kategorieë: Ontspanning

Ontspan volgens jou persoonlikheid

Het jy al rekspring aangedurf? Dan is jy ’n adrenalienverslaafde. Of gee die blote gedagte aan ’n sprong vanaf ’n brug met ’n rek om jou lyf jou nagmerriegedagtes?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die aktiwiteite wat jy kies vir ontspanning pas by jou persoonlikheid. Óf jy verkies om ’n waaghals te wees, óf jy verkies ’n rustige piekniek saam met vriende.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar is ook ander soorte vakansiegeeste. Jy kry die “fees hippie” of die “natuurliefhebber”. Daar is nog ander ook! Die lewe bestaan uit ’n verskeidenheid en elkeen van ons kry opwinding uit ’n ander soort aktiwiteit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Die adrenalienverslaafde

Leef jy teen ’n vinnige tempo? Jy is die klassieke adrenalien junkie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy hou van valskermspring, paragliding, rekspring en asemrowende watersport wat die lewe deur jou are wil voel pomp.

Kry jou adrenalien fix
Leer om jouself met ’n vlieër te navigeer by Cabrinha Kites op Eden on the Bay in Kaapstad. As jy in Durban is, gaan geniet die Big Rush Big Swing by die Moses Mabhida-stadion.

2 Die bederfde koningin

Kerse, sagte jazz-musiek, die reuk van laventel in die lug, donsige komberse en kussings, en ’n massering … dit is jou idee van ontspan!

Kry jou pamperlang
Maak ’n afspraak vir jou agterstallige pamperlangsessie by jou plaaslike spa. Jy is ’n koningin en verdien om ná al die uitmergelende ure by die werk bederf te word. Ons het gehoor Smoothe Beauty Bar het die heerlikste bederfsessies.

3 Natuurliefhebber

Jou stapskoene, verkyker en waterbottel is jou drie gunsteling-items in die hele wêreld. Jy is ’n natuurkind.

Met Suid-Afrika se heerlike weer sien jy uit na dae se ontspan in die natuur saam met vriende en familie.

Kry vars lug
Gaan stap by Tafelberg. Dit is nie verniet bekend as een van die sewe wonders van die Wêreld nie. Daar is skilderagtige staproetes waar jy welige, groen, natuurlike skoonheid kan geniet. Kies die roete met die moeilikheidsgraad wat by jou pas. Besoek Table Mountain Walks vir besonderhede.

4 Fees-hippie

As jy van musiek hou, is dit die een vir jou!

Jy is op jou gelukkigste as jy voor ʼn verhoog kan dans en jou gate uit geniet met die klanke van ’n talentvolle groep plaaslike bands en DJ’s. Jy is ’n trotse fees-hippie.

Rock op!
Trek jou tekkies aan en maak gereed vir partytjie. Kyk hier wat gebeur in Stellenbosch.

5 Familiemens

Jy hou daarvan om sandkastele saam met die kinders te bou. Jou soort ontspan sluit jou kinders in en daarom kies jy uitspan- en eetplekke waar jou kinders hulle gate uit kan geniet terwyl jy ontspan.

Hou dit in die familie
Daar is baie kindervriendelike plekke wat geskik is vir gesinne. Captain’s Kitchen het ’n heerlike  speelplek (met ’n groot bal-put) en ’n lekker spyskaart vir die kleinspan. Die uitsig op Tafelberg is asemrowend.

6 Koopverslaafde

As jy ’n fashionista is, leef jy vir die jongste modes en tendense!

Vul jou klerekas aan tydens die vakansietyd en gaan span ui by jou gunstelingwinkels.

Koop tot jy neerslaan
Soveel winkels, so min tyd! Daar is die V & A Waterfront in Kaapstad, die Gateway-winkelsentrum in Durban asook Sandton Square in Johannesburg. Dit is maar net ’n paar. Maak seker jy is met oopmaaaktye daar om die feesstormloop te vermy.

7 Naguil

Jy leef vir die naglewe en slaap gedurende die dag.

Suid-Afrika se groot stede is propvol nagtelike avonture.

Reël jou eie nagtelike kuier
Het jy al ooit gehoor van die legendariese Hatfield Square? Daar is die lekkerste restaurante waar jy nagte om kan kuier.

Geniet die warm somerdae in die feestyd en kies die regte ontspanplek vir jou persoonlikheid!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.