kategorieë: ReisOntspanning

Ontspan in ’n natuurlike oase van welstand by Constance Ephelia

Ontspan in ’n natuurlike oase van welstand by Constance Ephelia inligting en foto’s verskaf. {Geborg}

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Lowergroen eilandparadys met dinamiese skoonheid en ongerepte strande wag op jou by die vyfster- Constance Ephelia-vakansieoord.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mahé se juweel

Constance Ephelia is geleë langs die pragtige weskus van Mahé, die Seychelle se hoofeiland. Ephelia het twee beeldskone strande 120 hektaar tropiese omgewing en het ’n uitsig op die Launay Nasionale Marinepark.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ephelia is sleg 40 minute vanaf die Syechelles Internasionale Lughawe en ’n halfuur vanaf Victoria.

Gastronomiese genot

Vyf restaurante – Corossol, Helios, Adam & Eve, Cyann en Seselwa – bedien ’n verskeidenheid kosse om aan almal se smaak te voldoen. Of dit nou heerlike Franse of Oosterse kosse, plaaslike kosse, seekos of pizza is, jy sal dit op die spyskaart kry.

Delikate wyn, drankies en tropiese mengeldrankies kan by enige van Ephelia se ses kroeë – Zee Bar, Helios Bar, Adam & Eve Bar, Cyann Bar, Kabana Bar en Seselwa Bar – geniet word en dit boonop binnenshuis of buite by die swembaddens.

Kabana Bar is omring met tafels, ’n bocci ball-veld, vlugbal, pluimbal en ’n speelgrond vir die kinders.

’n Kamer met ’n droomuitsig

Hier kry jy van kamers met ’n uitsig oor die tropiese tuine,  tot junior en senior suites, villas met private swembaddens en die asemrowende presidensiële villa met sy swembad. Die kamers is met sorg uitgelê is om te verseker dat jy in gemak kan rus en vernuwe.

Al Ephelia se pragtige kamers is sjiek en modern versier sodat jy die tropiese tuine rustig kan geniet. ’n Uitsig op die Indiese Oseaan nooi jou om langer in hierdie paradys te bly.

Ontspan in die Indiese Oseaan se grootste spa

Word soos ’n koninklike behandel by Constance Ephelia se U Spa By Constance. Kies uit ’n verskeidenheid opsies wat jou sal ontspan, verkwik, detoks en rehidreer. Daar is ook ’n joga-platform.

Die spa-fasiliteite sluit in 14 enkel- en 4 dubbelkamers, ’n sauna, stoomkamer, warmpoel, Jacuzzi, kouepoel, Kneipp-voetpaadjie en weerkaatsingpoel.

Sport- en ontspanningsaktiwiteite

Wanneer jy nie op die strand of in die spa ontspan nie, kan jy baie ander aktiwiteite aanpak, soos PADI-duik en snorkel om die onderwaterwêreld te verken, joga, muurklim, Zipline en kajak vaar. Hier is nie tyd om verveeld te wees nie.

Daar is ook ’n komplimentêre, ten volle toegeruste gim, 4 tennisbane, muurbal en verskeie watersportsoorte.

Kinders welkom

Constance Ephelia is ’n veilige hawe vir gesinne. Jou kinders tussen 4 en 11 sal deur die Constance Kids Club besig gehou word met van kookklasse en flieks tot ander avonture sodat dit ook vir hulle ’n onvergeetlike vakansie sal wees.

Om jou droomvakansie of troue en wittebrood by Constance Ephelia te reël, besoek die Constance Ephelia-webwerf.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

18 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

23 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.