kategorieë: ReisOntspanning

“More things to do in moer & gone places”-boekresensie: as jy stilte begeer

“More things to do in moer & gone places”-boekresensie: as jy stilte begeer deur Mariette Snyman. Foto Pexels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Vir party mense is ’n moer and gone place ’n klein houthuisie in ’n woud, vir ander ’n bergpiek waar jy die wind kan voel, ’n afgeleë kampplek, of selfs ’n Groot Vyf lodge in die middel van die Afrika-bos. Maar eintlik is dit ’n gevoel: It is that sense of headspace when you realise you have – against the odds in our crowded contemporary world – managed to get away from it all.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Só skryf Jacques Marais, wat die oorspronklike Things to do in moer and gone places én hierdie splinternuwe, opgedateerde en uitgebreide weergawe die lig laat sien het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit gebeur sodra jy begin lees

Jacques word nie verniet as een van Suid-Afrika se voorste reis- en avontuurskrywers en fotograwe beskou nie. Die man kan skryf. En asof sy woorde nie genoeg is nie, prikkel die volkleurfoto’s jou reislus nog meer.

Nes MapStudio se ander reisgidse is dié een supergebruikersvriendelik. Die meer as 120 bestemmings word puntsgewys bespreek in terme van die ligging en omgewing, akkommodasie, praktiese inligting soos die begaanbaarheid van paaie en selfoonontvangs, en my gunstelingafdeling: “Reasons to visit.”

Hier kry jy opskrifte soos Go crank, Go slide, Go stargaze, Go hike, Go quad biking, Go birding, Go floral, Go cultural, Go antiquing, en so meer. Dis die soort inligting wat jy nodig het om jou optimale vakansiebestemming uit te soek sodat jy jou gunstelinglekkertes kan ervaar wanneer jy daar kom. Die boek maak ook voorsiening vir ons wat reken enige vakansie wat sy sout werd is, moet bevredigende eet- en drinkervarings insluit.

GPS koördinate, handige kaarte, en volledige kontakbesonderhede vergemaklik jou reisbeplanning.

As jy wonder na watter een van ons nege provinsies jy volgende keer wil wegbreek of dit oorweeg om in Zimbabwe, Botswana, Namibië, Lesotho, Swaziland of Mosambiek ’n draai te maak, is dié gids die ideale wegspringplek. Die navorsing is reeds gedoen; jy kan net terugsit, lees, en drie keer lekkerkry – terwyl jy jou bestemming in jou verbeelding besoek, daarna in lewende lywe met wakker sintuie, en agterna wanneer die foto’s en herinneringe jou laat glimlag.

Oor die skrywer

Jacques Marais het ’n reeks gidse oor die buitelewe agter sy naam, onder andere oor onderwerpe soos staproetes, bergfietsavonture, avontuurervarings en trail running. Volg hom op twitter @jacqmaraisphoto

Jacques Marais

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.