kategorieë: VelsorgSkoonheid

Ons toets lyfsorgprodukte

Deur Suzanne Kotzé en Corné Greeff. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Skoonheidsreakteur Suzanne Kotzé toets:

Lyfwas vir ’n sensitiewe vel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek sukkel soms met velsensitiwiteit en kan dan nie my gewone gegeurde lyfwas gebruik nie, aangesien dit my vreeslik laat jeuk. Ek is gaande oor La Roche-Posay Lipikar Syndet AP+ Lipid-Replenishing Cream Wash (R280). Dit is omtrent ’n mondvol!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek verkies die pomp-bottel: Wie wil nou doppies oopdraai of oop en toe maak met nat, seperige hande? Die tekstuur is strelend en terwyl ek dit aanwend, voel dit sommer klaar of dit die gejeukery verlig. Dit bevat galambotter en nikotiensuuramiede (of niacinamide in Engels. Dis een van my gunsteling-bestanddele wat ook bekend staan as Vitamien B3) wat help om jou vel te herstel. Dit bevat geen parfuum nie en is geskik vir mense wat geneig is om met ekseem, senstiwiteit of droë vel te sukkel. Dit werk selfs babas: Jy kan dit glo gebruik om babas se “cradle cap” te behandel.

Aanlos-lyfafskilferaar

Ek hou nie van lyfafskilferaars (body scrub) nie. Ek vind dit moeite om aan te wend en dit is ekstra tyd wat jy in die stort moet spandeer. Boonop laat dit my dikwels jeukerig voel (van die korreltjie-afskilferaar maak glo piepklein skeurtjies in jou vel). Ek het al vantevore Optiphi Body Curve Body Foliant (R782) gebruik. Die aanwysings die vorige keer was dat jy dit moet aanwend, 20 minute wag en dan afspoel (deur bv. te stort). Alhoewel ek baie van die produk gehou het, het ek dit nie so baie gebruik nie, want my ek kon nie altyd genoeg tyd inreken dat ek 20 minute kon wag voor ek stort nie.

Nou kan mens dit egter aanwend en aanlos. Ek wend dit saans aan voor ek gaan slaap en was dit soggens na my bootcamp-oefensessies in die stort af. Dit bevat glikolsuur, wat ou, dooie, growwe vel verwyder, kollageenvorming aanhelp en help aktiewe bestanddele beter absorbeer (want dit sit nie meer aan ou dooie velletjies vas nie). Melksuur help om jou vel soepel en gehidreer te hou en saam help die bestanddele om jou vel helderder te laat lyk.

Die tekstuur is aanvanklik effens taai maar dit trek vinnig in. Ek konsentreer op dele soos elmboë, enkels en knieë, maar smeer dit aan my hele lyf. Ek is glad nie bewus van die produk terwyl ek slaap nie – nie in terme van reuke of taaiheid nie. My elmboë voel beslis sagter en my vel lyk helderder. Hierdie produk is geskik vir sensitiewe velle.

A.H.A.-lyfroom

Ek hou baie van Gatineau Body Lotion with A.H.A (R525). A.H.A staan natuurlik vir alfa-hidroksiesure wat help met askilfering. Jy het reg geraai, weerens hou ek van die pompbottel. Dit maak aanwending makliker en vinniger, wat beteken dat ek dit meer gereeld gebruik! Die tekstuur is heerlik lig, en trek super vinnig in. My dowwe wintersbene lyk klaar helderder en meer bevogtig. Dit bevat wel parfuum (wat sensitiewe velle kan irriteer), maar dit irriteer glad nie my vel nie en die parfuum is lig genoeg sodat jy nie bewus is van die reuk wat met jou parfuum bots nie. Dit het daardie “Franse velsorg”-reuk. Dis ’n room wat ek daagliks kan gebruik. My lyf sê dankie en my selfverbruiningsroom wend ook meer egalig aan (minder droë velletjies om aan vas te klou en strepe te maak)

Psst! dit kan jou vel meer sensitief maak vir die son, so as jy heeldag in die son gaan wees, gebruik liefs ’n gewone lyfroom. Onthou ook sonroom!

Skoonheidsassistent Corné Greeff toets:

Room vir my droë vel

Om een of ander rede is my vel baie droër hierdie winter as wat dit normaalweg is. Ek het onlangs die nuwe Nivea Intense Moisturizer (R49,99 vir 400ml) begin gebruik en dit is presies wat ek nodig het om my droë wintervel te bevogtig. Dit is lekker lig en word dus vinnig geabsorbeer. Dit bevat ook ’n serum wat my lyf sommer ekstra sag laat voel!

Selluliet-bevegter

Ek het besluit dat ek hierdie winter ekstra hard gaan werk aan my somerlyf, maar ongelukkig sukkel ons vrouens mos maar soms met die hardkoppige dimpels en duikies!

Die Clarins Body Fit (R590) help blykbaar nie net met selluliet nie, maar ook met die verferming van liggaamsdele soos die bobene, maag en arms. Saans nadat ek gestort het word dit ingesmeer, terwyl ek my bobene masseer. Kollageen kan deur middel van massering herstel en versterk word, omdat dit die bloedtoevoer na die bindweefsel stimuleer. Massering kan ook help om littekens en selluliet te verminder, dus smeer ek saans die Clarins Bodyfit in – veral op my bobene terwyl ek dit masseer.

Ek mag my dalk verbeel maar dit lyk al of dit begin werk …

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.