kategorieë: Nuut & NouKos

Op die Speseryroete met Robertsons

Op die Speseryroete met Robertsons

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Avondale is net buite die Paarl geleë en word omring deur die pragtige Klein-Drakensteinberge. Dit is gepas dat ons reeds hiér meer oor Robertsons se Skoon-etiket doelwit leer, want Avondale is bekend vir sy standhoudende en biodinamiese boerderymetodes. Hul leuse “Terra Est Vita”, “Grond is Lewe”, getuig hiervan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skoon en meer natuurlik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hedendaagse verbruikers lees kosetikette aandagtig en soek produkte wat minder verwerk is en nie skadelike bymiddels soos MNG bevat nie. Die skoon-etiketbeweging spits hom daarop toe om groot maatskappye aan te moedig om minder van hierdie bymiddels te gebruik.

Robertsons se doelwit is om terug te keer na ’n meer natuurlike vorm van kosse. Wat dit vir die verbruiker beteken, is dat jy jou gunstelingspeserye met ’n geruste hart kan gebruik wanneer jy kosmaak. Robertsons-speserye bevat byvoorbeeld geen bygevoegde MNG nie, daar is wel glutamiensuur wat natuurlik voorkom. Die speserye en kruie word ook glad nie meer bestraal nie maar gaan nou eerder deur ’n sterilisasiestoomproses.

Geneties aangepaste (GA) produkte dui op plante, diere of ander organismes wat genetiese verandering ondergaan het wat nie natuurlik voorkom nie. Alle kruie en speserye is GA-vry maar nou is selfs die Robertsons-speserymengsels ook GA-vry.

Robertsons neem die reis na meer natuurlike speserye en kruie ernstig op, dit was duidelik uit die keuse om Avondale te gebruik om verbruikers en die media meer daaroor in te lig. Op Avondale word die natuur, en selfs die maan, ingespan om gehaltewyne so natuurlik moontlik te maak. Die maankalender word gebruik om te bepaal wanneer dit die beste tyd vir plant is. Met volmaan is die aarde se gravitasiekrag op sy sterkste en is dit dan ook ’n goeie tyd om te plant. Geen chemiese spuitstowwe word op die wingerde gespuit nie en dit is duidelik uit die lieflike, natuurlike onderbos wat oral tussen die wingerde en velde groei. Hoenders en eende word gebruik om plae op ’n natuurlike wyse te bekamp en beeste om die grond te bemes.

Avondale-wyne bevat geen bygevoegde sulfiete en chemiese bymiddels nie, wat beteken dat jy ook nie sommer ’n hoofpyn van ’n glasie sal kry nie. Skink maar gerus ’n glasie, of twee, terwyl jy ’n geurige aandete met Robertsons se speserye kook!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: recipeskos

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.