Ontmoet ons nuwe blogger, Ansu Visser

Deur Michelle Nortje en Catherine Schenck. Hooffoto Edwin van der Walt

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ansu Visser, die 20-something aktrise en aanbieder, is ook ’n blogger en het pas vir rooi rose begin blog. Sy het dalk al jou aandag getrek as die sprankelende aanbieder op die gewilde kykNET-programme chatNOU! en Flits! en sy het boonop reeds in verskeie produksies en films verskyn, soos Wonderlus wat in April vanjaar in plaaslike fliekteaters begin draai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook ons onderhoud met Ansu Visser oor dit waarmee sy tans besig is

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer Ansu nie die land deurtoer vir haar werk nie, skryf sy ’n gereelde blog, Cut the Mustard. Sy het die blog in 2015 begin, die jaar nadat sy haar drama-studies aan die Universiteit van Pretoria voltooi het. Sy het in hierdie tyd ook as jong aktrise begin werk. Sy het nog altyd van skryfwerk gehou en na ’n bietjie navorsing het sy uitgevind dat blogs dalk die regte keuse vir haar belangstellings is.

“Ek wou my skryfwerk verbeter en ek het geweet om dit reg te kry moet ek soveel moontlik skryf,” sê Ansu. “Ek het toe besluit om ’n blog te begin, bloot om elke week te skryf en so met die verbeteringsproses te begin.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Blogging het oor die jare belangriker geword vir Ansu. “Dit is iets wat ek nou voel ek moet doen.” Sy het klein en groot doelwitte vir haar blog. “’n Klein doelwit sluit in om vir ’n hele jaar lank elke week een post te publiseer … dit is nie so maklik soos wat dit klink nie!” En ’n langtermyndoelwit vir Cut the Mustard? “Om ’n inkomste daarvan te kan genereer sodat ek daarvan kan lewe.”

Vanwaar die naam, Cut the Mustard, wonder mens. “Die naam kom van google af,” lag sy. Sy het geweet sy wou haar blog ’n sêding as naam gee, iets wat lekker sê en maklik onthou sal word. “En dit is presies wat ek in google gesoek het: ‘cool sayings.’ Ek het op ’n lys sêgoed afgekom en Cut the Mustard het vir die volgende twee dae by my vasgesteek. Ek het aanvanklik die naam gekies vir die vibe en nie vir wat dit beteken nie.” Gelukkig vir Ansu was die spreekwoord eintlik toe heel gepas, want toe sy die betekenis daarvan opsoek, kry sy: “To come up to expectation; reach the required standard.” Perfek, aangesien die blog sou handel “oor challenges wat ’n aktrise in haar vroeë twintigjarige sou deurgaan. #Destiny.”

Daar is baie waarna ons kan uitsien. Ansu se blog is ’n mengelmoes van onderwerpe wat raak aan leefstyl, reis, persoonlike gedagtes en mode, waar die grootste hiervan die mode is.

“Die blog handel op die oomblik meestal oor my styl en outfit-idees.” Sy het ook ’n gunstelingstyl, en hieroor blog sy gereeld. “Dit is wat ek sou noem modern sport chic.

Ansu wil met die blog haar gewone klere wys: nie ondrabare ontwerpersrokke nie, maar iets wat sy – en haar lesers – elke dag kan dra en bekostig. Wat wel vir haar belangrik is, is dat “styl ’n vibe moet hê en dat sneakers gewoonlik die beste opsie moet wees wanneer jy aan skoene dink. Wat jy op my blog sien, is outfits wat ek met die klere in my kas saamgooi.”

Behalwe vir klere gesels sy gereeld oor dinge waaroor sy dink of wat sy deurmaak. “My persoonlike posts handel oor goed wat ek self deurgaan, of dis soms gesprekke wat ek en my naastes met mekaar het en saam oor wonder, wat ek dan neerpen.”

Dit is juis waaruit sy inspirasie put. “Ek gaan die cliché-ding sê, maar ek kry inspirasie oral om my. Dit gebeur maar wanneer ek oopmaak teenoor die wêreld om haarself aan my te openbaar.” Ons het gewonder, as sy oor persoonlike sake blog, of daar iets is wat vir haar baie uitdagend sou wees. “Oe, dis gewoonlik dié wat vreeslik intiem, persoonlik en vulnerable is; basically ’n blog post oor Ansu op haar slegste.”

As jy nie geweet het nie, Ansu se kêrel is ook ’n akteur – Edwin van der Walt. Hulle het mekaar verlede jaar op die stel van Wonderlus ontmoet en daar was dadelik ’n spesiale konneksie tussen die tweetjies. Hulle was vir ’n ruk lank eers net vriende maar het later besluit om dinge verder te vat en hulle is dolgelukkig saam.

Lees hier om meer uit te vind oor hoe Edwin en Ansu mekaar ontmoet het

Ons wou weet of Edwin haar help met idees vir haar blog. “Nee, hy speel meestal net cheerleader vir my idees.” Mila Guy, haar boesemvriendin en mede-aktrise, is eerder haar vennoot hiermee. “Ek en Mila (ook die betroubare fotograaf van my blog) sit een keer ’n maand saam om te beplan. Ons beplan dan ook outfits en besluit waar en wanneer ons dit gaan afneem.” Daarna sal hulle dit uitvoer met Ansu voor die kamera, Mila daaragter, en Edwin as rasieleier en handlanger.

Ansu het baie belangstellings en talente, maar ons wou weet wat haar heel grootste passie is. “Sjoe, ek het nie net een nie en ek het nou vrede gemaak daarmee. Ek raak vinnig verveeld, so ek sal altyd besig wees met alles wat my hartjie aan die brand hou. My grooste passies is wel om te act, te skryf, en dan ook romantiese verhoudings – dit interesseer my ongelooflik baie want ek wil veel eerder weet hoe gaan dit met jou hart as watter werk jy doen, en dit is ook wat ek die meeste geniet om oor te skryf en te vertolk wanneer ek akteurswerk doen.”

Ons dink Ansu het ’n manier gekry om al haar passies saam te snoer, en ons sien uit daarna om daaroor te lees in haar reeks blogposts vir rooi rose.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.