kategorieë: KalenderOntspanning

Vrydag 11 Mei 2018 is #SlipperDay2018!

Koop ’n armband teen R10 en trek dit Vrydag 11 Mei 2018 saam met jou pantoffels aan. So kan jy help om geld vir Reach For A Dream in te samel!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

#SlipperDay2018 is groot pret: Ons kan almal ons pantoffels werk en winkel toe dra … en hopelik sal niemand jou skeef aankyk nie! Danksy Wimpy en verskeie bekendes gaan die dag onvergeetlik wees en ook geld vir ’n goeie doel insamel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Verlede jaar is R1,4 miljoen met die verkope van #SlipperDay-armbande vir Reach For A Dream ingesamel. Wimpy het 33 276 gratis koppies van hulle gewilde koffie aan deelnemers uitgedeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vrydag 11 Mei 2018 is jou kans om ook deel te neem. Gaan koop jou armbandjie by Wimpy, Pick n Pay of ’n Reach For A Dream-tak en dra dit Vrydag as jy jou gratis koffie by Wimpy wil kry. Maar moenie vergeet om ook jou pantoffels te dra nie!

“Ons wil vanjaar nog meer geld insamel om die drome van klein kindertjies landwyd waar te laat word. Daarom daag ons Suid-Afrikaners uit om Vrydag deel te neem,” sê Jacques Cronjé, Bemarkingsbestuurder van die groep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Reach for a Dream is in 1988 gestig en streef daarna om kinders wat aan ernstige, dikwels terminale, siektes ly, se drome te bewaarheid. Sulke siektes ontneem baie kinders die kans om pret en avontuur te ervaar en dié organisasie help om hulle lewens vir ’n rukkie weer lekker te maak. Honderde kinders kry jaarliks hulp met eenvoudige dinge wat baie van ons as vanselfsprekend aanvaar, soos ’n verjaardagpartytjie. Baie kry die kans om die buitengewone te ervaar soos om saam met die dolfyne te swem of om ’n held te ontmoet.

Vrydag is jou kans om ’n aandeel te hê om ’n spesiale ervaring vir ’n kind te bied.

Vir meer inligting oor die #SlipperDay2018, besoek Wimpy op Facebook of lees meer by die Reach For A Dream-stigting se webblad.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.