kategorieë: ReisOntspanning

Ons mik vir Soweto

Gedagtig aan die neerdrukkende omstandighede waarin mynwerkers hier gewoon het, en die bloedige politieke stryd, het ek ’n stad onder ’n wolk van mistroostigheid verwag. Allesbehalwe! Soweto, veral Orlando West, léwe van die energie. Klank, kleur en ’n kaleidoskoop van emosie wag jou in om elke draai. Natuurlik loop jy jou telkens trompop teen tekens van die geskiedenis; dis mos Soweto.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Alisha Ellis, eienaar van Ingwe Travel – uitgaande, jonk, Afrikaans en met ’n honneursgraad in wildlewebestuur – en Zach Tahane, ons joviale, onderhoudende gids en bestuurder, het uit hul pad gegaan om die dagtoer besonders te maak. Om ons in die regte stemming te kry, het ons eers ’n draai gemaak by Madiba se huis in Houghton.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Imposant, veral in teenstelling met die beskeie huis wat ons die middag in Soweto sou sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Apartheidsmuseum

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Apartheidsmuseum oorkant Gold Reef City is nie ’n prettige uitstappie nie. Jy word op verbeeldingryke maniere gekonfronteer met perspektiewe op ’n tydperk wat jy liewer sou wou vergeet.

Dis nie net die inhoud van die 22 uitstallingsruimtes wat jou aangryp nie; die innoverende konsep en maniere waarop jy by die geskiedenis betrek word, dwing respek af. Zach het ons meesterlik deur die omvangryke museum gelei sodat ons binne ’n uur of twee ’n geheeloorsig kon kry.

“Truth” – ’n restauranttafeltjie by die museum

Soweto

Soos enige ander stad het Soweto talryke gesigte. “High class, middle class, low class,” het Zach verduidelik soos ons deur die strate ry. Die eerste hostels wat in 1904 vir mynwerkers gebou is, lê blootgestel aan wind en weer in die winterkaalte. Hierdie inisiatief in belang van die mynboubedryf het in 110 jaar gegroei tot ’n gemeenskap van sowat 4.5 miljoen.

Van die eerste “hostels”

Woonomstandighede het sedert 1994 ingrypend verander. Baie mense wat vroeër hul huise net kon huur, besit dit nou. Die beeld van ’n tipiese tweeslaapkamer middelklashuis, met die toilet en lopende water buite op die klein erfie, is in my geheue gegraveer. Aanbouings was destyds verbied.

’n Verbysterende aantal inwoners in Soweto het hul eie karwassery, spaza shop of sypaadjiebedryf. Met die 50 000 taxi’s en 30 000 busse wat hier loop, is daar seker geen gebrek aan klandisie nie.

Zach het ons na ’n goed georganiseerde taxi-staanplek, die grootste in suidelike Afrika, geneem. Hier kan jy ’n taxi na bestemmings soos Swaziland, Nigerië, en Ethiopië haal.

Straatverkopers met vrugte, lekkers en ander ware ding met bekende kitskosplekke mee; tussendeur doen ’n gospelsanger sy ding.

Interessante beeldhouwerke duik oral op, maar dis bykans onmoontlik om ’n foto te neem sonder ’n advertensiebord in die agtergrond.

Orlando Towers

Hierdie vrolik beskilderde landmerk was voorheen die koeltorings van die grootste musipale kragstasie in die suidelike halfrond, én die geheime ontmoetingsplek van talle minnaars – aldus Zach.

Sedert 2007 is die Orlando Towers adrenalienverslaafdes se droom. Die vertikale avontuursentrum bied onder meer die kans vir kragswaai, rekspring, klim, rotsklim, en gly (zip line).

Ons het net rondgekyk, maar volgende keer wil ek boontoe om die uitsig te sien! Die reuse braai-aksie in die opelugrestaurant het vir my heel aptytwekkend gelyk.

Braaiers onder die Orlando Towers

Ete en drinke

Ja, teen dié tyd was ons honger! Ons is na Vilakazi-straat in Orlando West, waar twee Nobelvredespryswenners – oudpresident Nelson Mandela en aartsbiskop emeritus Desmond Tutu – terselfdertyd gewoon het.

Dié karaktervolle straat was vir my die hoogtepunt van die toer. Met ons sitvlakke stewig op die houtbankies van die Sakhumzi Restaurant kon ons die kom en gaan dophou van ’n band met slaginstrumente, toeriste, gewone mense, straatverkopers, ’n sepie-ster met ’n verblindende glimlag, en ’n rapper in ’n oop sportmotor met ’n haarstyl wat moeilik was om mis te kyk.

Ons het geurige borde kos by die buffet gaan opskep: my eerste kennismaking ooit met mieliepap gemeng met spinasie of pampoen. Lekker!

Die restaurant, die geesteskind van ’n seun van Soweto, is ’n suksesverhaal, maar die groot verskeidenheid vleis- en ander disse smaak steeds na “huiskos”. G’n wonder dis so gewild onder die middelklasinwoners van Soweto nie.

Sakhumzi Restaurant

Op ons versoek het Alisha en Zach ons na ‘n tipiese shebeen om die hoek geneem. Die gawe eienaar van The Shack het ons ingelei in die tradisionele manier van bier drink, en ons moes op ons knieë die kalbas met bier (uit ‘n reusekartonhouer geskink) ontvang.

Vir die oningewyde het die bier ’n wilde smaak, en waarskynlik ’n kragtige uitwerking – ons het maar liggies daarmee omgegaan. Skynbaar was ons optrede in ooreenstemming met die slagspreuk op die buitemuur: Drink, but don’t overdo it!

Teken by The Shack

Mandela Family House

’n Paar treë verder lê die huis waar Nelson Mandela in 1946 met sy eerste vrou, Evelyn Ntoko Mase, ingetrek het. Na sy egskeiding was dit sy en sy tweede vrou, Winnie Madikizela-Mandela se tuiste tot in die jare negentig. Weens sy ondergrondse bedrywighede en sy arres in 1962 het hy min tyd hier deurgebring.

Ná sy vrylating in 1990 was hy elf dae lank hier voor die skuif na Houghton. Die vierkamerwoning huisves dokumente, foto’s, kunswerke en verskeie ander interessanthede.

Hector Pieterson-gedenkteken

Dis verstommend hoeveel dramatiese gebeure hulle in die omgewing van Vilakazi-straat afgespeel het. Die protesoptog teen “Bantoe-onderwys” waarmee die 1976-opstande afgeskop het, het hier begin. Hector Pieterson, die skoolseun wat geskiet is en die wêreld tot stilstand geruk het deur die foto waar ’n ouer seun sy liggaam dra, het hier naby gesterf.

Nes die Apartheidsmuseum is die gedenkteken ryk aan simboliek.

Kontak Nomaledi Funani by 082-413-5053, info@ingwetravel.co.za of besoek www.ingwetravel.co.za

Ingwe Travel
bied vasgestelde toere sowel as reisplanne wat saamgestel word om kliënte te pas. Dit sluit in:
*Dagtoere
*Toere na enige plek in Suid-Afrika
*Ritte na en van lughawens of van een punt na ’n ander vir sakelui
*Spanbougeleenthede
*Gespesialiseerde wildsafari’s vir fotograwe saam met professionele Britse fotograwe.

Ingwe se luukse voertuie het die nodige permitte en versekering.

Foto’s Gerhard Büchner en Mariette Snyman

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: reis

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.