kategorieë: Ontspanning

Ons gesels met Annelise van Mooimaak

Ons gesels met Annelise van Mooimaak. Inligting en foto’s verskaf deur kykNET en Mooimaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om meer uit te vind oor die behandelings wat Annelise ontvang het, klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom het jy ingeskryf?

My groot droom is eintlik deur iemand anders “raakgesien en gehoor” toe my dogter Marelise my die aand voor die sluitdatum inskryf sonder dat ek enigsins daarvan bewus was! Ek sou waarskynlik nooit myself ingeskryf het nie – ek het nie die guts om so iets groots te doen nie. Dit is baie “out of my comfort zone”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wie het jou aangemoedig om in te skryf?

My oulike dogter Marelise. Sy het van die oomblik wat sy my ingeskryf het in haar hart geweet dat ek Mooimaak 2018  se Gauteng-deelnemer gaan wees. Praat van positiwiteit!

Sy was in die wolke toe sy hoor ek is een van die deelnemers. Sy het my gereeld rondgery as ek van die pynlike behandelings gehad het en sy het my hand vasgehou toe dit vir my baie eina was. Daar is op ’n Sondag aan my tande gewerk en sy was die hele middag by my. Ons het eers agtuur die aand by die huis gekom – koud en bitter seer. Maar sy het die hele tyd positief gebly en my die hele tyd aangemoedig om net sterk te bly en nie moedeloos te word nie. Sy het my gesig gedokter en al die salf aangesmeer en sommer ook geraas as ek aan my gesig wou karring!

Sy was werklik ’n ongelooflike inspirasie vir my en ek is baie dankbaar dat sy hierdie visie gehad het dat ek by Mooimaak 2018 moet uitkom.

Dankie my liefste dogter.

Vir enige nuwe deelnemer: Bel my, ek sal my dogter aanbeveel want sy sal sorg en seker maak dat die skip nie sink nie, maar by sy hawe uitkom!

Wat het jy uit hierdie transformasie geleer?

Eerstens het ek geleer dat Ons Liefste Vader ons almal sò goed ken dat Hy weet wanneer om ’n droom te laat waar word (ek het regtig baie oor Mooimaak gedroom en gewens dat ek een van die finaliste kon wees). Hy het geweet dat ek net op ’n klein ou hopie gaan sit en treur oor my Pappa wat baie skielik van my weggevat is deur ’n hartaanval – hy was my alles – en op daardie stadium het ek met ’n Mamma gesit wat ook al baie siek was. Sy is so 3 weke gelede begrawe.

Hierdie transformasietydperk het my fokus so ’n bietjie weggevat van al die negatiewe aspekte van die dood en lyding en ek het met hart en siel ingeklim in die Mooimaakprogram want ’n wonderlike geleentheid het op my pad gekom en ek wou almal wat met my gewerk het net die beste van myself gee, al was my hart baie stukkend.

Ek is bederf deur die hele proses. Die behandelings was fantasties, al die Lamelle-produkte wat ons gekry het was so ’n blessing, en ek het werklik geleer dat ék tot alles in staat is deur Christus wat my die krag gegee het, want self sou ek nie deur al pyn, hartseer, verlies, my ma se siekte en Mooimaak kon kom nie.

Sal jy dit weer doen?

Moet ek dit nou antwoord?! Sjoe! Dit was ’n rowwe journey, maar ek gaan nie sê dat ek dit nooit weer sal doen nie, want daar is definitief van die behandelings wat ek weer gaan laat doen. Maar dit is nogal rof om in amper 3 maande alles in te pas: Jy moet heelwat tyd hê om jou vel te laat genees voor ’n nuwe behandeling en jy moet baie mooi na jouself kyk dat jy gesond kan bly sodat jy by die program kan byhou.

Waarvan hou jy die meeste na die transformasie?

My wenkbroue. Vir die eerste keer in jare het ek weer wenkbroue. Dit is regtig lekker om weer in die spieël te kan kyk: Ek’s so bang al die plooie kom sommer net weer terug!  Hierdie gaan maintenance wees. Dit moet jy ook weet en jy moet beplan daarvoor.

Na wie se reaksie sien jy die meeste uit? Hoekom?

Met so ’n groot transformasie moet ’n mens oppas dat jou voorkoms nie jou lewe en jou persoonlikheid oorneem nie, maar dat jy dieselfde mens moet bly soos wie en wat jy was voor die Mooimaakprogram. Maar ek moet erken, dit is lekker om komplimente te kry van mense wat dit uit hulle hart bedoel dat hulle kan sien dat daar ’n verandering aan my is.

Die gefluister is ook maar daar soos “ek is seker sy het ’n bietjie Botox laat doen”. Vroue is maar geneig om so ’n kant te hê waar hulle sal sê jy probeer weer jonk lyk, of jy probeer man soek of enige negatiewe reaksie soos dit. Dis maar so in die lewe en ons moet elkeen eintlik net die son laat skyn op elke persoon, Botox of nie!

My eie reaksie uit dit wat ek elke dag raaksien van myself is waarna ek die meeste uitsien, want dit laat my weer goed voel oor myself. Dit laat my weer my kop oplig en laat dat ek nie voel of ek 80 jaar oud in die gesig is, en 59 jaar in die lyf is nie.

Hoe verander hierdie ervaring hoe jy jouself sien?

Ja, dis beslis ’n verandering. Ewe skielik besef ek as ek lag dan sien almal hierdie nuwe mooi tande wat nooit voorheen so gelyk het nie, en dit maak jou op ’n manier ’n bietjie selfbewus want ek moet dit nog gewoond raak. Ander mense ook. Mense wat jou goed ken sien dit ook raak, maar niemand vra iets daaroor nie – almal wonder maar net wat aangaan.

Dan raak ek ook bewus daarvan dat ander mense wat my ook goed ken na my staar en nie heeltemal kan agterkom wat met my gebeur het nie. Ek dink nadat die program uitgesaai is sal die “raaisel” opgelos wees en ek sal ook gemakliker kan begin word met my nuwe voorkoms.

Maar ek love my nuwe voorkoms en dit het op die regte tyd in my lewe gebeur.  Soos ek gesê het dit gaan nie my as mens verander nie, maar wel net my voorkoms.

Beskryf die proses: Was die pyn die moeite werd?

Hoeveel blaaie kan ek hieroor skryf?! Die pyn was beslis die moeite werd!

Ek het baie sterk en vol bravade my eerste Pearl Fractional Peeling gehad saam met Jett Plasma op dieselfde dag en ek was baie opgewonde toe die velle begin afval … dit is fantasties om jou nuwe vel te kan sien.

Elke behandeling was baie interessant en het sy eie einas gehad, glo my, maar die Skin Renewal Institute se dokters (my dokter was Marisia) en die terapeute was ongelooflik behulpsaam en vriendelik en geweldig professioneel. Hulle het my baie mooi opgepas. ’n Span duisend – selfs dié wat koffie aangedra het was so oulik!

Maar daar het ook dae gekom wat dit vir my gevoel het of die hele proses ’n bietjie “stilstaan.” Dit was nou wanneer jy ’n bietjie moes wag vir die vel om te genees, en dan het die behandelings tog ’n bietjie seerder geword want daar word nie gespeel met al hierdie behandelings nie! Maar tyd vir te veel tob was daar gelukkig nie, want om in 3 maande al hierdie behandelings te ondergaan moet jy jou kop reg hê.

Waarvoor sien jy nou kans wat jy nie voorheen wou doen nie?

Om sonder grimering vinnig winkels toe te gaan, en om nie te sukkel om my wenkbroue te teken en in te kleur nie – dit was ’n inkleurproses wat ’n kleuter sou laat lag!

Om met nuwe grimering te kan eksperimenteer want alles lyk nou so mooi, en sommer om net weer Annelise te wees wat nie 80 jaar oud gevoel het nie.

So ek sien nou vir alles kans.

Voor

Na

Volg Mooimaak op hul webblad, facebook en Instagram. Skakel Donderdagaande in om 20h30 om hierdie reeks te kyk en besoek die webblad vir herhalingstye.

Lees ook ons ander onderhoude met Mooimaak-deelnemers

Ons gesels met Bridget

Ons gesels met Liana

Ons gesels met Marisa

Ons gesels met Claudine

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.