kategorieë: BlogsOntspanning

Ons lewe in ’n Franse kasteel: Hoofstuk 7

Ons lewe in ’n Franse kasteel: Hoofstuk 7 deur Sunita McDonald

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Haal gou in

Haal in met die vorige hoofstukke van Ons lewe in ’n Franse Kasteel:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoofstuk 1

Hoofstuk 2

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoofstuk 3

Hoofstuk 4

Hoofstuk 5

Hoofstuk 6

Ons lewe in ’n Franse kasteel: Hoofstuk 7

Frankryk se “lockdown” of grendeltyd duur voort.

Die lug is blou, die son skyn en die voëls sing … selfs al sluimer die stil strate.

Château de Capelle wat basies haar eie tydperk van isolasie beleef het in die jare voor ons haar gekoop het, se isolasie is egter verby en daar is klanke van lewe by die ou kasteel.

Die uitgelate krete van kinders, wat sorgeloos aan jare-oue klimop hang en rondswaai, weergalm deur die tuin.

Ons lewe in ’n Franse kasteel: Hoofstuk 7

Dit ding mee met die ritmiese kap-kap van snawels teen ruwe boombas.

Ek tob half afgunstig oor die feit dat die houtkappers ten volle toegerus is met die “gereedskap” om hul nessies te bou.

Intussen sit ek in afwagting op ’n stootskraper wat rustig staan en sluimer in ‘’lockdown”, hopende dat die grootgraaf-reus binnekort sy taak sal kan voltooi om óns nessie te help bou.

Daar is lewe by die kasteel, maar die grendeltyd beïnvloed wel ons restourasiewerk.

Die nuwe balke vir ’n vloer op die derde verdieping lê en bak in die lenteson en het ’n tydelike tafel geword vir die kinders se wetenskap-eksperimente.

Die bousand het intussen ’n speelplek geword vir ywerige handjies wat tonnels grawe en kleiner weergawes van die kasteel bou.

Die restourasiewerk het nie heeltemal tot stilstand gekom nie, maar die fokus het effens verskuif weens die hardewarewinkels se geslote deure en die huidige omstandighede in die wêreld.

In Frankryk vind party winkels darem nou alternatiewe werkswyses om seker te maak dat besighede kan voortbestaan.

In Auch (ongeveer ’n uur se ry van ons af) is daar ’n hardewarewinkel wat aanlynbestellings neem, die produkte buite die gebou sit en ’n mens kan dit dan self daar gaan afhaal.

My man het sy eerste bestelling verlede Saterdag gaan oplaai.

’n Werker in ’n volledige “Hazmat”-tipe uitrusting het hom by die hek ingelaat, sy naam en die motor se registrasienommer geneem en aan my man beduie waar hy sy palet met produkte kan oplaai.

’n Vreemde, onpersoonlike ervaring met geen direkte kontak en geen verdere siel in sig nie …

Ons lewe in ’n Franse kasteel: Hoofstuk 7

Tydens ons laatmiddag-wandelinge sien ons ook nie veel mense nie.

Ons gaan stap, getekende verklaring in hand, tussen die omliggende plase en vat soms vriende se honde saam vir oefening. Dit is goed vir die siel om uit te kom en ons word geseën met pragtige sonsondergange, lenteblomme en die kleure en geure van plaaslewe.

Een middag het ons verby ’n erf gestap waar ’n hond op sy agterpote gestaan en verlangend deur die hek se tralies geloer het na die ander honde. Nie een van die honde het egter geblaf soos gewoonlik nie; dit wil voorkom asof selfs die diere deesdae sosiale distansiëring beoefen.

Ons sien wel daagliks hoe kreatiewe maniere gevind word om mense te laat weet hulle dink aan ander, selfs al is normale sosialisering nie moontlik nie.

Ons sien kinders wat handgemaakte baniere by vensters uithang om hul dankbaarheid te betoon aan elkedagse helde soos mediese personeel.

Verhoë in teaters en musiek lokale is wel stil en donker, maar daar is gehore op die strate wat hande klap en die dokters, verpleegsters en vrywilligers toejuig in tonele regoor die wêreld.

In Parys het die Eiffeltoring ’n eenvoudige maar opregte Merci as boodskap wat dit in die aande verlig.

Met die steengroewe en hardewarewinkels toe, was ons onlangse fokus merendeels op die tuin en die kinders het ook ingespring en gehelp.

Een oggend het ek op ’n Rhododendron afgekom in die supermark en dit het my aan Suid-Afrika herinner.

Ek het dit op die ingewing van die oomblik gekoop en dit pryk nou in die hoek van die kasteel se tuin waar die kinders dit geplant het.

Blykbaar is die simboliese betekenis van ’n Rhododendron ”gevaar” en “oppas”.

Miskien gepas vir die tyd waarin ons ons bevind. Vir my is enige nuwe plant egter ’n teken van lewe, groei en skoonheid.

Ons lewe in ’n Franse kasteel: Hoofstuk 7

Ons projek by die kasteel het ook vir my simbolies geword van die wêreld se huidige situasie.

Die klimop en braambosse het deur die jare welig gegroei en het die ou bome begin versmoor, die ou klipmure het stadig begin verbrokkel en die vloere het meegegee.

Die meeste potensiële kopers het gedink dis hopeloos; dat die ou kasteel te veel verduur het en dat daar geen hoop op herstel is nie.

Dat die knellende greep van die klimop reeds die dood van die ou bome beteken het.

Ons het egter met ander oë daarna gekyk … ons het hoop gesien.

Die Coronavirus “groei” ook en veroorsaak simptome wat sommige mense as “versmorend” beskryf soos die asemnood wat dit veroorsaak, toeneem.

Die wêreldwye ekonomie is besig om te verbrokkel terwyl ons in ’n resessie ingly.

Mediese stelsels gee mee onder die druk van groot getalle pasiënte.

Die media voer ons konstant met die hopeloosheid van die situasie en beweer dat herstel van die nagevolge byna onmoontlik is.

Die versmorende virus het reeds die lewens van talle mense geëis en die “ou bome” in families is veral weerloos.

Dit het ontaard in ’n situasie wat dieselfde eienskappe verg as wat ek ses maande gelede aan ons restourasieprojek toegedig het.

Gebed, samewerking, moed, deursettingsvermoë, omgee, harde werk, herstel … dit was ‘n paar van die kernwoorde wat ek neergepen het in my dagboek verlede jaar.

Soos wat ek nou terugkyk op hierdie woorde, is ons projek maar ’n geringe taak in vergelyking met die wêreld se uitdaging om die virus wat soveel pandemonium veroorsaak, te bekamp.

Dit gaan hoop en gebed verg, samewerking om die virus se oordrag te verhoed, moed en deursettingsvermoë van almal wat die virus beveg, omgee vir mekaar in hierdie onsekere tye en harde werk om ekonomieë en besighede te herstel.

Ons lewe in ’n Franse kasteel: Hoofstuk 7

In ons restourasiereis tot dusver het ons al ’n paar keer ervaar hoe dinge kan versleg voordat dit verbeter.

Ons het byvoorbeeld onlangs in die hoofhuis ’n muur in die kombuis uitgeslaan om die vertrek groter en ligter te maak.

Dit het gelyk asof ’n bom die plek getref het met stof en chaos orals voordat samewerking en harde werk weer effens orde herstel het.

Die eindresultaat was egter positief en bewys dat goeie dinge uit puin gebore kan word, of soos my man graag sê: “Jy kan nie ’n omelet maak sonder om ’n paar eiers te breek nie.”

Ons lewe in ’n Franse kasteel: Hoofstuk 7

Die wêreld ervaar ook nou ’n chaotiese tyd; in Frankryk alleen het die Covid-19 statistieke skerp gestyg en staan op meer as 50 000 gevalle ten tyde van die skrywe.

Die donkerste uur van die nag is egter net voor dagbreek.

Ek glo dat positiewe dinge ook uit hierdie tydelike chaos sal kom en dat ons opnuut ons wonderlike wêreld en mekaar sal waardeer wanneer hierdie fase uiteindelik verby is.

Soms dryf die chaos in ons huis my na buite en ek stap na die onderkant van die tuin en kyk op na die berge met ’n vraag in my hart, tog weet ek waar ons hulp vandaan kom.

Ons lewe in ’n Franse kasteel: Hoofstuk 7

Hierdie is nie ’n maklike tyd vir die wêreld nie en ons weet nie wanneer ons weer geliefdes en vriende in Suid Afrika gaan sien nie.

Baie dinge is selfs moeiliker nou, maar wanneer ek om my rondkyk besef ek hoe baie seëninge ons eintlik het: ons is gesond, daar is steeds kos in die winkels elke dag, ons het take om ons besig te hou, ons het sonskyn …. daar is ander wat in meer haglike situasies sit, so wie is ek om my te wil sit en verknies oor ’n paar planne wat tydelik gefnuik is?

Ek hoop dat julle ook elkeen iets in die chaos sal vind om voor dankbaar te wees.

Bonne santé à tous!

Lees die vorige hoofstukke hier.

As jy nog foto’s en nuusbrokkies van Sunita en Andrew se werk by die Château de Capelle wil sien, besoek gerus hul facebook-groep, The Chronicles of Château de Capelle

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.