronkel reguit na nog ’n heuwel. Ons parke bied tuiste aan ’n aantal fisiek uitdagende roetes waarvoor jy meer as net ’n bottel water, energiestafies en avontuurlus nodig het. Met die somermaande hier, kan jy jou stewels afstof, jou rugsak en slaapsak pak en die langer roetes aandurf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Alexandria staproete – Addo Olifant Nasionale Park

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is ‘n 32km sirkelroete in die Woody Cape afdeling wat oor twee dae gestap kan word. Dit deurkruis drie verskillende tipes terreine wat wissel van bos, kusduine (grootste in die suidelike halfrond) en ongerepte strand. Alexandria Bos is die tuiste van die Knysnaloerie, antieke geelhout-bome, boom-dassies, duikers en bosbokke om net ’n paar te noem. Die Woody Cape hut, waar jy sal oornag, het ‘n uitsig op die Bird Island Mariene Bewaringsgebied, die tuiste van die grootste kolonie Kaapse malgasse ter wêreld.
Moeilikheidsgraad: matige tot hoë fiksheidsvlak vereis.
Koste: R140 per persoon
Navrae: Woody Cape kantoor + 27-46-653-0601, Anban.Padayachee@sanparks.org

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Impofu-staproete – Berg-sebra Nasionale Park

Dié begeleide drie dag staproete dek 25km deur die Karoo. Die berghutte is rustiek en jy moet beddegoed en voorrade bring. Op dag een sal jy grasveld en bergagtige bosgebied deurkruis en verby die bekende Big Rock stap. Op dag twee in die berg grasvlaktes kan stappers troppe diere sien. Die laaste been neem jou verby bosagtige gebied langs die rivier. Die park is ook die tuiste van leeus en jagluiperds.
Moeilikheidsgraad: Matig.
Koste: R390 R415 per persoon
Navrae: + 27-48-881-2427, mountainzebra@sanparks.org

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kaap die Goeie Hoop – Tafelberg Nasionale Park

Pleks van Kaappunt te besoek soos duisende toeriste, hoekom nie jou tyd neem en dit oor twee dae te leer ken nie? ‘n Sirkelroete van 34 km bring jou tot teenaan die interessante fynbos spesies en plaaslike inwoners soos bontebokke, rooi Hartbees en sebras. Pragtige tonele wag op jou.
Moeilikheidsgraad: Matig.
Koste: R245 per persoon
Navrae: Buffelsfontein Visitor Centre + 27-21-780-9204

Venstervalle staproete – Ai | Ais / Richtersveld Oorgrenspark

Rowwe terrein en uiterste toestande maak hierdie een net geskik vir fikse stappers. Dit is ’n vyf dag uitdaging vir die ekstremistiese en advontuurlustiges. Alles van die tente tot drinkwater moet gedra word. Die terrein is klipperig en daar is gevaarlike kranse en steil heuwels wat die uitdaging groter maak. “Dit herinner baie aan die Visrivier Canyon,” sê Hendrik Prins, park-diensbestuurder. Die roete is van April tot September oop.
Moeilikheidsgraad: Ekstreem.
Koste: R250 per persoon
Navrae: Hendrik Prins + 27-84-742-9797, hendrik.prins @ sanparks.org

Klipspringer roete – Augrabieswaterval Nasionale Park

Geniet dié roete vanaf April tot middel Oktober. Daar is geen beter manier om die skouspelagtige rivieruitsig en klowe, geologie, plante en diere te ervaar as om te voet deur die gebied te stap nie. Op die eerste dag dek jy 14.4km gevolg deur 9.9km en 11.5km. Rustieke oornag-akkommodasie bied die absolute minimum, so bring eetgerei en breekware. Langs die pad sal jy bekende bakens soos Moon Rock, Oranjekom en Swart Rante raakloop.
Moeilikheidsgraad: Baie veeleisend
Koste: R235 per persoon
Navrae: + 27-12 -428-9111, reservations@sanparks.org

Otter wandelpad – Tuinroete Nasionale Park

Dit strek vanaf die Stormsrivier tot by Nature’s Valley. Dié roete dek 42km oor vyf dae. Afgesien van die fisieke uitdaging is die woude, varswater swembaddens, ongerepte kusstrande en pragtige skoonheid ’n groot trekpleister. Soek na die ontwykende otter langs die pad. Dit is nie ’n sirkelroete nie en vervoer moet gereël word. Ouderdomsbeperkinge van toepassing.
Moeilikheidsgraad: Baie veeleisend
Koste: R1000 per persoon
Navrae: + 27-12-426-5111, specialisedreservations@sanparks.org

Outeniqua-roete – Tuinroete Nasionale Park

Dit is die skilderagtigste roete en strek oor 108km wat oor sewe dae gestap word. Dit is nie vir onfikse stappers nie en die kortste seksie is net langer as 10km. Oornag-hutte bied vuurmaakhout, roosters, water en beddegoed, maar geen potte. Elektrisiteit is nie oral beskikbaar nie. Geniet die ou inheemse woude en asemrowende natuurskoon. Die staptog kan oor korter seksies gedoen word.
Moeilikheidsgraad: wissel van maklik tot moeilik
Koste: R72 per persoon per nag
Navrae: + 27-44-302-5606

Olifantsrivier rugsak-roete – Kruger Nasionale Park

Pak die roete aan as jy dapper is. Dit begin by Olifantskamp en jy moet ongeveer 42 km in vier dae voltooi. Daar is geen geriewe of toilette langs die roete nie. Stappers moet tente en alle kookgeriewe saambring. Die rivier sal water voorsien vir drink en was, so onthou suiweringstablette. Roetes begin op Sondae en Woensdae.
Moeilikheidsgraad: Redelike fiksheid, mediese sertifikaat vereis
Koste: R2350 per persoon
Navrae: + 27-12-426-5117, reservations@sanparks.org

WENKE

*Tariewe is geldig tot 31 Oktober 2015, bewaringsfooie nie ingesluit nie.
*Minimum en maksimum aantal stappers geld.
*Goeie stapskoene en sonblok-middel is noodsaaklik
*Vind meer uit oor die items wat saamgedra moet word. Dieselfde geld nie vir alle staptogte nie.
*Moet nooit sonder ’n noodnommer stap nie.
*Stap jy in ’n somer- of winter reënval area? Berei jou voor.
*Vind meer uit oor waterpunte op die roete. As daar nie is nie, wees voorbereid.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.