kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gunsteling-7de Laan aktrises

Hoe het jy Vrouedag gevier?

Carina: Ek en my ma het onsself bederf met ’n wegbreek uit die stad, na ’n wildsplaas buite Magaliesburg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Carla: Ek het die dag saam met my ma spandeer. Ons het net gerus en ’n paar bordspeletjies gespeel!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hildegardt: Ek het gewerk, so ek kon dit nie regtig vier nie. Maar die manne het my darem toe later met ’n drankie bederf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat beteken vrouwees vir jou?

Carina: Daar is twee aanhalings uit die fliek, A Little Princess, oor meisies en vroue waaroor ek mal is: “I am a princess. All girls are. Even if they live in tiny old attics. Even if they dress in rags, even if they aren’t pretty, or smart, or young. They’re still princesses. All women are princesses, it’s our right.” Elke vrou is só uniek en dit maak nie saak wat jou persoonlikheid of eienskappe is nie, ek glo elke vrou verdien die respek en behandeling van ’n prinses.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Carla: Dit beteken so baie dinge! Ek hou daarvan dat alles waarvan ’n vrou gemaak is, klaarblyklik teenstrydig is, soos om sag, maar ferm te wees, liefdevol, maar streng en sensitief, maar terselfdertyd ook sterk. Ons is emosionele wesens, tog maak dit ons nie swak nie. Ons is ook die skepsels wat God geskape het om nuwe lewe in die wêreld in te bring. Van nature is ons versorgers, liefhebbers en ook vegters. Ons is lewende bewyse van hoe kreatief en liefdevol ons God is. Ek dink dit is werklik ’n eer om ’n vrou te wees.

Hildegardt: In vandag se lewe is ’n vrou alles. Ons doen alles self. Ons is ’n ma, ’n vriendin, ’n lover, ’n suster, ’n dogter, ’n wife … ons is sterk!

Hoe voel dit om deel van een van die mees ikoniese Afrikaanse sepies te wees?

Carina: Ek voel verskriklik geseënd en bederf deur die Here, maar terselfdertyd baie trots op myself. Ek het baie hard gewerk om hier te kom. 7de Laan is die sepie waarmee my generasie grootgeword het. Ek onthou die heel eerste episode wat ek gekyk het. Dit is werklik ’n eer en ’n voorreg en ’n geleentheid waarvoor ek baie dankbaar is.

Carla: Dit is ongelooflik! Ek dank God elke dag vir die werk wat ek het. Ek kry soms oomblikke terwyl ek op pad werk toe is, of besig is op, wanneer ek net stil raak en dit alles inneem: dat ek, Carla van der Merwe, met die beroep van my drome geseën is, terwyl ek ook die geleentheid het om saam met Suid-Afrika se mees ikoniese akteurs te werk. Dit is absoluut amazing. Vir my laat dit enigiets moontlik lyk.

Hildegardt: Ek is baie lief vir my werk. Ek wou nog altyd deel van die 7de Laan-familie wees en nou is ek! Ek werk al amper meer as 6 jaar daar en ek is baie gelukkig. Bonita is ’n lekker karakter vol drama, wat dit altyd interessant hou.

Wie van jou 7de Laan-kollegas inspireer jou die meeste en hoekom?

Carina: Dit is moeilik om een persoon uit te sonder. 7de Laan het regtig ’n ongelooflike span mense wat in elke afdeling werk. Ingrid Paulus is fantasties om teenoor te speel, sy is ’n kalm, lieflike, plat-op-die-aarde mens, altyd gewillig om te help en ’n fantastiese aktrise. Ek leer ook verskriklik baie by Karin Retief en Johan Engelbrecht, ons dialoog-afrigters, hulle kennis en ondervinding is merkwaardig. Daar is ook elke dag ’n lewensles of twee wat ek by hulle kan leer.

Carla: Ek kan nie net een noem nie, want ek het by bykans almal op stel al iets geleer. Van regisseurs, akteurs, grimeerkunstenaars en haarstiliste … die lys gaan aan! Die meerderheid persone wat by Danie Odendaal Produksies werk, is baie langer as ek in die industrie. Hulle almal het insigte, wyse woorde en raad wat vir my baie waardevol is. Tog, as ek een iemand moet uitsonder, sal dit Karin Retief wees. Ek noem haar altyd my “werk mamma”. Sy sit my altyd op my plek wanneer ek myself jammer kry, of help my wanneer ek met ’n toneel vasbrand – selfs al weet sy soms nie eens daarvan nie.

Hildegardt: Ek sal sê dat almal van hulle vir my ’n inspirasie op hul eie manier is. Hulle is almal baie sterk vroue met sterk persoonlikhede.

Wat is jou gunsteling-bederf na ’n lang dag?

Carina: ’n Ekstra groot cappuccino.

Carla: Ek geniet graag ’n koppie tee of ’n glas wyn saam met my ma op ons stoep, afhangend van watter tipe dag dit was! En dan tap ek vir myself ’n lang, warm bad.

Hildegardt: ’n Lekker lang bad, ’n lekker koppie tee en ’n episode van my gunstelingtelevisiereeks.

Wat is die waardevolste les wat jy al geleer het?

Carina: Alles in die lewe gebeur met ’n doel. Dinge gebeur soos dit moet gebeur, jy mag dalk teleurgesteld voel oor iets wat gebeur het, maar dis omdat daar ’n beter plan met jou lewe is.

Carla: Moet jouself nooit met ander vergelyk nie en moenie toelaat dat iemand anders jou waarde bepaal nie.

Hildegardt: Om altyd net jouself te wees. Dit is baie belangrik.

Hoe het jou rol in 7de Laan jou lewe beïnvloed?

Carina: Dit is ’n voorreg om in Suid-Afrika ’n voltydse, werkende aktrise te wees. Dit is baie gerusstellend om ná ’n paar jaar se vryskutwerk ’n vaste inkomste elke maand te verdien. Dit is ook ’n lekker gevoel om te weet jy het in jou kuns gegroei, om erkenning daarvoor te kry en om saam met legendariese akteurs en aktrises te werk. Ek is regtig lief vir wat ek doen en dit is so ongelooflik om dit elke dag te kan doen.

Carla: My geloof en liefde vir myself en ander het besonder baie gegroei. Ek het geleer om met vreemdelinge ’n gesprek aan te knoop – dit is iets wat ek nooit vantevore sou droom om te doen nie. Deur hierdie werk het God my ook geleer om groter te droom, groter gebede te bid en altyd op die positiewe dinge te fokus.

Hildegardt: Ek het nou al só baie geleer vandat ek by die Laan begin het, my hele lewe het verander. Die manier hoe jy dinge doen, hoe jy goed sien, hoe mense jou sien. Ek leer elke dag, tog is dit vir my belangrik om altyd myself te wees.        

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.