kategorieë: GrimeringSkoonheid

Ooggrimering vir vroue met kontaklense

Deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: anneleven/iStock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy kontaklense dra, weet jy waarskynik hoe erg dit voel as jy per ongeluk grimering op jou lense kry. Dit sit vas aan jou lense, irriteer jou oë en kan selfs ontsteking veroorsaak. Gary Sher van Eyesupply gee raad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Begin

  • Onthou: was altyd jou hande voordat jy jou lense insit.
  • Sit jou lense in voordat jy jou grimering doen.
  • Probeer om hipo-allergeniese en olie-vrye grimering te gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Oogskadu

  • Kies ’n romerige oogskadu, water-gebasseerd en olie-vry (olie kan dit loperig maak en so in jou oë beland). Poeierige oogskadu is ook meer geneig om in jou oë en lense te beland.
  • As jy wel poeier-oogskadu’s verkies, kies die saamgepersde tipe oogskadu bo los poeier. Skud jou kwassie goed af nadat jy dit in die poeier gedompel het om ontsale te raak van enige los deeltjies.
  • ’n Voorbereidingslagie vir jou oë (eyelid primer) sal help dat jou grimering beter aan jou ooglede klou en nie in jou oë beland nie.
  • Vermy oogskadu wat blinkers bevat. Die glinsterende deeltjies kan tussen die lens en oog vasgevang word en jou oë krap wat tot langtermyn skade kan lei.

Oogomlyner

Moet nooit oogomlyner in jou waterlyn (die pienk deeltjie binne-in jou ooglid by jou oë) aansmeer nie. Wend jou oogomlyner slegs aan die buitenste deel van die ooglid. Vermy ook vloeibare oogomlyner, veral as dit nie meer splinternuut is nie, want as dit uitdroog kan dit afskilfer en in jou oë beland.

Maskara

  • Kies ’n hipo-allergeniese olie-vrye maskara.
  • Vermy maskara wat jou wimpers verleng, omdat die veselrige deeltjies in jou oë en onder jou lense kan beland.
  • Moet nooit waterdigte maskara kies as jy kontaklense dra nie.

Onthou

  • Verwyder altyd eers jou kontaklense voordat jy jou ooggrimering verwyder.
  • Vervang jou ooggrimering gereeld – elke twee tot drie maande om te verhoed dat bakterieë wat tot infeksie kan lei, in jou grimering groei.
  • Moet nooit ooggrimering met iemand anders deel nie.
  • As jy daarvan hou om elke dag taamlik baie ooggrimering te dra, kies eerder daaglikse kontaklense. Dit is effens duurder, maar die moeite werd en beter as krapperige, rooi oë.

Lees ook: Jou grimering se raklewe

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.