kategorieë: WenkeMode

Ontwerpwenke vir jou matriekafskeidrok

Deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Oop rug of nie

’n Laaggesnyde rug is ’n klassieke voorkoms; dis sinoniem met elegant. Maar nie almal verkies ’n lae ooprug-nommertjie wat jou laat bibber elke keer as die aandwindjie verbyskuur nie. Goeie alternatiewe is ’n toerygrug of die bruid-styl wat met ’n string knopies toemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Pasop vir onderklere wat dalk by jou lae rug kan uitsteek, veral as jy ’n verslankingskous (spandex) wil aantrek. Meet tot waar jou rok oop is sodat jy kan toets wanneer jy onderklere koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Disney-prinses

Almal van ons het as tienjariges oor daardie prinsesrokke van Disney-flieks gedroom, soos Belle s’n van Beauty and the Beast, of Aspoestertjie s’n. Maar om in ’n gepofte balrok te dans is makliker gesê as gedaan: Die baie lae net en materiaal maak dit moeilik vir jou en jou dansmaat om te beweeg en daar is ‘n kans dat iemand jou rok kan vastrap. Maak seker jou rok se soom eindig ’n paar sentimenter bo die vloer sodat dit gemaklik oor jou tone beweeg. Oefen ook vooraf met jou maat sodat julle ’n paar truuks rondom jou rok kan uitdink en julle soos bobaasdansers kan geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Sleep

’n Dramatiese sleep is moeilik om te weerstaan, maar dit is nie so prakties nie. ’n Té lang sleep kan dalk mooi lyk, maar as jy in jou spore teruggeruk word elke keer wanneer iemand daarop trap, gaan jy jou besluit begin berou. Kies ’n praktiese lengte wat by jou styl en lengte pas. Die standaard-oplossing is om ’n vingerhakie aan die onderkant van jou sleep vas te werk sodat jy dit om jou vinger kan haak wanneer jy dans.

#rrwenk: Hoe gemaak as die vingerhakie breek? Gooi die sleep oor die arm wat jy om jou dansmaat se rug hou. Stel ook jou maat vroegtydig in kennis dat hy slegs die ander arm moet gebruik as hy jou wil draai.

Kralewerk

Hierdie styl is baie gewild, veral op die bostuk van die rok. Krale kan in slim patrone gebruik word om ’n verslankende voorkoms te skep, die illusie van groter borste te skep en dit kan jou selfs langer laat lyk. As jy nie van baie detail hou nie, kan voue en slim materiaal-tegnieke net so goed werk. As jy wel kralewerk op jou rok het, maak seker dat jy ekstra krale of blinkers byderhand het indien jy op kort kennisgewing ’n paar moet vaswerk.

Halslyne

Om die perfekte halslyn te kies sal jy eers jou liggaamsbou moet identifiseer: Het jy breë skouers? Is hulle reghoekig of eerder rond na onder? Het jy groot borste en ’n klein middel of omgekeer?

Die gewildste en veiligste halslyn is die V-nek: Dit verslank jou skouers, sit vleiend om die borste en skep die voorkoms van ’n vernoude middellyn. Die beste is om natuurlik jou ontwerper of die winkelkonsultant vir raad te vra.

Dit is belangrik om die praktiese en visuele elemente teenoor mekaar op te weeg. Nie almal van ons is gebou vir alle halslyne nie en daarom moet jy vooraf bepaal wat vir jou die belangrikste is: ’n Halslyn wat foto-perfek sit, maar wat jy kort-kort moet optrek, of is dit vir jou belangriker om die aand saam met vriende ten volle te geniet.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.