kategorieë: Bekendes

Ons onthou vir Marga van Rooy

Marga van Rooy was beslis ’n veteraanaktrise na sowat 52 jaar se ondervinding in die bedryf. Sy sal altyd onthou word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Marga, wat aan kanker oorlede is, was veral bekend vir haar rolle in Vetkoekpaleis, Molly en Wors, Egoli asook films soos Die Windpomp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Marga het in 2008 haar liefde vir haar kleinkinders uitgespreek in ’n onderhoud met rooi rose. Ons kyk terug en onthou haar mooi woorde met ’n glimlag:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek het ’n volle ses kleinkinders: Ester, Daniël, Tine, Francis, Olge en klein Anja wat nou agt maande oud is. Dit is vir my heerlik om ’n ouma te wees. Ek gaan onvoorwaardelik op in dié rol. En ja, ek loop soms met my fotoalbum rond en spog, al vermoed ek my pelle daar by Egoli raak ’n bietjie moeg daarvoor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek sou graag vir my kleinkinders wil leer dat hulle hulself moet wees” Marga van Rooy

Die afgelope klompie jare is hulle die rede waarom ek op die vliegtuig sal klim en vinnig Kaap toe gaan. Ek voel dis nou die tyd wat my kleinkinders regtig hul ouma nodig het en wil hê. As hulle eers tieners is, wil hulle hul eie lewe lei. Ek sou graag vir my kleinkinders wil leer dat hulle hulself moet wees. En ek hoop hulle kom gou daarby uit om uit te vind wie en wat hulle is.

Ek en my man is albei gek na boeke en dis vir my lekker dat die kinders net so van stories hou. Hulle teken vreeslik mooi, hulle is baie kreatief. My ander wens vir hulle is dat hulle altyd positief moet bly, veral in ons land.

Ondanks alles wat hier aangaan, bly dit ’n voorreg om hier te kan grootword.

Ek weet om diensbaar te wees, is bietjie van ’n ouma-woord, maar as jy vir iemand anders lief kan wees, is jy ’n gelukkige mens. Ek leer hulle graag dat hulle Liewe Jesus moet help met sy goeie werk hier op aarde. ’n Kind moet met selfvertroue grootgemaak word. Hy verdien al die liefde wat hy kan kry. En hy moet seker wees van sy plekkie hier op aarde.”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.