kategorieë: Bekendes

Robert Pattinson: Onweerstaanbaar

Ek het Robert Pattinson in 2003 ontmoet toe hy die tragiese rol van Cedric Diggory in Harry Potter and the Goblet of Fire gespeel het. Dit was ’n koue dag, die pers was vlugvoos, en nie regtig lus om ’n onderhoud te voer met ’n onbekende akteur wat aan ons voorgestel is as Harry se “liefdeskompetisie” wat in die fliek sou sterf nie. Ons was seker dat ons nooit weer van die ou sou hoor nie, maar het uiteindelik, effens onwillig, tot ’n onderhoud ingestem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Lang (1,85 m), skraal seun, effe senuagtig, maar aantreklik het hom aan ons voorgestel. En voor ons ons oë kon uitvee, het hy ons met sy helder groen skrefiesoë en skewe glimlag oorrompel. Ek het besef hy gaan nog ver kom. Ek het almal probeer oortuig dat hulle oor hom moet skryf, want ek was seker hy sou vinnig ’n groot ster word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

En toe, kort daarna, verskyn Twilight en die wêreld besef hoekom Harry se meisie eintlik op Robert verlief was. Die feit dat sy mede- Twilight-ster, Kristen Stewart, op hom verlief geraak het, asook byna elke vroulike fliekganger, het my glad nie verbaas nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tussen die Twilight-flieks het hy ernstiger rolle aanvaar, soos in Water for Elephants en Remember Me wat gewys het daar steek meer in hom as net ’n mooi gesiggie. Hy is wat ‘n mens ’n “ou siel” sal noem. Wanneer hy met jou praat, voel dit asof julle twee die enigste mense in die wêreld is, selfs al is jy in ‘n vertrek vol mense. Jy het sy onverdeelde aandag en sy lawwe sêgoed en effense gekskeerdery met sy beeld in die media onthul ’n sensitiewe siel en ’n denker met ’n speelse humorsin. Hy praat baie sag en sê soms onvoorspelbare goed wat jy nie van ’n 25-jarige sal verwag nie. Maar dis heeltemal duidelik hoekom hy drie keer na mekaar Glamour se sexyste man was.

Robert het met rooi rose gesels oor die laaste twee flieks in die Twilight-reeks: The Twilight Saga: Breaking Dawn Part 1 en The Twilight Saga: Breaking Dawn Part 2. In die eerste fliek begin die slotsom van die romantiese verhaal tussen ’n vampier en ’n jong meisie, gegrond op Stephenie Meyer se boeke – wat selfs al met Gone with the Wind vergelyk is. Vandag is die flieks ’n wêreldwye fenomeen wat ewe veel ou en jong aanhangers het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dink jy die reeks het pop-kultuur beïnvloed?
(Met ’n ironiese glimlag). Ek dink ons het ’n invloed op pop-kultuur gehad, veral die vampier-tendens, want skielik is daar soveel stories wat na Twilight lyk.

Maar dit vind seker meer byval by vroulike kykers?
Al die groot fliek-reekse probeer om die mans ook by hul teikenmark in te sluit maar niemand het die guts om iets net vir vroue te doen nie.

Die res van die akteurs sê dat die eerste deel van Breaking Dawn effens donkerder is. Wat het jy daarvan gedink?
Toe die boek uitkom, het ek gedink Stephenie (die skrywer) is die kluts heeltemal kwyt – daar was ’n paar bisarre oomblikke in die storie. Edward word in elke fliek al mensliker. Hy is eintlik maar net ’n jong ou – al is hy nie so jonk nie! – met die dieselfde ervarings as ander ouens van dié ouderdom. Hy het die eerste keer seks met sy meisie en toe hy agterkom sy is swanger, is hy heeltemal van stryk gebring. Maar as jy in ag neem dat die “jong” ou eintlik 105 jaar oud is – wat glo dat hy van die bose is en nooit kon droom dat so iets met hom kan gebeur nie – sien jy die gebeure in ’n ander lig. Hy haat homself en nou het hy boonop die enigste ding in die wêreld wat vir hom belangrik is, geskend.

Dink jy dat noodlot of geluk bepaal op wie jy verlief raak?
Ek weet nie, ek dink dit kan enigeen van die twee wees. Mense raak soms deurmekaar. Hulle is soms só oortuig van hul gevoelens dat hulle dink dis ’n bestiering. Ek val in hierdie kategorie (lag). My ouers het mekaar toevallig ontmoet en is al veertig jaar lank bymekaar.

Jy en Kirsten het op stel verlief geraak maar jy praat nie graag hieroor nie?
Ek verkies dit om sekere sake privaat te hou omdat dit ander mense nie aangaan nie. Sodra jy met jou persoonlike lewe te koop loop, moet jy die inligting gereeld aanpas om mense geïnteresseerd te hou – ek wil beslis nie my lewe aanhoudend verander nie.

Is jy romanties?
Ek weet nie … miskien wanneer ek betrokke is by iemand van wie ek regtig hou (lag), maar ek sal nie sê ek is in die algemeen ’n romantiese siel nie. Ek hou daarvan om verlief te wees en is nogal sensitief wat sekere goed betref, maar nie openlik nie.

Watter karaktereienskappe is vir jou aantreklik?
Ek hou van mense wat hul eie identiteit behou. Wanneer ’n paartjie so inmekaarsmelt en soos een mens begin lyk, wil ek die horries kry. Ek hou daarvan om ’n verhouding te hê met iemand wat sterk genoeg is om haarself te bly. En boonop nog snaaks en talentvol ook is.

Het jy nou vrede met roem gemaak?
Ek dink nie ‘n mens kan ooit vrede maak daarmee nie. Ek het die punt bereik waar ek noodgedwonge die werklikheid moes aanvaar as ek met die werk wou voortgaan. Ek het nie aanvanklik besef dis deel van die pakket nie. Deesdae het ek meer strategies begin dink oor hoe ek my lewe lei. Ek het nog nie eintlik weer kans gehad om daaroor te tob nie, omdat ek sedert Twilight begin het, elke dag, elke jaar, moes werk.

Het roem jou toneelspel beïnvloed?
Voor Twilight was ek net deel van ’n masjien, die somtotaal van die dele was belangriker as myne. Voor jy bekend is, kyk mense na jou as ’n stuk gereedskap. Wanneer jy jou flieks bekend stel, besef jy dat dit jou persoonlikheid is wat raakgesien word en nie meer dié van ‘n akteur nie. Wanneer jy bekend is, is daar meer as net die prent wat jou keuse beïnvloed – jy moet die gevolge wat die fliek vir jou loopbaan kan inhou, ook in gedagte hou. Hoe gaan mense na jou kyk? Jou vorige rolle beïnvloed ook jou toekomstige rolle.

Jy is baie kreatief. Daar was een van jou liedjies op die CD van jou eerste Twilight-fliek. En jy skryf ook.
Ek het altyd baie geskryf, meestal toe ek nie rolle kon kry nie. Ek het altyd ’n droom gehad om my eie rolle te kan skryf. Wanneer my tyd eendag weer my eie is, gaan ek weer probeer, maar onder ’n skuilnaam, anders sal almal my werk uitmekaartrek (lag).

Jy het voorheen genoem dat jy altyd ’n veearts wou wees en jy sou ook ’n hond gekry het …
Nee, ek het ’n veearts gespeel in Water for Elephants, maar kan nooit een wees nie. Ek kan nie met siek diere werk nie. ’n Mens moet nogal koud wees om ’n veearts te wees. Ek het intussen ’n hond gekry – ’n brak van die dierebeskermingsvereniging met die naam Bear. Hy was siek en ons moes hom veearts toe vat en die veearts was baie koudbloedig. Ek sal dit nie kan doen nie. Ek sal een van daardie mense wees wat elke hawelose dier wat oor my pad kom, sal aanneem as ek met diere sou werk.

Hoe herlaai jy jou batterye?
Ek weet nie hoe om dit te doen nie. My battery hou nou al vier jaar lank, maar ek dink dis nou besig om pap te word (lag). Ek dink ek moet binnekort iets doen. Gewoonlik maak ek my op vakansie moeër as wanneer ek werk.

Hoekom, wat doen jy in jou vakansies?
(lag) My dae het nie ’n struktuur nie – ek doen wat ek wil. Ek oefen nie en eet net wegneemetes. In Los Angeles eet ek elke dag Inn ’N Out Burgers (lag). Ek kan dit drie keer per dag eet. Ek weet dit klink baie gesofistikeerd (lag).

Is daar iets waarop jy die lig wil laat skyn noudat jy bekend is?
Ek wil betrokke raak by iets wat met onderwys te doen het. Dis die belangrikste ding wat daar is. Ek sal baie daarvan hou om by ’n welsynsorganisasie betrokke te raak waar kinders aangemoedig word om te lees. Dis bisar dat dit nie meer belangrik is nie. Wanneer kinders lees, sal hulle beter opgevoed wees en beter besluite kan neem. Die gehalte van elke soort kunsvorm verbeter – dis goed vir almal.

Wat is die snaaksste ding wat met jou gebeur het vandat jy bekend geword het?
In Engeland is mense te skaam om jou direk te nader. Ek het eenkeer ’n fliek gekoop in ’n winkel wat met Twilight-plakkate beplak was en die twee ouens by die betaalpunt het geweier om my in die oë te kyk toe ek betaal. In Engeland is mense nie sulke ywerige bewonderaars van bekendes nie – hulle sal eerder met jou die gek skeer en probeer om jou in die verleentheid te stel.

Jy is nou vir die derde agtereenvolgende jaar Glamour se sexyste man in die wêreld. Beteken dit enigiets vir jou?
(Met ’n sarkastiese laggie.) Ek dink dis baie betekenisvol om die sexyste akteur te wees. Ek het baie hard daaraan gewerk. Nou ja, dis nie juis iets waaroor ’n mens enige beheer het nie.

Jy het derduisende vroulike aanhangers. Het dit enigsins jou persepsie oor die liefde en jou verhouding met jou vriendinne verander?
Nee, glad nie. Al wat verander het, is dat wanneer jy met iemand gesels, praat jy dikwels oor jouself, en dis nooit ’n goeie ding nie, veral as jy ’n man is (lag). Dis nie bevorderlik vir ’n verhouding nie. Gewoonlik kan jy ’n suksesvolle verhouding met ’n meisie hê as jy genoeg vrae vra. As jy gewoond raak daaraan om in jou gesprekke met vreemdelinge net oor jouself te praat, verwag jy nie dat dit iemand wat jou ken, sal irriteer nie: “Wat bedoel jy ek moenie oor myself praat nie?” (lag).

Vertaal deur Hannelie Diedericks

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.